`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 241

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die opperpriestergeneraal praat voor die raad van die priesters oor sy geestelike beleidsplanne

(9 Maart 1844)

241 Na hierdie ekspedisie en na die nuwe benoeming van die onderpriesters, het Gurat `n priesterraad byeengeroep, waarin bepaal sou word hoe die nuwe godsleer vir die volk moes lyk.

2. Toe die raad in die kasteel van die koning bymekaar was, het die opperpriestergeneraal opgestaan en gesê: “My koning en my heer, laat my in hierdie belangrike saak praat, waarvan enkel en alleen jou en ons almal se welsyn afhang! Want stel ons die godsleer simpelweg op en ken nie die grootste prag en praal daaraan toe nie, dan sal dit lyk asof sy gladnie bestaan nie!

3. Om dié rede moet die gode wat aan die volk bekend is, gehandhaaf bly en moet daar nog `n hele spul daaraan toegevoeg word, maar met die belangrikste verandering, dat ons op verskillende geheimsinnig lykende plekke groot geheimsinnige tempels vir hulle bou en die godheid so kolossaal moontlik daarin uitbeeld, want die kolossale oefen op die beskouende mens `n magtige indruk uit en skok sy gemoed.

4. Vir elke godheid moet ons ook priesters in die lewe roep, wat egter met alle water van die geestelike politiek gewas is en in staat moet wees om deur middel van natuurlike towery hulle godheid se eie spesifieke wonders te verrig. Sulke priesters moet tuis wees in meganika en skeikunde en hoe handiger hy die wonderwerk sal bewerkstellig, hoe beter sal sy posisie wees!

5. Want dit is ver van ons, om so `n priester uit die staatskas te besoldig; maar aan elkeen van hulle moet gesê word: “Kyk, die tempel is `n lokaas! Jy word daar as kat neergesit; as jy wil vreet, dan moet jy weet hoe om die lokaas te stel!”, en ons kan by voorbaat daarvan oortuig wees dat dit in ons ryk oor enkele jare sal wemel van die diepsinnigste, mees uiteenlopende wonders, en die volk sal oorloop van suiwer eerbied en oorgawe!

6. Maar daar moet veral toegesien word dat elke priester van `n tempel met `n bepaalde godheid, die grootste geheimhouding in ag neem, dat hy op straf van die dood altyd nugter sal staan teenoor elkeen uit die volk en dat hy verder moeilik aanspreekbaar sal wees; en wanneer hy dan met iemand praat, laat hom dan so onbegryplik moontlik praat, want wat die gewone verstandsmens begryp, sien hy nie as goddelik nie!

7. By elke tempel moet dan ook `n welsprekende volksredenaar aangestel word, wat die kuns verstaan om die wonderdade van die tempel en die bybehorende godheid by die volk aan te prys; skole om sulke priesters en sprekers te bekwaam, sal slegs hier in Hanoch wees!

8. Ek dink dat wanneer my voorstel in praktyk gebring word, ons daarmee vir alle tye van die tye gesorg het en die volk nie eens direkte belastings hoef op te lê nie, want die tempels met die gode en priesters sal die skatte van die volk wel vanself op die onskuldigste manier in die wêreld uit hulle sakke haal, en die regering sal gesien word as `n regering van duifies en lammers. Dat die wêreld bedrieg wil word, is vanouds af bekend; laat haar dan ook bedrieg wees!

9. Maar nou nog iets! Moet jy, koning, die opperste heerlikheid van die hooglanders erken? Ek sien nie in waarvoor dit goed sou wees nie! Ek bedoel, ons staan op die ondergrond en moet daarom stewiger staan as die hooglanders!

10. Weet jy, koning, wat ons doen? Kyk, ons neem die trap weg, en die hooglanders moet dan maar sien hoe hulle na ons toe gaan kom, dit wil sê, ons kap alle moontlike toegange tot die hoogland tot honderd manshoogte loodreg af, dan moet die hoës maar vlerke laat aangroei as hulle na ons toe wil kom!

11. Meer sê ek voorlopig nie, en laat die res aan jou oor, koning!”

12. Die koning en almal was uitermate tevrede oor hierdie raad en dit was dan ook so vinnig moontlik en met groot ywer uitgevoer. Reeds die volgende dag was alle argitekte, bouers en myndeskundiges byeengeroep.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205