`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 47

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die opgelegde, onvrye geloof en die vrye, deur die liefde tot God lewend geworde geloof.

(27 Mei 1843)

47 Na `n kort onderbreking het die vernaamste Spreker aldus weer verder gegaan: “Omdat Ek `n liggie vir jou aangesteek het, kyk jy My nou heeltemal oorbluf aan en jy weet nie wat jy van My en My woorde moet dink nie.

2. Jy vra jouself af: “Hoe kan ek `n heiden of `n godloënaar word, as ek tot God bid met die woorde van my mond?! Sou ek God wel met my mond kan bely, as ek Hom nie vooraf in my hart bely het nie, dus in die gedagtes van my hart?”

3. Ja, My vriend en broer, jy bely God nou wel sodanig dat die woord uit jou mond `n uitdrukking is van dit alles wat jy in jou hart dink; maar waarom?

4. Omdat jy die Heer, jou God gesien het en nou genoop word om te glo dat daar `n God bestaan en hoe Hy is, en jy het van Hom gehoor wat Hy met die mens wil doen!

5. Maar dié geloof is geen vryheid van gees nie, maar slegs `n dodende knegskap van die gees, omdat jy nou moet glo dat Hy dit is, God die Heer, omdat jy Hom gesien het en deur die mag van Sy spraak en Sy handeling moes jy daarvan oortuig geraak het.

6. Maar dié geloof sal net vir jou `n houvas bied en sal nie met jou oortuigingskrag kan oorgaan op jou nakomelinge nie; want dit alles wat jy nou met oortuiging in jouself beken, dit sal jou nakomelinge as `n mondelinge oorlewering beskou en daarom nouliks as waar beskou, omdat dit slegs `n mondelinge oorlewering sal wees, en dus verreweg swakker as die aanskouing wat jyself ervaar.

7. Oor tien geslagte na jou sal mens jou verminkte oorgelewerde oortuiging nouliks die moeite werd vind om aandag aan te skenk, en die heidendom sal die vrug van jou geloof met die mond wees, en op hierdie vrug sal die volkome godverloëning volg en daarop tog heel seker die oordeel, omdat die mens, as hy nie met God verbind is nie, reeds geoordeel is in sy eie doodsnag.

8. Maar wanneer jy God bely in jou hart, dit wil sê deur jou lewende liefde tot Hom, en jy bid op dié wyse in die gees en in die waarheid tot Hom, dan sal jy jou huidige onvrye geloofsoordeel, waaruit daar nooit heil vir jou sal voortkom nie, van jou afskud, en jy sal in stede daarvan oorgaan tot `n lewende geloof, dit wil sê in `n lewende aanskouing van jou gees in jou, waarin ten slotte al jou lewenskrag homself immers moet verenig, as jy ewig wil lewe.

9. En eers in die lewende beskouing sal jy God waarlik herken en in die gees en die waarheid lewend bely; en jy sal probeer om hierdie belydenis ook in jou nakomelinge te behou, en hulle sal doen soos jy, en die heidendom, die godverloëning, die oordeel en die dood sal ver bly van al jou nakomelinge.

10. Want dit staan tog vas en is volgens die orde volkome seker, dat die gees van die mens die mees innerlike is, soos ook die lewende kiemvonk hom in die mees inwendige van elke vrug bevind.

11. Glo en bid jy met jou buitekant, jou sintuiglik materiële deel, dan lok jy jou gees ook na jou buitekant en stoflike deel, en dit is jou geoordeelde deel en derhalwe die dood.

12. En as jy dit gedoen het, doen jy in gelyke mate geestelik dieselfde as wanneer jy `n brandende fakkel in die slyk sou steek! Ek vra jou: Sal sy dan nog verder brand en jou duistere pad verlig?

13. Jou gees is jou Lig en jou lewe; maar as jy dit uitdoof, wat het jy dan nog oor waaruit `n lewe vir jou sou moet groei?

14. Jy leef nou weliswaar omdat jy God aanskou het en nou moet jy glo dat Hy bestaan; maar Ek sê vir jou, jy sal met hierdie lewe nie oor jou graf heengaan nie, as jy nie in jou stoflike deel sal vergeet wat jy gesien het en dit alles wat jy dan vergeet het, opnuut deur die magtige liefde tot God in jou gees sal terugvind nie!

15. Wat Ek nou vir jou gesê het, moet jy netso hoog in ere hou as dit alles wat jy gesien het; dan sal jy die lewe vir ewig besit, en anders slegs tot by die graf.

16. Begryp dit goed, en praat as daar nog iets vir jou duister is, sodat Ek dit vir jou kan ophelder! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205