`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die leuen van die ewige tugtiging van Satana. Die vroulike skoonheid van die oergedaante van Satan. Die kruisdood van die Heer en die vryheidstermyn van Satan.

(15 April 1843)

18 Hierop het die Heer Hom weer tot Satana gewend en het gesê: “Satana, jy het gesê dat Ek vir jou slegs `n onversoenlike, almagtige God van toorn is en dat Ek jou voortdurend al gedurende ewighede tugtig en dit op `n onuitspreeklike, onbeskryflik gruwelike manier! Daarom gebied Ek jou nou om aan hierdie getuies te toon watter slae jy al van My gekry het!”

2. Nou kyk die groot hoer snaaks op en wis nie wat sy die Heer van die heerlikheid moes antwoord nie, want met die sogenaamde tugtiging was dit nie so eenvoudig gestel nie, deurdat die Heer haar nog nooit die bo alles magtige vryheid van wil ontneem het nie, maar dit laat behou het om magtig vry te werk in die oneindige skeppingsruimte.

3. Maar wat Satana as verskriklike tugtiging wou aandui, was niks anders as die feit dat die Heer haar voortdurend gehinder het by haar steeds slu beoogde vernietiging van alle dinge nie.

4. Waarom dan? Omdat Satana voortdurend van mening was dat as `n mens net alle vaste ondergrond van God weggeneem het en Hy geen steunpunt meer sou oorhê nie, dat Sy hele almag dan sinneloos sou wees en sy dan as aartsvyand, `n maklike spel sou hê om God te oorwin en haarself op die troon van die almag te werp en die voorheen Almagtige, maar nou verswakte, maar tog onvernietigbare God onder die pantoffel te bring, sodat Hy dan na die pype van die bose oorwinnaar sou moet dans.

5. Aangesien die Heer sulke kwaadwillige en liefdelose planne van ewigheid af deursien het en haar daarom altyd heeltemal onverwags daar ingetree het, waar die sluwe vyand Hom die minste sou verwag het, vermeerder sy voortdurend haar grimmige haat teen God en het haar daar in die nou bespreekte posisie gebring, om die Heer as die mees gruwelike tugtiger aan te dui.

6. Maar aangesien Satana, volgens hierdie voorlopige kennisgewing, niks het waarmee sy kon bewys dat die Heer van die heerlikheid so `n skuld teen haar het nie en daarom noodsaaklikerwys na die versoek van die Heer moes swyg, hoewel uit verborge woede wel `n bietjie tandeknersend, het die Heer haar wederom gevra: ”Waarom doen jy dan nie wat Ek jou gebied het nie, en toon jy die getuies nie die littekens van My ewige toorn in die teen jou begane tugtiging, sodat Ek daardeur bewus kan word van My groot skuld aan jou en jou dan skadeloos kan stel vir al die gruwelike onreg wat jy aangedoen is?!

8. Jy staan nog gekleed voor ons, en die getuies sien, behalwe jou hare, niks van jou wese nie; ontklee jou daarom en toon jou heeltemal, sodat die getuies kan sien hoe jy, ondanks al jou eindelose boosheid, tot nou toe deur My behou is!”

9. Nou het Satana skielik ontbloot voor die getuies gestaan, en almal beken met die grootste verwondering in die wêreld, dat hulle nog nooit so-iets eindeloos moois, volmaak, in alle dele afgerond en gesond en kragtig nog by `n vrou gesien het nie.

10. En Lameg voeg nog daaraan toe: “O Heer en Vader, daarmee vergelyk sy met ons Ghemela, Naëhme, Purista en Pura, wat U aangeneem het, en wat uiterlike skoonheid betref, soos `n lomp stukkie klei, teenoor die pragtigste, suiwerste diamant, wanneer sy deur die oggendson op sy mooiste belig word! En terwyl sy so lyk, praat dié wese oor die gruwelikste kastyding van U, o Heer, in al U ewige heiligheid, goedheid, liefde en groot erbarming?!”

11. En die Heer het gesê: “Ja, op die slae van Kisehel na, is sy nog nooit deur My getugtig nie, haar Skepper, God, Vader en Man, en tog haat sy My, die ewige, reinste liefde, en wil sy My hart doodmaak, omdat dit nie soos sy, `n verwoester wil wees nie!

12. Sy verkeer nog in die waan, om My tog eendag van My krag te beroof en My op te neem met My sewe magsgeeste, in plaas van om na My toe terug te keer en vir My ewig `n liewe dogter, `n liewe vrou te wees, wat van My uit magtig sal wees oor alles.

13. Alle sterre, sonne en wêrelde bewys wat Ek alles terwille van haar gedoen het, om haar op die regte pad te bring, maar tot nou toe het alles haar nie gebaat nie. Sy bly die ou, van grimmigheid vervulde, mees onversoenlike vyand van My liefde!

14. Daarom wil Ek nou op hierdie aarde die uiterste doen! Ek wil Myself deur haar laat gevange neem tot in die dood en wil haar op hierdie aarde alle mag laat behou, en alle sterre sal aan haar onderworpe wees!

15. Sy sal My ooreenkomstig haar wil selfs kan dood. Ek sal dan egter vanuit My mag, sonder uiterlike steunpunt, weer lewend en magtig opstaan en haar so al haar onmag en haar groot blindheid toon en sal haar dan eers die mag oor die sterre ontneem en haar slegs die halwe mag oor die aarde laat hou en sal haar dan nog `n hele, `n halwe en `n kwart periode gee!

16. Maar wee haar, wanneer dit alles haar nog nie sal baat nie: Eers dan sal Ek haar begin te tugtig!

17. Tot met My gevangeneming, as sy daarop aandring, sal sy die volle vryheid hê om te doen wat sy wil!

18. Dit sal haar wel goed doen as sy hierdie nuwe termyn goed sal benut! Maar wanneer sy volgens haar ou gramskap sal handel, dan sal sy ook daarin haar reeds lank welverdiende loon vind.

19. Maar hou dit vir julleself tot aan die tyd van haar skande! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205