`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die oorblufte manne. Die gepraat van die nuuskierige vrouens. Die goeie mening van die suster van Aora.

(29 Maart 1843)

3 Eers na die tyd van `n kwart skadu-wending het die vaders en die ander geselskap uit die môreland weer tot besinning gekom, maar geeneen van hulle het geweet wat hy moes doen nie. Daarom het hulle mekaar oorbluf aangekyk en het hulleself in stilte afgevra: “Wat is dit, wat is daar met ons aan die gang, wat het ons gedoen?” Maar nêrens vandaan wou daar `n antwoord kom op dié stille vraag nie!

2. En op `n afstand merk ook die vrouens dat daar onder die manne iets belangrik moes voorgeval het, omdat hulle so geheimsinnig is en die koppe bymekaar hou. Daarom dryf nie hulle swak kant nie, maar hulle sterk kant, genaamd “nuuskierigheid”, hulle weldra almal na die manne toe om daar te hoor wat gebeur het.

3. Onderweg het een aan haar buurvrou gevra: “Wat dink jy, wat is daar met die manne aan die gang?”

4. En die buurvrou antwoord met `n gewigtige, maar verder soos gewoonlik, niksseggende gesig: “O suster! Dit moet iets ontsettend merkwaardig wees; `n wonder is dit in ieder geval. As iemand ons nou maar net wil sê wat dit is!”

5. `n Ander het gesê: “Dit het verseker iets met die merkwaardige man te make!”

6. “Ja, ja”, val `n vierde haar meteens by, “die afskuwelike man het, soos julle weet, daar net met die vier valse kuisheidskimbeelde heeltemal alleen die hut binnegegaan! Omdat hy hier buite voor ons sedige oë nie heeltemal sy gang durf te gaan met die vier nie, het hy maar die hut ingegaan!”

7. En `n vyfde het daaraan toegevoeg: “Jy het gelyk; daar hoef hy nou nie so bang te wees nie en dit is daar heelwat geriefliker! Maar ek het ook eens aan Lameg en Hored, so in die verbygaan weet jy, soos dit soms gaan, gesê: “Ek wil geen slegte profetes vir julle wees nie, maar wees op julle hoede, want sulke mooi, jong, vurige bloed het julle nooit heeltemal goed gedoen nie!

8. En daar het jy dit nou, netsoos die wyse manne, wat ons ervare vrouens steeds die mond wil snoer!”

9. Nou, dit is gewoon net om jou van dood te lag of om jou dood te vererg! Juis voor hulle hoogs wyse neuse kies hierdie towenaar uit die middag, oor wie ek al so veel gehoor het, sy oggendpêrels, soos wat hy hulle nou al noem, weg!

10. En nou sit hulle uit suiwer vrees en jaloesie die koppe bymekaar en weet hulle van suiwer wysheid geen raad nie!”

11. Die sterkste man uit hulle midde het hy weggetower, en dit sal met hulle ook nie beter gaan as hulle hom met geweld te lyf sal gaan nie!”

12. `n Sesde het bowendien nog opgemerk: “Ja, jy het maar al te gelyk, want ek het immers gesien en gehoor hoe Henog eers heengegaan het om die towenaar van die geheiligde plek te verdryf! Maar die towenaar wou hom nie gehoorsaam nie! Hy, Henog, het Purista daarheen gestuur, waarskynlik om die towenaar so te vermurwe en hom juis daardeur ook op `n teenmagiese manier weg te kry; alleen, misgeslaan en die hoof gestoot, meneer Henog! Die towenaar betower ook dadelik die priesteres Purista; en sy vlieg onmiddellik op die towenaar af!”

13. Hier het `n buurvrou aangemeld en verbeter die spreekster met die volgende woorde: “Suster, dit het ek duideliker gesien! Die heer Henog wou Purista alleen daarheen stuur, maar hy het nog maar nouliks `n paar woorde met haar gepraat of sy was al betower, toe een skreeu gegee, waarskynlik omdat sy betower was en hardloop toe, natuurlik al heeltemal buite haar sinne, blindelings op die towenaar af en val ook, heeltemal volgens sy wens, oor hom heen!”

14. Hier het die vroeëre spreekster weer ingeval en opgemerk: “Ja, ja, jy het gelyk; so was dit! Maar wat wil ek ook weer sê? Ja, ja, nou weet ek! Toe het die wyse heer Henog die sterke Sehel daarheen gestuur! Maar toe hy die towenaar met geweld van die heuwel wou verwyder, toor die towenaar hom oombliklik God weet waarheen - en nou is hulle almal oorbluf en weet nie wat hulle nou, eerlik gesê, ondanks hulle wysheid, moet doen nie!”

