|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 313
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die ondersoek na die geheime grot en die ontdekking van die geheime opening bokant in die wand van die grot
(2 Julie 1844)
313 Toe die tienduisend fakkels gebring was, het Fungar-Hellan duisend van die sterkste en trouste manne van die afdeling myngrawers geroep, het aan elkeen van hulle tien fakkels gegee en vervolgens aan hulle gesê:
2. “Maak hier die leidraad vir die myngang vas, laat dan elkeen van julle `n fakkel aansteek en gaan met groot versigtigheid en behoedsaamheid die opening binne.
3. Ondersoek alles hoogs noukeurig, slaan geen enkele sygang oor nie, en waar aan die klipbinnewande ook maar spore van `n kunsmatige afdigting van die een of ander sygang mag vertoon wat julle by die skynsel van duisend wit liggewende fakkels goed sal kan sien, breek dan daardeur, en beskou geen enkele kleinigheid as nie die moeite werd vir julle ondersoek nie!
4. As julle alles noukeurig ondersoek het, kom dan terug en doen verslag aan my, en ek sal my dan self van alles oortuig en julle vervolgens ryklik beloon en hierdie streng boetelinge volgens die beste maatstaf reg laat wedervaar! Gaan nou en voer my bevel uit!”
5. Op die bevel het die duisend myngrawers aan die werk gegaan en alles sorgvuldig gedoen wat hulle beveel was. Maar in die begin van die ondersoek het hulle werklik niks anders gevind as wat die streng boetelinge verklaar het nie: Naamlik eers `n smal, lae en ongeveer honderd vadem lange gang, wat verskillende draaie deurloop het; aan die einde van hierdie gang was `n taamlike ruim vertrek, wat wel twee duisend mense kon bevat.
6. Die wande van die vertrek was aan alle kante van stewige swart gesteente en daar was slegs aan die teenoorliggende sy `n net so smal opening as die eerste; deur die tweede opening het hulle dan ook spoedig in `n baie droë, rotsagtige omgewing gekom, waarin werklik niks anders as enkele wilde bessiestruike voorgekom het nie.
7. Nadat die myngrawers dit alles noukeurig bekyk het en verder niks gevind het wat verdag voorgekom het nie, het hulle weer teruggekeer en hiervan getrou verslag aan die generaal gedoen.
8. Maar hy het gesê: “Nee, nee! Ek kan nie glo dat hierdie streng en fanatieke boetelinge so opreg sou wees nie! Gee my `n fakkel en die leisnoer in die hand, dan sal ek myself van alles oortuig!”
9. Hierop het die generaal `n fakkel geneem en met die myngrawers die grot binnegegaan, het spoedig in die vertrek gekom en die wande nougeset ondersoek en het niks anders verdag gevind, as die buitengewoon swart kleur daarvan nie.
10. En daarom het hy aan die myngrawers gesê: “Daar skyn een rede te wees vir hierdie kleur! Die wande is wel oral vas; maar ek vind die vertrek baie hoog! Gaan haal daarom `n goeie leer, dan sal ons ook die hoër deel van hierdie klipwand in oënskou neem!”11. Daarop was `n mynleer gehaal en die boonste gedeelte van die wand ondersoek, en het die mense, tot verbasing van almal, op `n hoogte van drie vadem `n behoorlike ruim opening gevind en het uit `n verre diepte ook so-iets soos stemme van baie mense verneem.
12. Toe het Fungar-Hellan gesê: “Terug nou; want `n langer oponthoud hier, sou vir ons kan gevaarlik word! Maar nou het ek wel wat ek eintlik wou gehad het; vanaf hier sal die boetelinge `n wegwyser vir ons wees!”
13. Daarop het elkeen hom vinnig teruggetrek uit hierdie kunsmatige grot.
14. En toe Fungar-Hellan weer behoue teruggekom het, het hy dadelik die boetelinge na hom toe ontbied en hulle nadere gegewens oor die hooggeleë opening in die wand van die vertrek binne hierdie rotswand gevra.
15. Die boetelinge het begin aarsel en één het daar in sy angs gesê: “Nou is alles verlore!”
16. Die verdere in die vervolg!
|
|
|
|
|