`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 312

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Fungar-Hellan voor die grot in die rots. Die inligting van Mahal en die vrygelatenes oor die grot

(1 Julie 1844)

312 Toe die stoet met boetelinge en die gevolg van alle uiters bekwame spioene en hulle wagters en ook Fungar-Hellan self met al sy amptenare van die hof, die plek bereik het, waar die tempel vroeër gestaan het, en waar ook die bekende opening in die rotswand `n klein afstand verder was, het die owerste van die spioene na Fungar-Hellan geloop en gesê:

2. “Heer, heer, kyk, hier is die opening waaroor ek dit het; die deur u vrygelatenes het daar na binne gegaan en het toe nie meer tevoorskyn gekom nie!”

3. Toe Fungar-Hellan hierdie wenk gekry het, het hy hom tot sy Mahal gewend en hom gevra om hierdie grot te beskryf en te vertel wat daarmee aan die gang was.

4. En Mahal het gesê: “O vriend, niks makliker as dit nie! Kyk, dit is ten eerste geen deur die natuur gevormde opening nie, maar mense het in hierdie nie baie harde klipmassa `n gat geslaan, en die spore van die beitel is nog baie duidelik te sien!

5. En aangesien dit mensewerk is, is dit ten tweede sekerlik nie so-iets as die toegang tot `n natuurlik gevormde onderaardse ruimte in die berg nie, maar `n gang na `n deur rotse omgewe bergland, of dit is die toegang tot een of meer onderaardse, kunsmatig deur mense gemaakte vertrekke, waar hierdie boetelinge verseker nog menige swaar klonte goud verborge hou!

6. Dit is sekerlik een van beide, so nie altwee tegelyk, te meer omdat die na binne geklimde boetelinge, langs `n ander weg na jou toe kon kom!

7. Nou kom dit op die ondersoek van jou kant neer! Maar ondervra eers die boetelinge! As hulle jou die waarheid vóór die ondersoek vertel, skenk hulle dan, na die uitvoering van die ondersoek, die lewe; wanneer hulle jou egter vooruit belieg, maak hulle dan dood, en wel deur hulle in te messel in hulle eie holestelsel!”

8. Na hierdie woorde van Mahal het Fungar-Hellan hom dadelik tot die boetelinge gewend en hulle gevra, sonder dat hulle iets van Mahal se verklaring gehoor het, wat daar aan die gang was met die opening, waar hulle drie dae tevore na binne gegaan het.

9. En die boetelinge het gesê: “O heer, daardie gat is maar net `n erbarmlike toegang tot `n smerige boetegrot, wat `n nog smaller uitgang in `n baie verlate rotsgebied het, waar niks anders as wilde bessies groei, wat die boetelinge tot `n karige voedsel gedien het nie!

10. Vanuit die streek kan mens ook langs `n baie moeilik begaanbare weg na die vlakte kom, maar mens het daarby met duisend lewensgevaarlike dinge te kampe! En die weg het ons ook vandag gegaan, sodat ons boete volkome sou wees!

11. Heer, heer! U kan hierdie opening nou self van naderby laat ondersoek en as u tot `n ander bevinding kom, kan u met ons doen wat u wil!”

12. En die generaal het die myngrawers geroep en aan hulle gesê: “Bring dadelik tienduisend fakkels hierheen, dan sal ons dadelik met die ondersoek van hierdie opening begin!”

13. Die grawers het dadelik vertrek om aan die bevel van die generaal te voldoen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205