`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 230

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die oorleg van die hooglanders. Gurat word koning van Hanoch. Die bepalings vir Hanoch se afhanklikheid van die hoogland

(22 Februarie 1844)

230 Toe die raadsvergadering van baie owerstes van die volk byeen was, het die tien beraadslaag of een van hulle Hanoch moes oorneem, of dat `n mens hierdie plek aan Gurat sou oorgee, met die voorbehoud van die opperste soewereiniteit van die hoogland oor Hanoch en die lande.

2. Na die algemene stemming was besluit dat, ten eerste dat die tien vorste van die hoogland vir alle tye onverbreekbaar saam moes bly; en in geval daar een sou sterf, sou sy oudste seun die kroon erf. As daar geen seun was nie, kon ook die oudste seun van een van die ander tien hooglandvorste die kroon oorneem wat deur die gestorwene sonder seun nagelaat was.

3. En net so moes die koninkryk Hanoch vir altyd erflik in die familie Gurat bly; slegs as `n nakomeling van Gurat geen seun sou hê nie, dan moes dit aan die opperste soewereiniteit in die hoogland oorgegee word, waarop hulle dan `n regte koning vir Hanoch sou aanwys.

4. Tog sou van nou af aan elke koning van Hanoch afhanklik wees van die hoogland, ook as hy nie daar gekies was nie, omdat hy dit tog al as die seun van `n vorige koning was en dus die koninklike erfreg gehad het; want elke erfreg moes, net soos `n nuwe aanwysing, sy geldigheid hê in die besluit van die hoogland.

5. Die erkenning van die opperste soewereiniteit van die hoogland van die kant van die koning van Hanoch sou daaruit bestaan het dat hy elke jaar, met uitsondering van goud, `n tiende van alle orige metale aan die hoogland moes lewer, asook die tiendes van skape, beeste, esels en bokke, en dat hy by alle belangrike ondernemings, raad by die tien vorste van die hoogland moes inwin.

6. Vir die korrekte inning van die bestemde tiendes, moes beamptes in Hanoch geduld word, wat egter vanweë die trou hulle vergoeding van die hoogland sou kry.

7. En bo-op dit alles moes hy, ten opsigte van die hoogland, dit as belangrikste verpligting beskou dat hy die hele volk van Hanoch en sy gebiede die grondwet baie akkuraat moes gee, soos wat dit nou in die hoogland gebruiklik was en altyd sou wees, sodat die volkere van die aarde tog daardeur tot die gewenste vriendskaplike eenheid gebring sou word.

8. Vir die handhawing van hierdie nuttige voorskrifte het ook die vorste van die hoogland hom daartoe verplig om die koning in Hanoch altyd, as dit duidelik nodig was, met raad en daad by te staan; en daarby moes dit bly vir alle tye van die tye!

9. Na dié raadsbesluit was aan Gurat gevra of hy daarmee eens was.

10. En Gurat het geantwoord: “Ek is dit met alles en elkeen volkome eens, en hoe sou dit anders kan?! Want werklik, as julle nie hierdie wyse voorwaardes gestel het nie, dan sou ek dit self gestel het, en julle gevra het om julle welgesinde aanvaarding daarvan!

11. Want wat is `n koning op homself, sonder `n sodanige steun in die rug in Hanoch? Ek sê: `n Hol naam wat `n mens tot `n gevangene van die hele wêreld maak, soos die voorbeeld van die ellendige skynkoning in die stad duidelik laat sien het!

12. Maar `n koning onder `n sodanige wyse voogdy, is `n vry en magtige heer en kan in die vaste vertroue, dat hy altyd die korrekte gedoen het, as `n ware heerser heers en regeer oor die volkere wat aan hom toevertrou is!

13. Uit hierdie woorde kan julle tog sekerlik aflei dat ek meer as tevrede is met julle besluit?!

14. Slegs dié een punt voeg ek aan die erfreg toe: Ingeval `n koning `n dwase seun sou hê, of `n luie, `n verkwister, `n woesteling, `n dwaas, of selfs `n idioot, dan moet die erfreg van so `n seun ontneem word, en sal `n tweede seun, of as die nie daar is nie, of as hy ongeskik is, onmiddellik iemand wat deur julle aangewys is, die kroon van Hanoch erf!

15. Elke erfgenaam sal vooruit by julle geskool word en eers dan die kroon ontvang, indien julle hom daartoe in staat ag.”

16. Hierdie aanvulling van Gurat was met groot byval aangeneem. En Gurat was daarna gesalf, het die sleutels verkry en die duisend krone, wat in dié tyd elk `n waarde van een miljoen suiwer gulde gehad het; en die sleutels was net so waardevol. Die res in die vervolg! 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205