|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 234
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die onderpriester gaan met die opdrag van die koning na die rebelse opperpriesters en oorrompel hulle
(28 Februarie 1844)
234 Toe die raadgewende onderpriester weer by die opperpriesters aangekom het, was hy onmiddellik met duisend vrae bestook; en hy kon gelukkig net so vinnig praat soos wat `n windmeule draai en antwoord die honderd vraers deur `n stortvloed van woorde.2. Maar geeneen van hulle het ook maar een woord verstaan van wat hy gesê het nie. Daarom was hy vermaan om duidelik te praat.
3. En hy het daarop geantwoord: “Gee my tog die tyd! Laat my eers my asem kry en vra nie almal tegelyk nie, dan sal ek ook in staat wees om duidelik genoeg die gunstige berig van die kant van koning Gurat oor te bring! Maar wanneer julle almal tegelyk met vrae op my afstorm, dan moet ek wel so vinnig moontlik van alles deurmekaar praat om op dié manier, elkeen wat `n vraag gestel het, so vinnig moontlik tevrede te stel; of hy iets van die antwoord begryp of nie, dit is dan om`t ewe!”
4. Daarop het die opperpriesters die onderpriester gekalmeer en hom baie gelate versoek om die berig van die koning duidelik en helder aan hulle te onthul.
5. Eers daarna het die raadgewer oorgegaan tot die hoofsaak en gesê: “Luister dan na my, dienaars van die gode!
6. Die vredes- en skikkingsvoorstel was deur die koning baie vriendelik aangeneem, en hy het julle volgens my voorstel in julle waardigheid as opperpriesters bevestig! Natuurlik moet julle tevrede wees om die wêreldse gesag te laat vaar, want hy is die alleenheerser en koning oor die hele Hanoch en oor die hele, groot ryk. Dit is dus `n verandering wat hy vasgelê het.
7. Dan moet die hoëpriesters van die skynkoning ook opperpriesters word, of hulle moet saam met die skynkoning hulle funksie neerlê, want die opperpriesters en die onderpriesters word alleen deur die koning bevestig.
8. Verder is dit die wil en die wet van die koning dat daar `n einde kom aan die kastestelsel; en hy alleen beman alle funksies, die wêreldlike, sowel as die geestelike.
9. Die goud en die skatte van ons paleise neem hy volledig in besit vir sy staatsake, maar daarvoor waarborg hy elke beampte van sy ryk `n toelaag, ooreenkomstig sy stand, sowel die geestelike as die wêreldlike. Ons moet nou weliswaar deur die enigsins suur appel heen byt, omdat die saak nie meer te verander is nie!
10. Daarby weet hy netso goed soos ons, dat ons afgodediens niks anders is as `n illusie vir die volk nie! Daarom behou hy die reg aan homself voor om die saak van die afgodediens, of beter gesê van die volksillusie, self as hoof te lei deur middel van geheime bevele aan julle; julle moet dan die goed ingeligte uitvoerders van sy wil wees!
11. Ten slotte sal hy ook `n opperpriestergeneraal bokant julle plaas onder wie se leiding ons dan almal te staan kom! Dit nou is sy vaste wil. Is julle daarmee tevrede?”
12. In die begin was almal sprakeloos na hierdie kennisgewing; eers na enige tyd het alle opperpriesters `n gesamentlike vloek uitgespreek en het van suiwer woede nie geweet wat om te doen nie.
13. Maar die onderpriester het gesê: “Dit bring julle tog nie verder nie! Kan ons dit anders doen?! Kom in opstand teen die magtige, as julle sin daarin het om eers gespit en dan lewendig gebraai te word! Want so het hy my gedreig om teen alle weerspannigheid op te tree!”
14. Toe die opperpriesters dit verneem het, het hulle hulle oorgegee en moes toe die voorwaardes punt vir punt opskryf soos hulle dit uit vrye wil verkies en bepaal het.
15. Toe die dokument gereed was, het die onderpriester dit aangeneem en daarmee na die koning gegaan.
16. Wat verder gebeur het, in die vervolg!
|
|
|
|
|