`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 157

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die goeie resultate van die dapper raadsheer as boeteprediker onder die volk

(8 November 1843)

157 Dapper het ons raadsheer en sy honderd helpers die opening van beide tempels drie dae lank in die hele stad verkondig; ten behoewe daarvan het hy in die stad nog ander sprekers gewerf, hulle na die verre voorstede gestuur en het ook daar laat verkondig wat daar in Hanoch gaan gebeur. 

2. Al die amptelike personeel van die strate en alle poortwagters het hy dadelik tot apostels gemaak en het verskeie van hulle, wat goed geleer was, selfs uitgestuur na die verre provinsies en hulle, dit wil sê die bewoners van die provinsies en in die besonder die vasalvorste, die opening van die tempels laat aankondig, asook die bekering tot die ou God, streng beveel.

3. Oral word gesê dat elkeen wat hom enigsins kon vrymaak by die opening van beide tempels, moes verskyn om daar deur die nuwe tien wonderlik magtige bodes van God geleer en geseën te word.

4. Hierdie raadsheer was, ondanks die feit dat hy oral voor die volk alle skandelikhede beken het wat hy grotendeels op homself geneem het, met groot gejuig opgeneem en nagenoeg in alle strate op die hande rondgedra, wat mense nog nooit meegemaak het nie, en van steniging was daar glad geen sprake nie, want hy het immers oral waar hy maar gekom het, olie en kosbare balsem in die gewonde harte van die inwoners van die groot stad gegooi.

5. Baie burgers het hom met die grootste sagmoedigheid en liefde gevra: “Maar hoe is dit moontlik, verhewe heer, dat jy, vir wie elke mens voorheen gesidder het, nou `n heilbringende troostende engel van die ou God, van hierdie heilige, ewig enigste ware Alvader, geword het! Lei jou eie gees jou, of die van JaHWeH?

6. Voorwaar, daar bestaan geen verhewener aanblik as wanneer `n vyand tot vriend word nie; maar nog aangrypender is dit vir elkeen as `n agtervolger van `n goeie saak uiteindelik die yverigste ondersteuner daarvan word! En dit is werklik die geval met jou!

7. O, hoe gelukkig is ons nou deur jou! Waarlik, jy alleen moet ons leier en bestuurder bly!

8. Maar waarom het sowat `n negehonderd heersers by hierdie geleentheid, wat ons almal so gelukkig maak, die stad verlaat en kom hulle van geen kant meer terug nie?”

9. Toe het die raadsheer wat die goeie nuus verkondig het, gesê: “Wat julle eerste vraag betref, lei die gees van JaHWeH my duidelik, wat vir my gegee word uit die mond van tien nuwe wonderbodes van God uit die hoogte, wie julle by die opening van die tempels sal leer ken.

10. En wat julle tweede vraag aanbetref, die negehonderd heersers het die stad vir altyd verlaat, omdat hulle beter was as ek. Hulle het minder skuld ten aansien van julle gehad as ek; daarom het hulle gegaan om julle die laste te bespaar.

11. Maar ek, julle grootste skuldenaar, kon tog nie uit die stad trek, alvorens my menig groot skuld ek julle terugbetaal het nie! Nou het ek egter gekom om alle skuld terug te betaal; erken my daarom ook as sodanig en gee gevolg aan my oproep!”

12. En hoe meer ons raadsheer die skuld op hom geneem en die ander verontskuldig het, met soveel groter liefde was hy opgeneem en deur die volk op die hande gedra.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205