|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 75
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Henog se woorde oor die lewe van die gees as noodsaaklike stryd van die polêre kragte
(11 Julie 1843)
75 Toe Henog die wens van die Heer uiterlik en ook innerlik verneem het, het hy opgestaan, voor Lameg gaan staan en as volg begin praat:
2. “Broer Lameg, die woorde wat die gees van Zuriël op menslike wyse tot jou gespreek het, is belangrik en buitengewoon veelbetekenend en oor dié dinge kan ek jou geen beter woorde gee nie!
3. Maar ek weet wat dit is as die gees op menslike wyse praat; jy weet dit egter nie, omdat jy nog aan die tong kleef en nie aan die gees nie.
4. En daarom wil ek jou dan ook volgens die heilige wil van ons liewe en heilige Vader van die tong na die gees verhef en jou sag daarheen oorbring, waar jy dan self sal kan sien en begryp hoe die lewe in die gees is! Luister daarom in jou hart na my!
5. Sien, wanneer twee winde teen mekaar optrek, terwyl die een net so sterk is as die ander, dan word die ewewig in die lug daardeur tot stand gebring en daar heers dan `n weldadige rus op die oppervlak van die aarde. Die lug word blou en suiwer, en die sonstrale kan ongehinderd die land verlig en dit regstreeks met sy lig verwarm.
6. Maar wanneer na die ewewig, één wind hom onverwags versterk en sy teenstander swakker word, dan begin die sterkste heftig die oorhand te kry en stamp en ruk dan ook as sodanig die swakker wind niksontsiende met hom saam.
7. Solank die swakker wind nou en dan egter `n poging aanwend om die sterkere te bemeester, solank moet hy hom ook laat welgeval om deur die sterkere wind gedu, gedruk en uiteindelik tog oorwin te word; maar gee hy hom dadelik oor, dan het al die du en druk opgehou, maar daardeur ook die selfstandigheid van die swakere wind!
8. Nou sê jy by jouself: “Ja, maar waarom laat die Heer dit gebeur? Vir Hom, die Almagtige, sou dit tog sonder enigste moeite moontlik moet wees om `n soortgelyke stryd te verhinder!”
9. Daarin het jy wel gelyk; want by God is alle dinge wel baie moontlik. Maar as Hy nie sou toelaat dat die kragte self met mekaar stry nie, dan sou hulle ten slotte verslap en sou dan dood neergelê het soos die klippe van die gebergte, wat op hulleself ook niks anders is nie as sulke kragte, maar in die hoogste graad geoordeel en gebind, en derhalwe bewegingloos en daarom volkome dood en met geen gevoel nie.
10. Sien, so is ook die lewe van die mens! Dit waai heen en weer in sy organe. Die gees waai in die materie en wil dit met hom saamsleep; die materie of die wêreld waai in die materie as die bloed en die ander fyner sappe, en hulle waai in die gees en wil hom saam meesleur.
11. Is die gees magtiger as die materie, dan bedwing hy dit en maak haar volledig diensbaar aan homself; maar is die stoflike die oorwinnaar oor die gees, dan gaan die gees onder en ondergaan die lewe as swaar en buitengewoon pynlik, om die drukkende las van die dood van die materie aldeur met hom saam te dra, en dit is dan die geestelike dood.
12. Sou die gees nou in `n soortgelyke dood gevoelloos wees, dan sou hy daardeur ook vir ewig reddeloos verlore wees; maar die aldeur toenemende gevoel van die pyn, dwing hom om hom voortdurend te weerstaan en teen die materie te veg. En daardeur word sy krag geoefen en steeds meer gesterk.
13. En so kan hy op die lange duur ook nog `n volkome oorwinnaar oor sy materie word en so die vryheid van die ewige lewe bereik, soos die stof van die klip mettertyd deur die in haar rustende en lydende swaarte saamgepers word en eindelik genoodsaak word om die swaarte in opgeloste toestand te verlaat, sodat hierdie krag dan weer vry word en één word met die algemene krag waaraan alle stof onderwerp is, wat alles ook met die wind die geval is, omdat die oorwonne tog uiteindelik weer die vroeëre oorwinnaar oorwin.”
|
|
|
|
|