`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 311

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die verdwyning van die vrygelatenes in `n geheime opening in die rotswand. Terugkeer en verhoor van die vrygelatenes deur die generaal

(28 Junie 1844)

311 Maar waarheen het hierdie vrygelatenes gegaan? Hulle het reëlreg getrek na die plek waar die tempel vroeër gestaan het. Daar aangekom, het hulle na `n rotswand gegaan, waarin `n onopvallende opening gekap was, wat groot genoeg was om deurgang aan `n mens te verleen as hy `n weinig gebuk het.  

2. Ten slotte het alle vrygelatenes in die gat verdwyn, en ons verfynde spioene het hier gewag totdat dit nag was om te sien wat daar uiteindelik weer uit hierdie opening te voorskyn sou kom; maar nóg mens, nóg dier het hom laat sien.

3. Daarom het hulle teen die aand die talryke wagters wat hulle gevolg het, byeengeroep en hulle die gat op `n bepaalde afstand streng laat bewaak, en elke wagter moes die gat goed in die oog hou, om te sien of daar iemand sou uitkom en wie dit was - maar dit was al drie dae heeltemal vergeefse moeite, want van hulle wat na binne gegaan het, het geen enkele siel meer teruggekom nie.

4. Na drie dae het `n deel van die spioene teruggekeer en het dit aan Fungar-Hellan berig. Hy was baie verbaas en het nie geweet wat hy daaruit moes aflei nie.

5. Maar daar het nog geen uur verloop nie, of alle vrygelatenes het welbehoue teruggekom.

6. Toe het die spioene groot oë opgesit en hulle vreeslik vererg omdat hulle kennelik erg deur hierdie ossepriesters om die bos gelei was.

7. Fungar-Hellan het die spioene egter `n geheime wenk gegee, dat hulle die nog agtergeblewe spioene en wagters deur ylbodes moes laat terugbring.

8. Dadelik was die beste hardlopers ontbied om na hulle, wat nog steeds sorgvuldig wag gestaan het, toe te gaan, sodat hulle weer sou terugkeer.

9. Nog voor daar sewe uur verstryk het, was almal reeds voor die tent van die generaal byeen. Hy het na vore gekom en aan die vrygelatenes gesê: 

10. “Julle het werklik op die afgesproke tyd hierheen teruggekeer; maar dit is vir my nie voldoende om julle `n nuwe amp daarvoor te gee nie! Julle moet my nou ook getrou vertel waar julle hierdie drie dae was en wat julle daar gedoen het, want daaruit kan ek eers duidelik aflei of julle drie dae gelede, toe my krygers in die aand toegang verlang het, hulle wel in erns uit ware trou, my met klippe aangeval het! Praat daarom nou, en bedink dat elke leuen julle `n sekere dood sal bring!”

11. Die bedreigdes het gesê: “Het u ons nie drie dae lank vrye reg gegee nie? Hoe kan u dan nou rekenskap van ons verlang? Mag ons dan nie gedoen het wat ons wou nie?”

12. Maar die generaal het gesê: “Juis deur hierdie vryheid het ek julle beproef, en dit was noodsaaklik om julle in `n belangrike nuwe amp toe te vertrou! Daarom kom daar nou na hierdie skoling die belangrikste toetsing waarin julle julleself kan bewys of vir ewig kan val! Gee my daarom dadelik, sonder verdere teenspraak, antwoord op my eerste vraag wat aan julle gestel is, anders laat ek onmiddellik tienduisend swaarde bokant julle koppe speel!”

13. Hierop het die bedreigdes baie verbaas gelyk, en een van hulle het gesê: “Heer, as u dan alles wil weet, weet dan dat ons gedurende hierdie drie dae swaar boete gedoen het, om ons met onsself te versoen, omdat ons u so erg deur ons onwetendheid beledig het!”

14. Hier kon die generaal nouliks sy lag inhou en het daarom gesê: “A, dit vind ek goed! Maar waar is die geheiligde plek van julle boetedoening, sodat ek self daarheen kan gaan om `n groot gedenkteken daar op te rig vir julle trou aan my?”

15. Nou het die valse boetelinge op hulle lippe gebyt en een van hulle het maar net gesê: “O heer, dit is `n baie afskuwelike, huiweringwekkende grot in die gebergte, en daar sou `n gedenkteken wel baie sleg tot sy reg kom; dit sou u tog nie wil nie!”

16. Fungar-Hellan het egter gesê: “O, dit pla my nie; ons sal die huiweringwekkende plek wel mooi maak! Daarom op pad en na die geheiligde plek!”

17. Hierop het die boetelinge bleek geword en moes hulle op die baie warm pad begewe.

8. Hierna die vervolg!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205