`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 197

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die veroweringspolitiek van Japell, sy ministers en priesters. `n Glansryke sege deur listige priesters. Noag en syne bly die Heer trou. Japell se loon vir die priesters. Invoering van die kastestelsel

(5 Januarie 1844)

197 Japell se gees het baie gou ontdek dat daar op aarde nog baie volkstamme bestaan het wat nie aan hom ondergeskik was nie. Hy het daarop weldra met sy ministers en priesters beraadslaag oor die wyse waarop sulke volkere die maklikste onderwerp kon word.

2. Die ministers het die gebruik van militêre geweld aangeraai, maar die priesters het baie slu geadviseer dat mens afgesante moes stuur na sulke volkere.

3. Hulle moes vir sulke volkere oor die groot voordele van Hanoch gepredik het en dan langs vriendskaplike weg van elke volk afgesante hierheen stuur! “Hulle sal ons hier so vriendelik moontlik opneem, hulle al ons uitvindings en kunsprodukte toon, en as dit dan alles in hulle smaak val, sal ons hulle uitnooi en sê dat hulle hulleself by ons moet inlyf; dan word hulle, saam met ons, tot één volk en ook deelhebbers aan al ons voordele! “

4. Wanneer die afgesante van die volkere dan weer na hulle stam sal terugkeer en hulle van al die wonderbaarlike voordele van Hanoch vertel, dan sal daar sekerlik nêrens `n volk wees wat hom nie dadelik met ons sou wil verenig en ons opperheerskappy erken nie!

5. Dit sou slegs wenslik wees dat sulke gesante geen skadukante by ons ontdek nie! Dit bestaan nou grotendeels in vrye diefstal en in die roofreg. Die twee eienaardighede moet in die begin, ten aansien van vreemdes, heeltemal opgehef word, anders sal hulle al onderweg reeds afgeskrik word en sal dan omkeer en ons verwens!” 

6. Hierdie fynsinnige priesterlike raad het die koning goed geval, en hy het dit onmiddellik in praktyk gebring.

7. Binne `n kort tydjie was duisend afgesante met karavane in alle rigtings uitgestuur om alle verborge volkere op te soek ten einde die blye boodskap uit Hanoch aan hulle te verkondig.

8. Die maklikste was om die bewoners van die hoogte te vind, en wel as eerstes, die kinders van God, toe die Horadaliete en van daar af nog `n hele spul volkere.

9. Slegs die Sihiniete, die Meduhediete en die Kainiete, net soos die raadshere wat in Ohlad se tyd na Egipte getrek het, was nie gevind nie.

10. Deur die allervriendelikste hoflikheid en deur `n buitengewone welsprekendheid van die afgesante, wat merendeels suiwer duisendkunstenaars was en wat tegelykertyd deur middel van die mees uiteenlopende kunste indruk probeer maak het op die volkere wat hulle aangetref het, was al die stamme binne `n kort tydjie vir Hanoch gewen.

11. Selfs die kinders van die hoogte het hulle gewen, behalwe die huis van Lameg, wie egter juis gesterf het om en by die tyd toe Hanoch hierdie loflike gesante uitgestuur het. En so was slegs Noag met sy drie broers, vyf susters en sy vrou, wat `n dogter van Muthaël en Purista was, en met sy vyf kinders nog oor as die enigste wat hulle nie deur die apostels van Hanoch laat verblind het nie, maar die Heer volkome trou gebly het.

12. Japell was uitermate verheug oor hierdie oorwinning; en omdat die priesters hom sulke verstandige raad gegee het, het hy hulle die voorreg van die algehele vryheid gegee en daarbenewens die verpligtende versekering gegee dat hy en elke nakomeling van hom, hulle altyd volgens die verordening daarvan sou skik.

13. Nog in dieselfde jaar het die priesters die kaste ingevoer en die hele volk was in bepaalde klasse ingedeel, waarin elke mens op straf van die dood moes bly, solank hy hom nie deur geld kon vrygekoop het nie.

14. Daarna word daar `n kaste van slawe ingestel, genaamd “menslike lasdiere”, en `n militêre kaste, `n kaste van burgers, `n kaste van adel, een van kunstenaars, een van priesters ensovoort.

15. Die slawekaste was die talrykste. Waarom? Daaroor in die vervolg!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205