`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 45

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die vraag van die dom kritici oor die krag van die woord en die woorde van die wyse Spreker oor die innerlike, lewende woord in die hart.

(23 Mei 1843)

45 Aan die ander tafel, waar die Spreker hom bevind het, sit enkeles die wat stadig van begrip was. Hulle wend hulle met die volgende ietwat dom vraag tot die Spreker:

2. “Goeie, wyse vriend en broer, jy het baie Lig in jou en praat wyse woorde! Dit kan ons beslis nie ontken nie, want ook ons is taamlik goed uitgerus met die nodige wysheid en kan daarom baie goed beoordeel of dit wat iemand alles praat wys of dom is! 3. Ook van jou kan ons nie sê dat jy nie wys gepraat het nie, inteendeel, ons erken dat jou Wysheid volkome is.

4. Maar kom één punt daarin voor wat vir ons, ter versadiging van die gees, nie goed smaak nie, tenminste nie op die wyse waarop jy dit opgedis het nie!

5. Sien, jy het gesê: Die woord ontbind die vaste stof in haar innerlike grondvorme en deur die beskouing daarvan voed die siel haarself; en wanneer die vorm dan tot in die innerlike kern ontbind word, sodat ons daarin die sin van die geestelike ontdek, voed ons daardeur die gees.

6. Daarin wil ons jou inderdaad gelyk gee; maar dat die mens met sy onmagtige woord die vaste materie kan oplos, soos uiteindelik die gloeiende erts `n waterdruppel, - broer, dink nou self `n bietjie na, en dan sal jy tog onmiddellik insien dat dit nêrens iets sal maak nie!

7. Praat duisend en meer jare tot `n klip, as jy tenminste so lank kan lewe, en die klip sal `n klip bly soos wat hy geskape was - natuurlik deur `n magtiger woord as die van ons!

8. Vandaar dat ons, omdat ons ook aan jou eer veel geleë is, hoewel ons ook nie weet uit welke deel van die stad jy na ons toe gekom het nie, baie graag sou sien dat jy die fout moontlik weer sal herstel, temeer omdat daar anderkant aan die ander tafel selfs die hoë gaste op ons gepraat skyn te let, selfs die twee magtiges van die hoogte!”

9. Die Spreker staan op en sê aan die goedmenende kritici: “Rig die ware Wysheid haarself na die ewige waarheid, of na die swakte van die wêreld? - Welke antwoord wil jy My dan op hierdie vraag gee? Laat diegene van julle wat die wysheid besit, praat! -

10. Julle swyg en soek na `n antwoord; maar Ek beweer dat julle hierdie keer geeneen sal vind wat vir My toereikend sou wees nie! Het Ek dan van `n materiële of meganiese ontbinding van die materie gepraat?

11. Julle is baie goedmoedig verleë oor My eer ten opsigte van die hoë gaste aan die ander tafel. Wat moet Ek nou dan doen om julle eer te red, omdat julle deur jou vraag en deur jou kritiese beoordeling van My woorde, wat Ek vir julle beswil gepraat het, werklik meer as dom kletspraatjies aan die helderste daglig gebring het?

12. Het Ek dan nie gepraat van `n innerlike lewende woord van die liefde vanuit die hart, wat hom allereers in helder gedagtes of sielsvorme uitspreek en dan oorgaan tot die spraak van die gesig en eers dan, indien dit nodig is, vanweë die swakte van die mense met slegs growwe sintuie, in die spraak van die mond, sodat die growwe sintuie van sulke swak mense deur die herhaaldelike voeding van hulle gees in hulle, verfynder word, en hulle dan met meer verfynde lewendiger sintuie die dinge in sy waarheid sien en daardeur steeds meer hulle gees voed, sodat hy as die eintlike lewe in die mens sal opstaan en `n volkome heer sal word in sy huis, - terwyl, as hy so gevorm is as, volgens wat dit nou blyk, in julle, hy nie meer is as `n niksseggende kneg van die materie, van die oordeel en dus ook van die dood nie?!

13. Wanneer Ek dus slegs van `n soortgelyke woord gepraat het, sê My dan, hoe is dit ten aansien van God en die hele wêreld met julle begrip gestel, dat julle dit nie kon begryp nie en julle liewer met julle growwe domheid wil uitblink, as met `n vriendelike, deemoedige beskeie vraag oor één punt in My woorde, wat vir julle ietwat duister voorkom?”

14. Nou kyk die vroeëre kritici mekaar baie verbouereerd aan, en geeneen van hulle was in staat om ook maar die geringste regverdiging uit te bring nie.

15. En Lameg het aan Henog gesê: “O broer Henog, as daar nog meer sulke wyses in my stad sou wees, dan sal ek `n eienaardige figuur aan hulle sy uitmaak; want hy praat immers asof hy reëlreg uit die hemel gekom het!”

16. Maar Henog het aan Lameg gesê: “Broer, wees geduldig! Die Spreker is nog nie klaar nie; maar wanneer Hy klaar is, sal ek jou wel sê wat jou te doen staan! Maar die komende word nog veel beter; daarvan kan jy volkome verseker wees. Wees daarom maar geduldig! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205