`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 205

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die tien verkenners voor die raad van vyf duisend priesters en in die vuurproef

(17 Januarie 1844)

205 In die groot oop saal, wat in die vorm van `n amfiteater gebou was, was ongeveer vyfduisend eerste priesters byeen, wat verlangend van begeerte op die tien verkenners gewag het.

2. Toe hulle nou ook in skrikkerige afwagting oor wat daar sou gebeur, hierdie oop saal binne gekom het, was hulle dadelik deur die priesters omring en na `n onderaardse gang gebring waar `n groot vuur aan die einde gesien kon word.

3. Hulle was steeds nader aan die vuur gebring en vanaf `n sekere afstand het hulle ontdek hoe daar midde in die geweldige vlamme `n menigte kermende, rooigloeiende mense was.

4. Maar die vuur was slegs `n skynvuur, wat ongeveer gelyk het soos wat teenswoordig in die teaters tot stand gebring word deur middel van deursigtige, met vlamme beskilderde dun doeke wat deur `n wiel beweeg word; dit was hier in Hanoch slegs veel beter nagemaak, sodat niemand vanaf `n sekere afstand iets anders as `n volkome egte vuur gesien het, waar nie die minste hitte egter vanaf gekom het nie.

5. Toe ons tiental die helse spektakel gewaar geword het, het hulle `n merkwaardige gevoel gekry. Hulle sou graag wou gevra het: “Wat moet dit wees? Wie is dit wie daar so kerm?” -, maar hulle was dadelik by binnekoms baie dringend te verstane gegee om by alles wat hulle sou sien, te swyg, anders was dit met hulle gedaan.

6. Van die vuur was hulle deur `n ander gang weggelei en het baie spoedig by `n veertig vadem diep bekken gekom met `n omtrek van negentig vadem gehad wat van relings voorsien was.

7. Die priesters het hier met pik besmeerde strooibundels aan die brand gesteek en dit in die afgrond gewerp: Daardeur was dit verlig en het `n mens daar benede `n hele spul ongediertes, asook `n hoop afgeknaagde geraamtes gesien, wat `n mens weliswaar nie so presies kon onderskei dat mens kon vasstel of hulle van mense of van diere was nie. Dit was egter slegs van diere en wel van baie groot diere, want menslike geraamtes sou in `n diepte van veertig vadem nie goed gesien kon word nie.

8. Want hier was alles op bedrog en daardeur op die aanjaag van groot angs gerig. So was selfs die slange en die ander ongediertes slegs nagemaak en was meganies beweeg, want egtes sou nie goed sigbaar gewees het op so `n diepte nie, waar mens deur middel van `n geheime maar baie ruim wenteltrap kon kom om daar die meganisme van die slange, drake en krokodille te bedien.

9. Die kom was onder `n natuurlike grot aangelê, sodat die groot afmetings daardie afgrond nog groter laat lyk het.

10. Wanneer mens nou hierdie twee misleidende verskynsels oorweeg in verhouding tot die nuwelinge, dan sal dit nie moeilik te begryp wees welke ontsettende angs ons tien bodes oorval het, toe hulle teenaan die afgrond moes sweer om hulle sonder die geringste teenspraak te voeg na alle voorskrifte van die opperpriesters as hulle nie lewendig en wel in die hellevuur, of in die afgrond, gewerp wou word nie.

11. Die tiental het daarom wel uit angs met die mond gesweer, maar soveel grimmiger het hulle in hulle bors vervloek en vir hulleself gesê: “Nou nog maar net een keer na buite met ons en julle sal hierdie afgrond en hel self moet deurmaak!”

12. Na die eed was die tiental weer na die groot oop saal gebring en kry hulle die kleding van onderpriesters en eers daarna het die groot oorleg begin.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205