|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 329
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die woede van Gurat en Fungar-Hellan op die hooglanders, weens die mislukking van die tweede afvaardiging en hulle plan om wraak, om die berge van die hoogland te ondermyn en te laat ontplof
(24 Julie 1844)
329 Toe die tweede afvaardiging onverrigter sake na Hanoch teruggekom en die slegte resultaat van hulle reis aan die koning en aan Fungar-Hellan meegedeel het, was beide eenstemmig kwaad en het die vaste besluit geneem om die hooglanders nie één enkele stuiwer as oorlogskatting te gee nie.
2. En Fungar-Hellan het gesê: “Hulle moet dit maar self kom haal! Wanneer hulle egter kom, dan sal ons hulle op gepaste wyse ontvang!
3. Ons weet dat ons nakomelinge van Set is en dat die slawevolk van die hoogland slegs van die verwerpte Kain afstam! Sou ons krag dan so verminder wees dat ons die hoogmoedige slawe nie kan bemeester nie?!
4. Ons sal nou voorlopig nie meer so dwaas wees om hulle met ons mag in die gebergte op te soek nie; maar ons sal wel weet om hulle na benede te lok. En as hulle daar dan is, wee hulle, want werklik, hulle sal ons geregverdigde woede proe!
5. Weet jy, vriend Gurat, wat ons nou doen? Ons stuur nog `n afvaardiging na bo, en in die volgende politieke hoedanigheid:
6. Ons dra oënskynlik die hele ryk van Hanoch oor in hulle hande, en dit onder die voorwendsel dat ons, nooit met so `n geweldige eis sou kan regeer nie en heeltemal afgeskryf sou wees!
7. Want dit is onmoontlik om in ons eie land, binne so `n kort tydsbestek, aan die enorme eis aan graan en vee te voldoen, sonder om geweld te gebruik. As ons egter oor hierdie rede so `n gewelddaad teen ons eie staatsburgers bedryf, dan sal die hele ryk teen ons in opstand kom en ons heeltemal ten gronde rig met hulle groot oormag!
8. Aangesien ons dit goed bereken het, sou ons hulle aldus, teen `n goeie lyfrente, eerder die hele ryk in vrede oordra; want ons is as die heersers het moeg geword en verkies die rus ver bo `n onstuimige lewe!
9. As teken van waarheid, moet die afgevaardigdes dadelik die sleutels en die enigste nagemaakte krone van Hanoch saamneem en dit aan die tiental oordra en hulle egter ook tegelykertyd uitnooi om na Hanoch te kom en alles oor te neem soos wat dit nou daar is! Wat dink julle, is my idee nie goed nie?”
10. En Gurat het gesê: “Beste vriend, vergeet nie dat Mahal by die tiental is nie, en dan is alle lis vergeefs!
11. Maar ek dink nie dat ons nou so-iets soortgelyk moet doen nie, maar juis afwag, totdat hulle met ons begin onderhandel; dan begin ons `n vreeslike offensief en vernietig alles wat ons nader!
12. Intussen maak ons, in plaas van die honderd trappetorings, honderd skagte van duisend vadem diep in die berge van die hoogland en vul elk van hierdie myne met tienduisend pond springstof en steek dit dan aan, en dit sal die hoogmoedige hooglanders verseker in groot verwarring bring!
13. Wat verder daar moet gebeur, sal die vir ons gevolg leer!”
14. Fungar-Hellan was dit daarmee eens en het die raad van Gurat dadelik uitgevoer.
|
|
|
|
|