`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 247

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die tempel van die vuur

(18 Maart 1844)

247 In `n ander streek tussen die berge, wat baie ryk was aan naftaleen fonteine, was daar ook `n groot tempel gebou.

2. Die tempel het glad geen vensters gehad nie en was dus heeltemal geslote, en mens kon slegs inkom met `n kronkelende onderaardse gang, met `n wenteltrap aan die einde.

3. Die tempel was baie ruim en op die galerye en in die gelykvloerse ruimte kon wel so `n twintig duisend mense deurgegaan het, sonder dat daar `n gedrang daardeur ontstaan het.

4. Die dakwerk, wat uit baie ronde koepels bestaan het, was deur baie stewige pilare gedra, en deur elke koepel het `n skuins opening geloop waardeur die in die tempel geproduseerde walm kon uitwyk.

5. In die ovaalvormige, op `n nis lykende agtergrond, was op `n van trappies voorsiene eiervormige voetstuk, `n geweldige groot beeld van `n naakte man opgestel. Die beeld het op `n enorme groot klipkubus gesit, wat `n deursnee gehad het van vier vadem, en dus `n oppervlakte van sestien vierkante vadem en `n inhoud van vier-en-sestig kubieke vadem. Die standbeeld was egter slegs van koperplaat gemaak, was dus hol en kon in die binneruimte vyfhonderd mense bevat wat gedurende die feeste, waarvan daar slegs twee per jaar was, allerlei spektakelstukke uitgevoer het.

6. Om die enorme onderstel wat van trappies voorsien was, was op `n afstand van drie vadem, en wel `n ovaalvormige ring vormend, tweehonderd ronde altare van twee vadem hoog en met `n deursnee van twee voet opgestel, waarheen aan die onderkant `n ryk naftaleenbron gelei was.

7. Die altare was kopersilinders wat heeltemal met fyngestampte puimsteen gevul was. Die aardolie het nou volgens die wette van die aantrekking ryklik deur die porieë van die puimsteen deur die silinder heen na bo gestyg, en mens hoef slegs met `n vlammetjie oor die vet oppervlak van die altaar te beweeg of daar het helder, baie wit vlamme gebrand, wat soos die sogenaamde Bengaalse vuur gelyk het.

8. Hierdie aldus brandende altare het die tempel van binne so helder verlig, dat dit daar ligter was as in die daglig. Hierdie altare het dag en nag één stuk deur gebrand en was nooit gedoof nie.

9. Maar daar het nog `n hele spul koperpype langs die pilare omhoog geloop wat deur alle galerye gelei was. Waar `n leiding ook maar `n opening gehad het, hoef `n mens slegs met `n vlammetjie daarlangs te stryk, en die baie eteriese olie van die aarde het dadelik gebrand.

10. Wanneer daar nou `n bepaalde fees moes plaasvind wat hierdie “vuurgod” en sy dienaars betref het, dan het daar honderdduisende bedevaartgangers uit alle streke gekom wat aan hierdie afgod baie en ryk offers gebring het.

11. Die priesters van hierdie afgod, het allerlei vertonings met vuur verrig; die een vuurwerk het die ander oortref wat betref grootte, glans en veelsoortige prag. Veral in die nag was die hele bergstreek so verlig dat mens nie geweet het wanneer die dag aangebreek het nie.

12. In die tempel het die afgod soos met duisend stemme gepraat van sy mag oor die volk, en homself mateloos geroem, terwyl die priesters buite gepredik het.

13. Wat `n indruk dit by die dom volk gemaak het, hoef nie beskryf te word nie; slegs soveel kan nog gesê word, dat die fees, vanweë die baie groot spektakels, ook altyd deur die hooggeplaaste persone besoek was.

14. Selfs Gurat en sy generaal met hulle gevolg was nooit afwesig nie. Meer is nie nodig om die hoogste graad van afgodery wat hier bedryf was, te raak te sien nie.

15. Maar daarom hierna tog nog meer sketse!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205