15. `n Ander naarstige toehoorster van hierdie verheffende opmerkings voeg onder hoongelag daaraan toe: “Nee, maar ek sou tog wel uit my maag moet lag as hierdie hoogs waarskynlike towenaar hierdie vier oggendpêrels, hierdie ewige môrerooi doubedekte voorjaarsrose - en God weet wat hierdie skoonhede nog meer genoem was, van die wyse heersers sou kaap! Ek glo dat die heersers dan hulle oë sou uitpêrel en uitdou!”

16. En `n ander het bygevoeg: “As die Heer JaHWeH nou maar gekom het soos wat Hy vir Purista aangekondig het, dan sou ek tog net die verleentheid van die wyse heersers wou gesien het!”

17. `n Ander antwoord weer: “O, daarvan kan ons seker wees, die Heer sal Hom nou beslis wel heeltemal terugtrek! Want na so `n skandaal sal Hy nooit kom nie, behalwe met `n gloeiende tugroede, wat nou vir die towenaar, die vier hemelse oogappels en ook vir die uiters wyse heersers baie van pas sou wees!

18. Die ou, maar andersins tog baie waardige moeder Eva, is egter ook nog heeltemal met die manne verwewe! `n Mens mag immers nooit `n man by haar bekla nie, want dan is dit verby! Soos destyds, dit is om van te lag, toe die vrou van Uranion hom by haar bekla het, kry sy `n mooi berisping in plaas van `n vertroostende regverdiging! En ons almal moes ons geregverdigde ergernis insluk en verder swyg soos `n muis vir die kat! Nee, wie dit regverdig vind, moes tog die wysheid uit wie weet watter fontein gesuip het!”

19. `n Ander voeg by dit alles nog toe: “Wat is daar nou met die heersers gaande? O, dit weet ek presies! Hulle is almal tot oor hulle ore verlief! Maar die towenaar het nou een streep deur hulle rekening getrek; daarom sit hulle hulle koppe so verbysterd bymekaar!

20. Nou, hoe kort gelede is dit dan nie dat die oeroue vader Adam selfs die mooie, jong Pura by hom in die huis geneem het en hom dan altyd deur haar na die hoogte laat begelei het, mense beweer selfs dat hy haar gesoen het!”

21. `n Buurvrou het dadelik hieraan toegevoeg: “Nou - nou -, en dit sou iets nuuts wees; ek het dit tog self met my eie oë gesien! Nie net gesoen nie, maar ook teen sy hart gedruk, en wie weet met watter onuitvoerbare gedagtes natuurlik! Ja die heersers, die heersers, hulle is mos altyd reg; ons moet hulle immers nie verder vertrou as wat ons hulle kan sien nie, en dan maar net amper!”

22. Maar één vrou uit die môre, wie `n jonger suster van Aora was, in die leeftyd van sestig jaar, dus vir dié tyd nog baie jonk en nog ongetroud, stap die kring binne en sê: “Ons geskinder kom vir my presies so voor asof ons leë strooi wil dors om graankorrels daaruit te kry!

23. Wat my betref, dink ek eerder dat julle maar net uit brandende jaloesie praat en dat julle aan alles waarvan julle die heersers beskuldig, self meer skuldig is as die altyd wyse heersers!

24. Ek durf stellig te beweer dat elkeen van ons onsself sonder die minste protes in verrukking sou laat bring het deur die pragtige man, as die man dit maar wou!

25. Maar omdat die man dit om goeie redes nie gedoen het nie en julle maar net van die heuwel af weggestuur het, is hy volgens julle sondermeer `n skandelike mens! O, dit vind ek baie aards!

26. Hy het my ook gewink om na hom toe te kom; as ek nie so bang vir julle was nie, dan sou ek dit gedoen het, soos my niggie Purista!

27. Maar nou het ek geen enkele vrees meer nie en ek weet wat ek sê en is nie in die minste onredelik nie. Maar, julle anders so hoogstaande moeders en susters, let op my woorde: As die Heer JaHWeH kom, as Hy nie al gekom het nie, dan sal dit sleg met julle gaan, en wie weet of die vier pêrels nie beter daaraan toe is as ons hier nie, en alle heersers daar wat deur julle beskimp is, want ek het `n stralende Lig agter die man gesien en wie van ons weet nie of die deur julle gehoonde Man dalk wel die Heer Self is nie, en as dit so is, wat sal dan met julle gebeur?!”

28. Hierop het alle vrouens verstom en hulle het baie bevrees geraak.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205