|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 89
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die aankoms van die reisigers op die hoogte en hulle begroeting deur Adam
89 Na `n kort tydjie het ons reisigers die hoogte bereik. En toe Lameg die woning van Adam en vervolgens ook die wonings van die ander kinders van die hoofstam ontdek het, wat hom as sodanig aangedui was deur sy gees, het hy ter aarde neergeval en gesê:
2. “O God, allerheiligste Vader, wat se verhewe, deur U eie hand geboude wonings is dit nie!
3. My huis is gebou uit dooie leem en klippe en is net so dood soos daardie materiaal en sy bewoners; hier is `n huis egter van lewende bome gebou en leef daarom net soos sy lewende bewoners! O, hoe onskatbaar veel meer werd is so `n huis tog nie as alle stede wat in die laagte is nie!”
4. Lameg sou alles nog lank wou bewonder het, maar Henog het na hom toe gekom, hom opgehelp en hom op aartsvader Adam en die aartsmoeder Eva gewys, wie eerste uit hulle huis gekom het om met Set hierdie hoogte op te gaan om te kyk of hulle vir (Henog met Lameg) nog nie van die een of ander kant sien naderkom het nie.
5. Toe Lameg en sy geselskap op Henog se aanwysing die eerste mensepaar gesien het, word hy swak en kon uit eerbied `n tyd lank geen woord oor sy lippe gekry het nie. Eers nadat die eerste golf van eerbied ietwat verby was, het hy uitgeroep:
6. “O groot God, wat `n heilige waardigheid, wat `n hoë adel! Hoe verhewe is die eerste mens tog, wie nie gebore is nie, wat `n suiwer werk van U hande, van U almagtige liefdeswil is?
7. Ja, geliefde broer Henog! Ook al sou jy my nie daarop gewys het nie, dan sou dit my onmoontlik nog kon ontgaan het dat dit die eerste mensepaar van die aarde is! Die reusagtige grootte, die volmaakte menslike gestalte en die verblindend wit hoë ouderdom getuig immers oorduidelik daarvan!
8. O broer, ek het baie verwag van die indruk wat die aanblik van die aartsvader op my sou maak; maar hoe ver is al my verwagtings nou oortref!”
9. Hier kyk Adam na die hoogte en gee `n kreet van vreugde toe hy Henog gesien het.
10. Onmiddellik het almal uit hulle wonings gekom en Henog met oop arms tegemoet gegaan.
11. Ondanks sy hoë leeftyd was Adam hierdie keer die eerste wat die hoogte bereik het. En toe hy hom op die hoogte by Henog bevind, omvat hy hom met beide arms, druk hom aan sy hart en het diep ontroerd gesê:
12. “O my geliefde seun, hoe dikwels was ek nie al gedurende jou afwesigheid hier gewees en na jou uitgesien nie! Hoe dikwels het ek jou geseën! Wees daarom nou oneindig kere welkom by my!
13. Ook jy, my seun Lameg, seun van Methusalag, kom hier en laat jou seën! Hoe dikwels het jou vrou Ghemela nie na benede gekyk nie en hoe dikwels gebid dat die Heer jou mag seën en behou! Sien, daar gunter uit die hut van Jared kom sy reeds byna asemloos hierheen gesnel. Gaan haar tog ook vinnig tegemoet sodat sy nie so ver hoef te loop om jou te bereik nie, want soos sy het nog geen vrou haar man bemin nie!”
14. En Lameg doen onmiddellik wat Adam aan hom gesê het.
15. Eers daarna kry Adam die ander gaste in die oog, het hulle verwelkom en gevra, sy nuuskierigheid getrou, wie hulle was en vanwaar hulle gekom het.
16. Maar die reisigers uit die laagte was so onder die indruk van die verhewe aanblik, dat hulle nie by magte was om `n antwoord op Adam se vraag te gee nie. Daarom het Henog Adam gerusgestel en hom self meegedeel wie sy metgeselle was.
17. Daarna het Adam hulle geseën en almal uitgenooi om hom na sy woning te volg om daar `n versterking vir die vermoeide liggaam tot hulle te neem. En almal het hom gevolg.
|
|
|
|
|