`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 200

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die “arbeid” van die nuwe koning. Die onmenslike behandeling van die arme vreemdelinge in Hanoch

(10 Januarie 1844)

200 Maar die volk in Hanoch het die nuwe koning gladnie te siene gekry nie, want hy was onmiddellik onder goddelike verering in sy kasteel opgesluit en het daar niks anders te doen gehad as om die beste spyse te eet, te hoereer en om nou en dan hoogstens `n vreemdeling die doodstraf kwyt te skeld, wat hy ewenwel vir iemand van sy eie volk nooit moes gedoen het nie. Want die meeste het geweet wat daar met die koning aan die gang was.

2. Hoe het die kwytskelding van die doodstraf gebeur?

3. Die vreemdeling, wat volgens die nuwe wette reeds die doodstraf op sy hals gehaal het, omdat hy die stad Hanoch tot op duisend treë sonder geld genader het, was onmiddellik deur geregsdienaars gegryp en voor die streng forum van die priesters gebring, in wie se bors geen enkele greintjie liefde te vinde was nie.

4. Hulle het hom dan gevra waarom hy dit gewaag het om die heilige stad van God en van alle gode sonder geld te nader.

5. As die ongelukkige ondervraagde byvoorbeeld baie opreg beken het dat hy baie arm was en na hierdie groot stad gekom het om hier miskien ondersteuning te vind nie, dan het die priesters verklaar dat hy daardeur die doodstraf verdien het, maar dat dit van die goddelike heerser van hierdie stad, asook van die hele wêreld, afgehang het of hy hom die lewe sal skenk, al dan nie.

6. Daarop word hy deur middel van `n onderaardse gang, deur twee geregsdienaars en twee onderpriesters na die koning gebring. Voor die troon van die koning gekom, moes hy vooroor gaan lê en mog geen woord gesê het nie.

7. Die koning het dan reeds outomaties geweet wat hy by sulke geleenthede moes doen. Hy moes hom naamlik na `n rukkie van sy troon verhef, moes dan die armoedige driemaal vervloek, dan die stom smekeling driemaal vinnig en hard met sy linkervoet op sy kop trap, sodat die bloed uit die mond en neus van die smekeling gevloei het. En hierdie handeling was die gelukkige kwytskelding van die doodstraf.

8. Die aldus begenadigde word dan met sy bebloede gesig langs dieselfde weg weer voor die forum van die priesters gebring. Die priesters loof dan natuurlik net pro forma die groot goedheid van die almagtige heerser oor die hele wêreld en het dan aan die begenadigde gesê:

9. “Omdat jy, allerellendigste lasdier, van die groot almagtige heerser van hierdie stad, asook van die hele wêreld, so `n groot barmhartigheid ontvang het, is dit nou ook jou mees nougesette plig om hierdie heilige stad uit dankbaarheid vir drie volle jare as `n ware trek- en lasdier dien! Jy word daarom vir drie jaar verkoop aan iemand wat jou wil koop en die opbrengs is dan `n klein dankoffer vir die eindelose barmhartigheid wat die koning jou ten deel laat val het vir jou ontsettende snode daad!” 

10. Na hierdie troosryke woorde was bodes onmiddellik uitgestuur om kooplustige gegoede burgers te gaan haal. As hulle dan soos altyd gekom het, word die vreemdeling aan die hoogste bieër oorgedra en word dit vir hom duidelik gemaak hoe hy hom as lasdier moes gedra.

11. Die instruksie was dat so `n lasdier op straf van `n bloedige tugtiging, nooit `n woord mag gepraat het met sy gelykes, nóg met sy hoë besitter nie; verder mag hy nooit siek wees nie en gladnie sal kla as hy iets sou makeer nie; voorts moes die lasdier tevrede wees met die voer wat aan hom gegee word en moes hy onvermoeibaar met die arbeid besig wees; en as hy deur sy besitter by bepaalde geleenthede hoe erg dan ook getugtig was, dan mag hy hom desondanks, op straf van die dood na, nie daarteen verhef en nooit ook maar huil en kla nie; voorts mag hy ook geen kleding gedra het nie, maar moes altyd naak wees.

12. Na die uitspreek van die saggeaarde aanwysing, word die vreemdeling dan deur die koper in ontvangs geneem en dadelik in die stalle, waar dit gewemel het van rotte en die muise, tussen die ander lasdiere geplaas.

13. Dit was gewoonlik die geval met `n arme wat die stad genader het. Slegs `n ryke mag homself, na die toon van sy skatte, in die stad begewe het, maar hy moes baie op sy hoede wees om nie beroof en besteel te word nie.

14. As daar egter iemand uit nuuskierigheid gekom het om hierdie stad te sien en het hy te min geld of ander skatte gehad, dan word alles dadelik van hom afgeneem en hy word as spioen geslaan tot die dood daarop gevolg het, of as hy `n sterk mens was, sonder barmhartigheid en sonder verskoning as lasdier verkoop.

15. As `n arm meisie so betrap was, dan word sy onmiddellik as hoer aan die hoogste bieder verkoop en moes dan doen wat die koper gewens het; as sy egter geweier het, dan was sy met skerp `n roede daartoe gedwing.

16. So was dit in Hanoch en nie veel beter in die ander plekke en stede wat onder Hanoch gestaan het nie.

17. Hoe verder, daaroor in die vervolg!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205