`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 263

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Hoofman Drohuit by koning Gurat. Die listige raad van Drohuit en Gurat en Agla se instemming

(24 April 1844)

263 Daarop het die hoofman van die getroue knegte van die koningin na die koning gegaan en hom sonder omweë vertel hoe dit met die koningin gestaan het, en wat generaal Fungar-Hellan van plan was om met groot strengheid teen die koning en teen die koningin te onderneem, en hoe dit die reinste onmoontlikheid sou wees om hom teen die magtige Fungar-Hellan te verset, omdat hy alle mag in sy hande gehad het.

2. En Gurat het aan die hoofman gesê: “Ja, my vriend, jy het gelyk! Ek weet baie goed hoe dit nou met Fungar-Hellan en my daar uitsien; maar wat is daaraan te doen?! Hy is nou al sedert tien dae feitlik heeltemal ontoeganklik, en dit enkel en alleen omdat ek nie vir Agla aan hom wil uitlewer om sy wraak op haar te koel nie, vanweë haar wreedhede teenoor haar broer en sy vrouens.

3. Sy laaste uitroep aan my was: ‘Goed dan! Wat jy my nie uit vrye wil as vriend tot vriend wil gee nie, sal jou mees verbitterde vyand weet om met geweld te kry!”

4. Daarop het hy my vinnig weghardlopend verlaat, en tot op dié uur het ek nog nie één woord verneem oor wat hy nou eintlik in die mou voer nie.

5. Daar sal ten slotte geen ander middel wees om hom weer vriendelik ten opsigte van my te stem as om vir Agla, hierdie onvoorstelbare mooi vrou, aan hom uit te lewer nie! Sê my, my beste hoofman Drohuit, watter ander manier sou daar nog wees?”

6. En Drohuit het gesê: “O koning, hier is eintlik slegs twee dinge moontlik, naamlik dat die koningin onder my leiding vlug, of haar uitlewering; maar die een is nie minder gevaarlik as die ander nie!

7. Maar ek het `n goeie plan bedink! Slaag dit, dan is Fungar-Hellan weer u vriend, en u bly koning soos voorheen; maar slaag dit nie, dan is daar geen ander middel denkbaar om Agla en u koningskap te red, as om te vlug nie!

8. Die slim plan bestaan hieruit: Laat Agla haar so verleidelik as moontlik aantrek, en ek sal self na Fungar-Hellan toe gaan en hom as volg toespreek:

9. “Die mooi Agla, op wie jy so baie blikke gewerp het, het berig ontvang dat jy, as haar bo alles dierbaarste vriend, kwaad vir haar sou wees! Sy laat jou daarom vra om haar nog eenmaal `n oop oor te verleen, dan sal jy van haarself `n volledige en jou hart heeltemal gerusstellende opheldering kry van haar raaiselagtige wreedheid!”

10. Na hierdie uitnodiging sal hy verseker kom, al is dit met `n sterk geleide! En wat Agla dan aan hom moet sê, sal ek haar duidelik te kenne gee; jy moet haar slegs toestaan dat sy `n bewysteken vir my sal saamgee, sodat Fungar-Hellan vertroue in my kan hê, wat betref my boodskap aan hom! En ek dink dat die saak weer in orde gekry sal word!

11. Ek is by voorbaat daarvan oortuig dat daar met Fungar-Hellan, by die aanblik van die so mooi en bekoorlike Agla, sekerlik te praat sal wees!”

12. Toe Gurat dit van Drohuit gehoor het, gee hy hom dadelik `n volmag; en hy gaan na Agla en stel haar van alles op hoogte en sy het dit alles van hom aangeneem en met alles ingestem.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205