`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 173

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die oorleg van Ohlad met sy ministers. Die doeltreffende woorde van die minister president aan die nege-en-negentig raadshere

(29 November 1843)

173 Toe Ohlad die woorde van die woordvoerder van die nege-en-negentig raadshere gehoor het, het hy hom tot sy ministers gewend en hulle gevra wat daar met hierdie hardnekkige teenstander moes gebeur. Moes mens hom miskien met sy medestanders sonder die leer van die goddelike plig laat vertrek, of moes mens hom met geweld van vuur daartoe dwing om na die besondere welgemeende leer van die plig te luister?

2. En die tien ministers het eenstemmig gesê: “Jy weet dat waar die Heer geweld toepas, daar tegelyk ook sprake is van `n oordeel! Sou ons dit nou in Sy Naam doen, dan sou Hy ons sekerlik daartoe magtig! Maar ons is almal op geduld aangewese; daarom moet ons so lank geduld beoefen totdat die Vader ons `n ander wenk sal gee.

3. Gee iets goeds vir iets slegs, iets fyns vir iets grofs, heuning vir gal, olie vir asyn, goud vir sout, edelstene vir leem, en spoedig sal duidelik word wat daar met hierdie sterk teenstanders moet gebeur! Val hulle met hulle eie wapens aan, en jy sal hulle eerste en die maklikste oorwin!”

4. En Ohlad het gepraat: “Julle het gelyk, dit sou wel die veiligste weg wees, maar dan sou ek `n beter tong moet hê! In myself hoor ek wel baie helder en duidelik wat ek hierdie goed van die tongriem gesnede held moet antwoord, maar omdat ek nog so weinig oefening het om my innerlike gedagtes na buite uit te spreek, het ek ietwat moeite daarmee. Julle het reeds `n groot vaardigheid daarin verwerf; daarom vra ek jou, beste broer, om in my plek `n kragtige woord te spreek wat hierdie halsstarriges vas en seker binne die kortste tyd sal laat buig!”

5. En die woordvoerder van die tien het onmiddellik met Ohlad saamgestem, die woord geneem en dadelik die volgende woorde tot die nege-en-negentig gerig:

6. “Luister, magtige verteenwoordiger van jou kollegas! Waarom verset jy jou eintlik so baie daarteen om `n leer aan te neem van hulle wat, soos jy weet, deur God se gees Self in die tempel tot koning gesalf was?

7. Jy weet wel welke mag ons vanuit God besit, en ons is volkome daarvan oortuig dat jy jou teenoor ons in ewigheid nooit, met watter mag dan ook, sal kan staande hou nie, en ons hoef jou daarom ook nie in die minste te vrees nie; want die geweld en die tugroede het die Heer in ons hande gelê, en daarom kan julle ons selfs met die hulp van die hele wêreld niks aandoen nie!

8. Maar ons is gladnie van plan om julle, as ons broers, te tugtig nie, maar julle slegs `n leer op julle reis saam te gee, waardeur julle maar net buitengewoon gelukkig, maar nooit ongelukkig kan word nie. Dit waarborg ons ook by al ons deur God verleende mag.

9. Sê nou net, wil julle onder soortgelyke voorwaardes ook geen leer as lewensnorm van ons aanneem nie?”

10. En die woordvoerder van die nege-en-negentig het gesê: “Ja, onder dié voorwaarde sal ons, as julle vrye broers elke leer aanneem, maar deur gesanksioneerde wette laat ons onsself ook deur God Self nie tot slawe maak nie! Dan moet Hy ons eerder met die hele aarde laat verbrand!

11. En so is ons altyd bereid om `n goeie en wyse leer van julle af te verneem en ook aan te neem as dit ons geval!

12. En nou kan julle praat; maar let wel: Sonder voorwaarde!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205