`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 119

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die beëindiging van die voortplanting op die hoogte en die waarskuwing van die Heer aan Lameg. Lameg se verwytende antwoord aan die Heer

(16 September 1843)

119 Hierdie woorde van Lameg het in die gegewe omstandighede groot byval gevind, en daar was werklik nog maar weinig wat nog aan die toenmalige orde trou gebly het; diegene wat egter nog aan die orde trou gebly het, het niks beter gewens as om maar so spoedig moontlik van die totaal verkeerde wêreld weggeneem te word nie.

2. En wat die geslagsdaad betref, dit het oral op die hoogte, vir ongeveer dertig jaar, agterweë gebly. Na hierdie tyd, toe Lameg se wrok en verdriet `n bietjie verminder was, het die Heer Lameg op `n aand na buite geroep en het vanuit `n vuurwolk tot hom gespreek:

3. “Lameg, Lameg, jy stel My geduld baie erg op die proef!

4. Toe Ek destyds met jou vaders van die aand na die middernag getrek en jou tegemoet gegaan het, toe jy sonder toestemming die vaders, wat die volkere tot die groot sabbatfees uitgenooi het, op die bosweg tussen middernag en aand angstig tegemoet gekom het, was jy vol dankbare vreugde, omdat Ek vir jou bemiddel het by die vaders. Die grootste vriend van jou lewe het jy toe in My gevind en jy sou vir My deur die vuur gegaan het, hoewel jy My toe nog nie geken het nie.

5. En toe jy My vervolgens herken het, sien, toe word jy gloeiend soos smeltende erts uit liefde tot My!

6. Wat het Ek dan nou anders gedoen as net dit wat Ekself aan julle almal geleer het en waarvan ek julle meermale verkondig het dat dit absoluut noodsaaklik was vir die ewige lewe van die gees?! En tog hou jy nou met niks van My woorde meer rekening nie, maar handel asof Ek vir jou die onbekendste en nietigste wese is van die hele geestelike en liggaamlike wêreld.

7. Hoe moet Ek, jou God, Skepper en Vader, dit beoordeel? Wil jy My, die Almagtige, in erns trotseer?! Wil jy met My veg en met My in `n vuisgeveg gaan?! Praat! Wat wil jy met My maak?

8. Ek hoef maar net asem te haal, en die hele skepping sal nie meer daar wees nie en jy sal nie meer daar wees nie! Praat! Wat wil jy met My doen? Moet Ek jou gehoorsaam, of jy vir My? Praat, wat wil jy met My doen!”

9. En Lameg het gepraat: “Heer, ek twyfel nie aan U mag nie, maar ek twyfel aan U liefde en beloofde trou! Want hoe kan U ons, U skepsele of kinders, geneë wees, as U alleen maar behae daarin blyk te skep om ons te dood?!

10. Dit sou vir my beter wees dat U U asem oor my laat gaan het en ek dan vir ewig nie meer sou bestaan nie, as dat ek `n geruime tyd op die vervloekte aarde moet lewe en swaar moet werk om dan ten slotte deur U gedood te word!

11. Ook al het U gesê: “Slegs die vlees moet gedood word; die gees leef egter voort!”, dan sê ek: “Wat is dan die voordeel van so `n wissellewe waarby mens eers aan `n lewe in die liggaam moet wen; en kan mens dan goed daarmee oor die weg kom en as mens daarvan gaan hou, dan kom U heimlik en verwoes daardie eerste lewe en vorm U daaruit, volgens U welgevalle, `n ander lewe, waaraan beslis nie meer geleë is as aan die eerste nie!

12. Ek sien dat U `n vriend van voortdurende veranderings is; daarom kan ek U nie meer vertrou nie!

13. Laat die asem van U almag maar oor my gaan, sodat ek dadelik ophou om te bestaan, maar roep my dan ewig nie meer in die een of ander bestaan nie, dan sal my vernietiging U vir ewig tot `n blywende lofuiting wees! Maar `n bestaan onder voortdurende veranderings is die grootste vloek vir elke skepsel, en die genoeë van sy Skepper word vir hom `n ondraaglike las.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205