`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 219

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die goudvonds en die welvaart van die nedersetting. Die listige plan van die tien leëraanvoerders teen Hanoch

(7 Februarie 1844)

219 Die owerstes het vertrek en die bevele van die tien oral nadruklik oorgebring aan die hele leër, en elkeen het in beweging gekom.

2. Ongeveer tweehonderdduisend man het op ondersoek uitgegaan na die toegange tot die bergdal en waar daar maar `n kloof of `n ander moontlike toegang oor die hoë berge geblyk het, word al die moontlike onmiddellik gedoen om die plek so ontoeganklik moontlik te maak.

3. Die klowe was tot op groot hoogte versper, en die plekke in die hoë berge wat bietjie minder steil en dus in die ergste geval te gangbaar was, was aan die een of aan die ander kant so steil na benede afgesteek dat mens gladnie daaroor kon kom nie.

4. Binne `n halfjaar was die leëreenheid, waaraan dié werk opgedra was, heeltemal klaar met hierdie vestingwerke.

5. Aan `n meer as dubbel so groot deel was die bou van stewige huise opgedra en tegelykertyd was hulle met die bou van tweehonderdduisend huise en hutte klaar.

6. En `n derde, en wel die grootste deel was vir die landbou gebruik; binne `n kort tydjie was daar honderdduisend tuine en akkers aangelê, en reeds na `n jaar het die dal soos `n Hof van Eden gelyk.

7. Die merkwaardigste hierby was egter dat by die baie grawe buitengewoon ryk goudare ontdek was, wat die mense dadelik laat bewerk het, en die mense het binne `n kort tydjie baie duisende en nog eens duisende sentenaars van die suiwerste goud gewen. Ja, so ryklik was dié metaal daar aan te tref, dat die tiental selfs al die huisgerei soos die ploeg, die grawe, die hake en die skoffels - van suiwer goud laat maak het! Na verloop van drie jaar het reeds elke bewoner van die dal goue gereedskap gehad.

8. Kort en goed, daar was binne `n kort tydjie soveel goud uit menige berg gewen, en wel van `n baie suiwer soort, dat die tiental groot vrystaande rotse van die hoë gebergte aan die kant van Hanoch laat vergul het, waardeur dit gelyk het asof hul van suiwer goud was.

9. Die groot rekbaarheid van goud was aan hulle bekend. Die gebruik van verskillende boomharse het hulle ook geken, en so was dit vir hulle nie moeilik om rotse van die hooggebergte wat daarvoor geskik was te vergul nie.

10. Ook het hulle beide kante van die hoofingang van die nou uitermate heerlike land in die gebergte voorsien van groot, mooi gekapte vierkantige klippe tot `n hoogte van ongeveer veertig el en oor `n lengte van driehonderd vadem, en hulle het die hele muur laat vergul, sodat dit daar toe gelyk het asof hy van suiwer goud was.

11. Na verloop van vyf jaar was die groot dal so bewerk, dat die owerstes met die eerste hoofmanne na die tien gegaan en gesê het:

12. “Luister na ons, goeie, wyse manne! Ons is van mening dat ons Hanoch nou moet laat vir wat hy is, want ons is nou duidelik beter af as die hele Hanoch!

13. Ons het vrugte, graan, skape, koeie, kamele, esels, herte, takbokke, gaselle, bokke, hoenders, duifies, hase, konyne en goud in oorvloed.

14. Ons lewe hier in vrede en in die beste eendrag. Ons is goed geklee en het goeie stewige huise. Ons is hier afgesluit van die hele wêreld en lewe veilig in `n vesting wat slegs deur God oorwin kan word! Niemand kan ons ooit hier ontdek en verraai nie!

15. Laat ons daarom Hanoch nou laat vir wat dit is en hier baie rustig lewe, want as die Hanochiete eenmaal iets te wete kom van ons groot welvaart, dan sal ons nie meer deur hulle met rus gelaat word nie!”

16. Maar die tien het gesê: “Dit begryp julle nie! Ons sal geen narre wees en na Hanoch trek nie, maar ons sal hulle op die mees sluwe wyse na ons hoofingang lok en hulle daar `n nederlaag besorg waaraan hulle nog honderde jare lank sal dink!

17. Daarom sal ons binnekort `n afvaardiging uitrus en die opperpriesters hierheen uitnooi om die goud in ontvangs te neem! As hulle dan sal kom, sal hulle `n lading ontvang dat hoor en sien vir ewig sal vergaan! En so moet dit gebeur! Waarom? Dit weet ons!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205