`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die Heer gee antwoord en wys op Sy inspannings om Satana te bekeer en vir Hom te win.

(20 April 1843)

21 Toe die Heer dit alles van Satana gehoor het, praat Hy vertoornd: “Jy praat die grootste onsin in die wêreld; watter vreeslike dwaasheid en ontsettende leuens kom daar uit jou mond?!

2. As dit so sou wees soos wat jy gesê het, sien, dan sou daar geen aarde bestaan en daar sou geen Adam op geloop het nie; geen son sou daar aan die uitspansel geskyn het nie, en geen maan en geen ander konstellasie sou voor die aangesig van die aarde die eindeloos wye skeppingsruimte getooi het nie!

3. Juis deurdat jy maar net jou toevlug neem tot arglistige beskuldigings en sodoende met elke woord lieg, bestaan daar één aarde en daarop één Adam, en die eindelose skeppingsruimte is vervul van My goddelike eer, liefde, erbarming en barmhartigheid!

4. Jy praat asof jy geen hart sou hê nie en sê dat Ek, deur Adam, jou hart afgeneem het, wat jy nou weer wil terughê; vertel My, jou Skepper, of jy leef of dat jy nie leef nie! Jy praat: “Heer, ek leef!”

5. Maar sou jy ook sonder hart kon lewe, wat tog in elke wese die grond van alle lewe moet wees, waarsonder geen lewe denkbaar is nie? Aanklaer, kan jy asemhaal, dink, voel en praat sonder die grondslag van die lewe in jou? Jy praat: ”Nee, o Heer!”

6. Goed, omdat dit sonder die enigste twyfel waar is, hoe staan dit dan met jou beskuldiging dat Ek jou van jou hart sou beroof het?

7. Sien, jy staan nou alweer stom voor My en weet niks om te sê wat waar sou wees nie! Ek sê jou egter dat jy altyd al `n leuenaar was en geen waarheid wil praat nie, ofskoon dit nooit van jou weerhou is nie!

8. Was jy nie eers deur My voorbestem om in die liggaam van Adam, wat deur My gevorm is, jou aard te verander nie?! Jy wou egter nie - geheel vry vanuit jouself - wat jou moes gehelp het, maar jy het daarna gestreef om `n vrou te word!

9. Ek het jou weldra vry laat word en het jou uit die liggaam van Adam laat ontstaan, één van vlees met hom, terwyl Ek Adam `n nuwe lewende siel ingeblaas het en hom so geestelik na My beeld geskep het.

10. Jy sou in Eva verander moes word en jou natuur van die dood en die oordeel oorwin, wat enkel en alleen deur eie toedoen so verkeerd geword het.

11. Maar jy het My erbarmingsaanbod versmaad, jou losgemaak en het dit as beter beskou om `n bedrieglike slang te wees, wat sonder geslagtelike onderskeid is en in haar haar giftige voortplantingsdrif berg, om jou voormalige vlees in bekoring te bring, daarna die deur My nuwe opgewekte Eva vir jou te win en deur haar ook vir Adam te verlei!

12. Sê My, het Ek deur Adam jou hart afgeneem?! Jy swyg nou onthuts, weliswaar uiterlik, maar Ek sien jou innerlike woede en die praat: “Ja, ek het Adam en Eva se hart as `n geheel in my! En desondanks wil ek U, God, nie hê nie, omdat ek U eiemagtig haat, omdat U my nie tot alleenheerser en tot almagspeler wil maak nie!” Sien, dit is jou woorde!

13. Jy dink verder dat Ek jou onmoontlik kan liefhê, omdat Ek jou nie gee waarna jy verlang nie.

14. Maar Ek sê vir jou: My bedoeling is die ewige instandhouding van alle dinge, en dit is die ewige werk van My liefde! Jy wil maar net alles verwoes; dan kan Ek jou inderdaad in ewigheid nie liefhê op die manier waarop jy, hoogs ydel, bemin wil wees nie!

15. Desondanks hou Ek van jou; want wat Ek tot nou toe gedoen het, het ek terwille van jou gedoen en die grootste sal Ek nog doen!

16. Sou jy dan egter nog My ewige liefde misken, dan sal daar ook aan My liefde tot jou `n ewige einde kom, en dan sal Ek jou toon waartoe `n toornige God alles in staat is!

17. Die vuur is My kernelement. Alle dinge is deur die mag van My vuur geskape; en juis in dié vuur sal jy dan gewerp word en dit skatpligtig aan jou maak as jy daartoe in staat sal wees!

18. Wanneer Ek die vlees van die mens laat afsterwe, sodat sy gees sal ingaan tot die lewe, dan is dit `n baie klein dood; maar jy sal in My vuur `n eindelose groot dood vind, en dan sal blyk hoeveel daar van jou nie gedood word in My vuur nie!

19. Wat is die afval van die vlees? Niks anders nie as `n verlossing van die gees, dus sy opstanding uit die dood tot die ware, volkome lewe!

20. Maar of jou groot dood en die afval van My in die vuur jou ook `n nuwe opstanding sal gee? Vir dié vraag vind Ek geen enkele antwoord in My nie; want Ek wil jou dan geheel aan jouself oorlaat en niks meer vir jou doen nie, en na ewighede sal dan blyk wat daar deur jou eiemagtigheid met jou gebeur het.

21. Maar selfs die dood van die vlees en sy pyn is nie My werk nie, maar jou werk!

22. Ek sal egter weet om Myne teen elke ongemak te beskerm en sal hulle die liggaam sodanig ontneem dat hulle ewig nie daaroor hoef te kla nie!

23. Selfs met die geskapene sal Ek weet om tussen My en hulle `n sodanige ewewig in te bring, dat uit die mense ware broers vir My sal groei; maar dit sal vir jou ook die laaste tyd wees!

24. En sodat jy kan sien dat Ek ook jou verderflike raad kan gebruik, kan jy My raad gee en Ek sal volgens jou raad handel sonder om My orde daardeur te versteur, sodat jy dan nooit sal kan sê dat Ek geen ag geslaan het op raad van `n ander nie, omdat Ek die enigste Heer is!

25. Praat dus, sodat ek jou heeltemal kan toon hoe Ek ewig ten bate van alle skepsele handel! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205