`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die suiwer liefde en die handeingl uit liefde as vernaamste gebod. Die gevaar van die stede en die vrouens van die laagte.

28 Hulle hardloop mekaar tegemoet en dit het nie lank geduur nie, of hulle ontmoet mekaar met die magtigste liefde en vind daar `n wedersydse ontvangs plaas en al die volk wat hier aanwesig was, het die Heer van die heerlikheid `n groot liefdesoffer in hulle hart gebring.

2. Spoedig het die Heer Hom tot hulle almal gewend en gesê: “Luister, My kinders! Dit wat Ek julle nou sal meedeel, moet julle goed ter harte neem!

3. Tot nou toe het Ek julle geen gebod gegee nie, behalwe die hoogs sagmoedige van die liefde; moet Ek nou dalk `n nuwe vir julle gee by die ou gebod van alle gebooie?!

4. Luister, solank julle die gebod in julle harte vashou, sal geen ander gebod julle aan My en aan julle handelinge bind nie!

5. Want die suiwer liefde, en elke daad wat daaruit voortkom, is immers die mees waaragtige grondslag van alle geregtigheid. Wie die suiwer liefde van My in sy hart het, sal elke vorm van ongeregtigheid ewig onbekend bly.

6. Daarom het julle ook geen nuwe gebod nodig nie, omdat, soos gesê, die liefde die vernaamste gebod is, wat alle lewe en alle waarheid in haar het.

7. Maar juis vanweë hierdie liefde, wat nou tussen julle en in julle is, wil Ek, julle heilige, mees liefdevolle Vader, goeie raad hieraan toevoeg. Om die heilige liefde van My nou ook in julleself en onder mekaar te behou, moet julle die raad baie goed ter harte neem en dus ook in ag neem.

8. Dit sal egter nie moeilik wees nie, omdat julle dit baie maklik in ag kan neem. Luister daarom na My:

9. Die laagte is nou geopen; in geval dit nodig mag wees, kan julle afdaal na die kinders van Kain en die kan ook na julle toe kom, en julle kan julle nou weer oor die hele aarde versprei van die een einde na die ander.

10. Maar Ek wil nie graag sien dat iemand van julle hom in een stad in die laagte vestig nie, want in hierdie stede lê nog baie slangvuil wat af en toe vreeslik stink vir die neus van die gees en sy lewe besmet met `n giftige pestilensie.

11. As iemand egter die goeie vrugte van My erbarming nou in die laagte wil sien, dan kan hy daarheen gaan en My leiding bekyk; maar niemand moet hulle langer as hoogstens driemaal sewe dae in die laagte ophou nie, behalwe as dit oor `n uitdruklike opdrag van My gaan. Omgekeerd geld hierdie raad ook!

12. Henog en julle, kinders van die hoofstam, moet bepaal hoe lank hulle, wat uit die laagte na julle toe gekom het, mag bly en hulle streng daaraan hou.

13. En as iemand die wens mag uiter, om hom hier op die hoogte te vestig, dan moet dit altyd aan My gevra word!

14. Julle mag dit ook self aan die vreemdeling toestaan, maar dan moet julle toesien of julle daardeur geen adder aan julle bors gekoester het en geen slang op julle hoof geplaas het nie.

15. Wees dus verstandig in alles; dan sal aan julle geestelike en liggaamlike huishouding ewig nooit vernietigende skade toegebring word nie!

16. Netso moet julle julleself ook nooit met `n vrou uit die laagte verontreinig nie, al kom sy vir julle hoe aanloklik en bekoorlik voor, want dit sou elkeen van julle dadelik weer opnuut tot die grootste slaaf van die slang maak, omdat julle dan vrugte sou verwek wat hulle met die bloed van mense en die vlees van kinders sou voed.

17. Die vyand van die lewe het hom voorgeneem om sy vrouens in die laagte met die bekoorlikste vlees te tooi, om julle daardeur te verlei; daarom sê Ek dit vir julle vooruit, sodat julle weet om julle in alles te gedra, wanneer julle iets van die aard sou oorkom.

18. En as iemand van julle in nood is, laat hy hom dan tot My wend, dan sal Ek hom help.

19. Dit is die raad wat Ek julle vir julle eie tydelike en ewige beswil moet gee. Neem dit in ag, dan sal dit altyd met julle goed gaan!

20. Ek bly nou nog tot die aand toe sigbaar by julle; as iemand van julle die gevoel het dat dit hom aan die een of ander Lig ontbreek, laat hom kom en praat, sodat Ek die gebrek aan Lig binne `n kort tydjie ophef! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205