`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 58

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Waarom die Heer Hom maar aan enkeles as mens openbaar. Lameg se vergeefse pogings om die volk wat op die grond gelê het, te laat opstaan. Die droefnis van die vereensaamde Lameg

(16 Junie 1843)

58 Nadat Lameg die Heer volledig herken het in die wyse Man, wil hy hardop tot die volk roep om die allerheiligste aanwesigheid van die Heer van hemel en aarde te verkondig.

2. Maar die Heer het aan hom gesê: “Lameg, doen nie wat jy nou graag wil doen nie, maar bedink in jouself: As dit goed en noodsaaklik sou wees om dit te doen, dan sou Ek dit Self sekerlik nie nagelaat het nie!

3. Maar dit sou die baie opgewonde volk die lewe gekos het, wat onvermydelik sou wees in die huidige orde van die dinge.

4. Laat ons daarom sulke onnodige werk vir gunstiger tye bewaar; mettertyd wanneer Ek weer sal weggaan, mag jy My egter wel aan die volk bekend maak en daarby verwys na My huidige aanwesigheid.

5. Nou bly Ek slegs as `n wyse Man nog `n rukkie in julle midde, sodat niemand `n dodelike oordeel deur My sal hê in sy vrye gemoed nie.

6. Maar wat jy nou kan doen, is om na buite gaan en die volk opdrag gee om op te staan, sodat hulle nie nog langer op die grond bly lê en in hulle nog volslae blindheid die verskynsel van die stralende hart sodanig aanbid asof dit `n simboliese voorstelling van die allerhoogste, alwyse God is nie.

7. Verklaar die volk die beeld volgens die waarheid wat aan jou geopenbaar is, dan sal hulle jou begryp en in `n volkome nugter toestand vir My, God die Heer, in hulle hart `n passende lofprysing bring.

8. Sien, dit is `n korrekte werk; gaan doen dit en kom dan weer binne en dit sal na die arbeid goeie rus wees! Amen.”

9. En Lameg gaan doen wat die Heer hom aangeraai het. Maar toe hy op sy eie manier die volk opgedra het om van die grond af op te staan, sien, toe wil niemand hom verroer nie en elkeen bly asof op die grond vasgenael lê, netsoos voorheen, toe nog niemand dit gelas het om te staan nie.

10. By die verskynsel het Lameg bang geword en hy het by homself gedink: “Wat sal ek dan nou doen, sodat ek nie onverrigter sake na die Heer in die tempel terugkeer tot my groot skande nie? Ek sal elkeen een vir een help opstaan voor die Heer en dan vir Hom sê wat ek te sê gehad het!”

11. So gesê, so gedaan! Maar helaas sonder sukses; want netso veel as wat hy oprig, netso veel val weer dadelik neer in hulle vorige houding, naamlik op die grond, soos in `n diepe slaap.

12. Die tweede verskynsel het Lameg in nog groter verleentheid gebring; maar hy het gedink: “Ek sal nog na myne gaan; hulle sal tog aan my woorde gehoor gee, as hulle tenminste nog lewend is!”

13. Hy het dit gedoen, maar ook daar was sy moeite tevergeefs. Nou bly daar vir hom geen ander middel meer oor nie as om onverrigter sake reëlreg na die Heer en na Henog in die tempel te gaan; maar wat se groot oë het Lameg nie opgesit toe hy daar nóg vir Henog, nóg die Heer aangetref het!

14. Dit was tog te veel vir ons Lameg. Aanvanklik was hy byna wanhopig; maar na `n hele onderbreking het hy aan homself gesê: “Dit sal wel die wil van die Heer wees, dit is dan ook soos wat Hy dit gewil het!

15. Dat ek niks kon bereik het nie, kan ek nie help nie, want wat ek maak, het ek immers so goed gedoen as wat ek maar kon. Dat ek egter geen wonders kan verrig nie, weet die Heer vas en seker. 

16. Maar ek wil tog iets doen, naamlik hulle beide nog tussen die slapende volk gaan soek! Vind ek hulle daar, dan sal ek God voortaan altyd loof en prys; en vind ek hulle nie meer nie, dan sal ek alles opoffer aan die Heer en my dan ewe-eens ter ruste begewe!”

17. En so gaan hy dan beide soek, maar ook tevergeefs, want hulle was nie onder die volk nie.

18. Eers toe het Lameg egter so bang geword dat hy begin huil het. Bedroef gaan hy na die tempel, gaan naas die altaar lê en probeer aan die slaap te val; maar daartoe was hy nie in staat nie, vanweë sy groot angs en droefheid.

19. En so het daar sewe lang ure verstryk; en niemand het wakker geword nie en ook nie die Heer, nóg Henog het tevoorskyn gekom nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205