`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 170

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die ontmoeting van koning Ohlad met die nege-en-negentig raadshere van Hanoch. Die eiewyse woorde van `n raadsheer en die kragtige antwoord van Ohlad

(25 November 1843)

170 Tuis in die ou kasteel van Lameg aangekom, het hy die tien ministers dadelik hulle wonings aangewys en begeef hom toe weer met die tien na die nuwe, groot, goue residensie van die voormalige duisend raadshere om daar die nog oorgeblewe nege-en-negentig raadshere hulle ontslag te gee as hulle hulleself nie aan die goddelike wet wou onderwerp nie.

2. Maar Ohlad, wat deur die nege-en-negentig as verlore beskou was, het met die tiental juis die groot raadsaal binnegekom toe die nog oorgeblewe nege-en-negentig om hulle skynkoning versamel was en met hom beraadslaag het of hulle die raad van duisend weer volledig sou maak of nie. Of moes hulle dit by honderd laat en slegs in die plek van Ohlad `n man uit die burgerstand kies? Of moes hulle dit slegs by hulle huidige aantal laat?

3. Die skielike verskyning van Ohlad te midde van die tien skrikaanjaende manne het die nege-en-negentig raadshere, asook hulle skynkoning, in die grootste verleentheid gebring en hulle ook behoorlike angstig gemaak.

4. Hulle het daarom ook dadelik die vergadering beëindig, van hulle plekke af opgestaan en het Ohlad en die tiental aanvanklik skynbaar met die grootste vriendelikheid ontvang, maar het hom gevra, omdat hulle tog baie nuuskierig van gees was, hoe sy goeie, maar hoogs gewaagde saak onder sulke ongehoorde te kere gaan van die elemente afgeloop was en wat die gevolg daarvan sou wees.

5. En Ohlad het gesê: “Hier is nou my ministers! Hulle sal julle die korrekte antwoord gee!”

6. Toe die nege-en-negentig hierdie woorde uit die mond van Ohlad verneem het, het hulle al ongeveer geweet hoe die saak sou uitloop, en een van hulle het ietwat grapperig gesê:

7. “As die tien jou ministers is, dan het ons al die antwoord, en ek sien my ou grondreël bevestig volgens welke die geluk altyd die domste individue uitsoek en die wyses laat sit!

8. Want jou onderneming om die tempel weer te open is te vermetel, sodat `n waaragtige nugter wyse man ook maar één nuttelose woord daaraan sou bestee!

9. Dat dit jou egter as `n blinde hoender geluk het om heelhuids daardeur te kom en as `n uitsinnige esel die tien vuurtiere tot jou vriende te maak, hoort in die anale van die wêreld, met as titel in goue tekens: “Hoogste toppunt van eselsgeluk!” 

10. Dat jy onder ons algemeen erken word as die domste raadsheer, sal hopelik nie aan jou onbekend wees nie en wel omdat jy en ons teenswoordige skynkoning, wat net soos jy, nie die maak van goud uitgevind het nie, om die waardige amp geloot het, want daar was ooreengekom dat die domste koning sou wees.

11. Kort en goed, wat die lot jou alles destyds weerhou het, dit het jou eselshuid jou nou gegee! Jy is koning, en die tien vuurvreters is jou ministers! Hulle sal jou in die winter ongetwyfeld die beste van diens wees! Maar dat ons onder jou koningskap nie hier sal bly nie, dit sal ook seker wees!”

12. En Ohlad het gesê: “Ja, julle sal hiet uitvlieg, maar eers sal julle van my nog sommige wette saam op julle reis kry! Dit moet julle oral streng nalewe, so nie, dan sal God, die Heer, julle tugtig met `n vurige roede!

13. Sien, ook dit hoort by die eselsgeluk, naamlik dat die Heer op elke oomblik vir tugtiging van die oortreders van my wette gesorg het!

14. Maak julle dus gereed om my wette te ontvang! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205