`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 242

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die hooglanders word geïsoleer deur die steil afgeslote berghellings. Die energie van die oervolkere. Die bou van die nuwe heidense tempels

(11 Maart 1844)

242 Die myndeskundiges het tweehonderdduisend man geneem, elkeen toegerus met die benodigde werktuie.

2. Die ingenieurs het die moontlike toegange tot die hoogland ondersoek en daar ongeveer vyftig gevind, wat in die uiterste geval wel van bo af begaanbaar gemaak kon word. Maar as iemand van benede af na bo sou wil gaan, dan sou hy wel tot by die baie walle van die klowe kom, maar om daaroor te kom, was nie moontlik nie, omdat hulle toringhoog was; die bewoners van die hoogland kon egter met toulere oor die mure afdaal en dan vandaar ook die vlakte van die laagland bereik.

3. Daar was op die hoogte weliswaar meer as vyftig klowe voorsien met passe; maar die uitlopers en klowe het in die diepte steeds nader aanmekaar gekom en verenig, en so het daar uit twintig uitlopers en klowe slegs één hoofkloof ontstaan. As dit onbegaanbaar gemaak word, dan sou daardeur ook alle hoër geleë uitlopers van hierdie een hoofkloof vir niks meer gedien het nie.

4. Die vyftig toegange was binne drie maande se tyd, so `n tweehonderd manshoogte loodreg afgeskuins, en dit dikwels oor `n breedte van veertig tot honderd vadem. Daardeur was dit vir die bewoners van die hoogland totaal onmoontlik gemaak om ooit nog in die vlakte van Hanoch te kom; en so was die werk baie doelmatig in so `n kort tyd beëindig, waartoe in die huidige tyd (in die jaar 1844) verseker meer jare nodig sou gewees het.

5. Kenmerkend van hierdie oervolkere was trouens dat hulle `n werksaamheid vooraf deeglik bereken het, en dan het hulle dadelik met soveel krag aan die werk gegaan, dat dit binne die kortste moontlike tyd voltooi was.

6. Want hulle het gesê: “Dit kos eweveel of ons met min arbeiders `n langer tyd aan een taak bestee, of dat ons binne `n kort tydjie baie arbeiders aan dieselfde taak sit; in die tweede geval wen ons aan tyd en daardeur kan die werk vroeër benut word, wat dan `n groot wins is!”

7. In wêreldse sin het hulle sekerlik heeltemal gelyk; wie hierdie reël geestelik in ag sou neem, sou ook beter voorwaarts kom as langs die weg van sy lou traagheid.

8. Op hierdie manier was ook vir die bou van die tempels so `n twee miljoen arbeiders ingesit, en binne een jaar was daar oral allerlei tempels met bygeboue, saam `n duisendtal gebou en van alles voorsien.

9. Hoe die godhede egter oor die tempels verdeel en opgestel was om daar hulle wonders te bewerkstellig, daaroor in die vervolg enkele beskrywings!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205