`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 150

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Een van die duisend raadslede praat tot die tien bodes. Een van die tien bodes rig die woord tot die duisend raadshere

(28 Oktober 1843)

150 Een van die duisend raadshere het opgestaan en die tien tegemoetgegaan, het volgens die gewoonte aan die hof voor hulle gebuig en gepraat:

2. “Magtige afgesante, waarskynlik van `n vors wat aan ons onbekend is en meester oor alle vuurspuwende berge wat in groot getalle om ons heen is! Tree nader, ja begeef julle in ons midde en voer julle opdrag uit; want sien, die saal is groot en ons is baie! Daarom moet julle ongeveer in die middel van die saal gaan staan, sodat ons almal julle voordrag goed kan hoor, wat stellig van baie belang is; want ons is groot vriende van goeie voordragte en sal ook alles opvolg wat ons as goed onderken.

3. Mag as daar egter onsin daarin voorkom, dan sal julle, as manlike wesens van `n hoër soort, nog beter insien as ons, dat ons dit nie kan aanneem nie, dit wil sê uit vrye wil nie.

4. Julle kan ons met julle ontsettende mag as wesens van `n hoër soort wel daartoe dwing, maar dan het julle daarmee weinig of niks bereik nie en ons netso weinig gewen van julle buitengewone gesantskap!

5. Wees daarom so goed om daar in die middel julle voordrag tot ons te rig; want ons almal, netsoos die koning, het ons ore geopen vir julle woorde en verwag van sulke buitengewone wesens soos julle, met die volste reg ook iets buitengewoon!”

6. Hierop begewe die tien hulle volgens die wens van die raadsheer na die middel van die saal, en een van hulle rig namens al tien die volgende woorde tot die hele hoë raadsvergadering en het gesê:

7. “Vriende en broers, wanneer julle terugdink aan julle vaders, dan moet julle self toegee dat hulle almal sonder uitsondering nakomelinge van Adam en eintlik ook kinders van God was in die tyd toe Lameg, `n tydgenoot van die nog lewende Lameg op die hoogte, wat nog as `n godlasterende koning hier in hierdie stad op wrede wyse die volk van die laagte regeer het!

8. Dit kan beslis vir sommiges van julle seker nie heeltemal vreemd en volkome onbekend wees wat die Heer van hemel en aarde gedurende dieselfde tyd alles gedoen het om, ten eerste menige dwaasheid op die hoogte te verwyder en vervolgens die laagte te reinig van al die vuil van die ou bose slang, wat nie heeltemal onbekend aan julle is nie.

9. Verder sal julle weet hoe julle vaders die suiwer, deur God hoogs geseënde berge verlaat en na die steeds onsuiwer wordende laagte getrek het, terwyl die hoëpriester Lameg op die hoogte, wat nog leef, hulle beslis ruimskoots aangetoon het hoe ondankbaar, onwaardig en hoe noodlottig so `n onderneming teenoor God, hulle heilige Vader sou wees.

10. Maar julle vaders het Lameg die rug toegekeer; begerig na die mooi vrouens van die laagte, het hulle in groot getalle die laagte ingeloop, terwyl menigeen selfs vrou en kinders op die hoogte agtergelaat het.

11. Dit is `n onbetwiste feit; julle kan dit by duisend lewende getuies bevestig, as julle ons nie wil glo nie!

12. Maar julle is nou kinders van die kinders van God van die hoogte en het julleself tot magtige heersers van die laagte opgerig, sonder om ook maar in die minste deur God daartoe geroep te wees. 

13. Julle het eers die regmatige koning Uraniël verlei, toe verdruk en gedood; sy seuns het julle getugtig of bespot as hulle julle aan God herinner het.

14. In plaas van die aanbevole opening van beide tempels van die Heer, het julle slegs `n ellendige polisiemag in die lewe geroep en het al op baie plekke die afgodediens ingevoer en die geloof aan die een ware God offisieel verbied en die volk met verfoeilike belastings opgesaal.

15. Oordeel nou self wat julle daardeur van die ewige ware God en Heer as loon verdien het!

16. Speek nou, ons sal met alle geduld na julle luister; en as julle uitgepraat is, dan sal ons weer verder praat met julle! Oordeel en praat daarom! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205