`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 82

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die uitstuur van die bodes. Die goddelike ideale orde van die staat en die stad Hanoch. Henog en koning Lameg se vertrek na die hoogte

(21 Julie 1843)

82 In die stad aangekom, het Lameg na die genuttigde oggendmaal dadelik maatreëls getref, waardeur nog op dieselfde dag, die berigte oor God se groot wonders na al die orige tien stede gebring was. Dit was nie so moeilik nie, omdat geeneen van hierdie stede meer as hoogstens `n klein dagreis van die hoofstad Hanoch geleë was nie en bowendien ook die weë na elk van hierdie stede taamlik reguit was.

2. Nadat die bodes uitgestuur was, het Lameg met behulp van Henog, in die loop van drie dae alles in die stad Hanoch georden, wagters aangestel vir die hooggeleë tempel en het selfs deur Mura en Cural `n vaste woning gebou, bietjie benede die tempel op `n klein, maar vir een, `n nie al te groot woonhuis, op `n ruimskoots voldoende vooruitspringende deel van die berg, en dit alles op byna wonderbare wyse vir julle, hedendaagse bewoners van die aarde, in dieselfde drie dae.

3. In Hanoch was alles nou in `n kort tydjie volkome volgens My orde gereël en die hele volk het geen ander gebod as slegs dit van die liefde tot God en tot die naaste gehad nie. En ontug was as `n boosheid bestempel, waardeur elke mens sy gees en sodoende ook al sy geestelike kragte ondermyn het.

4. En so was ook nog menige ander euwel deur die leraars onder die volk uitgeroei, nie deur wetlike straf nie, maar slegs deur wyse lesse, waarmee die leraars in die helderste Lig aan die mense getoon het watter slegte gevolge noodsaaklikerwys daaruit moet voortkom.

5. En mettertyd vind dan ook elke man, wat ook maar ietwat geestelik sterker geword het net soos elke vrou wat ook maar ietwat beskaafd was, dat die wyse lerings van die leraars voelbaar in hulle bewaarheid begin te word.

6. En so het dié volk slegs deur die leer geruime tyd regverdig geleef, eers natuurlik deur leraars en dan vanuit hulleself, sonder wette.

7. Die hele geestelike en maatskaplike welsyn van die mense was dus geleë in die wyse opvoeding.

8. Maar die vervolg sal duidelik laat sien waardeur die mensdom teen die tyd van die sondvloed so geheel en al van My afvallig geword het, en as gevolg daarvan hulle wil gevange geneem was en hulle daardeur heeltemal in die mag gekom het van die groot vyand van die lewe.

9. Maar in die tye na Lameg se bekering was die hoogte, sowel as die laagte, so volkome, dat daar in die hemele nouliks `n beter, suiwer geestelike orde aangetref sou kon word nie, as dit wat toe op die aarde bestaan het.

10. As die slang hom ook destyds hierby sou gevoeg het, dan sou die aarde weer in die ou paradys verander gewees het; maar sy het spoedig spyt gehad dat sy My voorwaarde ook maar enigsins aangeneem het, en so begin sy, op grond van haar vrye wil, al weer spoedig met haar ou bose praktyke.

11. Sy het gedurende `n tyd van ongeveer sewehonderd jaar die mense slegs ten goede beproef, maar na hierdie tyd het haar beproewings `n heel ander karakter gekry; sy was kwaadaardig en steeds listiger, en die mensdom het hom vrywillig laat gevange neem! Maar die vervolg sal dit alles duidelik laat sien; dus voorlopig genoeg daaroor!

12. Na die drie belangrike dae het Henog hom weer na die hoogte begewe en het hierdie keer vir Lameg en verskeie manne van aansien uit Hanoch met hom saamgeneem, om die oerstamvader Adam en die oermoeder Eva te leer ken; intussen was die leiding van die volk in die laagte aan Hored toevertrou.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205