|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 252
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die tien vorste van die hoogland is ontset. Die bode plaas hulle voor die keuse. Die goddelose raad van die owerstes
(26 Maart 1844)
252 Toe die tien vorste van die hoogland dit van die bode van Noag gehoor het, het hulle hoogs verbaas gevra:
2. “Vriend, jou woorde klink baie verskriklik; jy verkondig immers die ondergang van die wêreld hier vir ons aan! Wat kan ons, wat moet ons doen om aan `n sodanige oordeel te ontkom? Waarvoor, dink jy, sal Noag die duisend stompe gebruik?”
3. En die bode het geantwoord: “Wat die eerste deel van julle vraag betref, weet ek baie goed dat julle die ou God ken Wie met die vaders gepraat het en Wie herhaalde male in Hanoch geleer het en die konings gesalf het, dit alles het Kinkar noukeurig in sy groot boeke opgeteken! Die boeke ken julle en julle het daardie een boek ook een keer heeltemal gelees toe julle die tempelwag vervul het.
4. Bowendien het julle duisend mondelingse oorlewerings van die bevryde slawe gehoor wat julle ooreenstemmende mededelings gelaat het oor wat hulle ook maar geweet het van hierdie enigste ware ou God en Heer van hemel en aarde; en bowendien weet julle netso goed soos ek wat hierdie God met ons wil en hoe ons moet lewe en wat ons plig is om te doen!
5. Tien jaar gelede het my voorganger julle tog al alles meegedeel wat julle moet doen! Dus sê ek: “Handel so, dan sal julle nie deur die oordeel van God besoek word nie!
6. Maar as julle julle nie daaraan gaan steur nie en die volk maar net onmenslike wette sal gee teen alle goddelike liefde en die ewige orde in, dan sal julle ook onvermydelik deur die oordeel getref word!
7. Dit is `n antwoord op die eerste deel van julle vraag; maar wat die tweede deel van julle vraag betref, het julle tog uit my woorde verneem dat God eers op die bepaalde tyd die gebruik van daardie hout aan Noag sal bekendmaak. Daarom kan ek julle daarvoor natuurlik geen ander opheldering gee nie. Nou weet julle alles!
8. Maar wanneer Noag God se aanwysing oor die gebruik van die hout sal ontvang, dan sal ek weer na julle toe kom en dit aan julle bekendmaak. Maar nou moet ek julle weer verlaat! Hou hierdie boodskap metterdaad in gedagte! Amen.”
9. Na hierdie woorde gaan die bode so vinnig weg, dat niemand gemerk het hoe en wanneer hy verdwyn het nie.
10. Toe het die tiental nagedink oor wat hulle moes doen. Maar hulle het nie tot ooreenstemming gekom nie; daarom het hulle `n groot vergadering byeengeroep en het die tyding van die bode bespreek.
11. Maar die owerstes het gesê: “Ons is van mening dat daar oor die ou God altyd onduidelikheid bestaan het en die politiek maar net onder allerlei vorms `n god uitgevind het.
12. Die ou towenaar op die hoogte het al sy volk verloor; hy wil weer graag `n magtige heerser word! Daarom gryp hy nou ook polities na sy towerfluit om ons angs aan te jaag; maar ons is nou te goed op hoogte, om ons op hierdie manier te laat beetkry!
13. Daarom bly ons by die eerste besluit, vaardig die wet uit, en dit doen ons sonder God en sonder Noag! En wat daardie vinnige verdwyn van die bode aanbetref, ons ken immers die towerkrag van die swaelkruid; as jy `n bietjie daarvan inneem, word jy onsigbaar! As ons daardie krui kan vind, dan kan ons dieselfde doen!”
14. Die verklaring van die owerstes het die tien goed gepas, en hulle het die wet uitgevaardig en het deur duisend kruiekenners na die swaelkruid laat soek.
|
|
|
|
|