`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 215

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die bewapening, opleiding en die onderrig van die slawe

(30 Januarie 1844)

215 Vir hierdie reeds heeltemal ontmensde slawe was die verskynsel onverklaarbaar, en hulle het nie geweet wat hulle te wagte gestaan het nie.

2. Die opperpriesters het egter tot die tien gepraat: “Nou is die eerste werk afgehandel! Alle slawe van die manlike en die vroulike geslag uit alle dele van ons ryk is vrygekoop. Ons groot paleise langs die muur van ons stad is vol slawe en hulle word daar versorg. Maar wat moet daar nou gebeur?”

3. En die tiental het gesê: “Gee ons nou vierduisend manne wat geoefen is in die hantering van die wapens! Met hulle sal ons daarheen gaan en begin om die vrygekoopte slawe mee te deel waarom hulle vrygekoop was. En ten tweede sal ons in elke paleis vier wapendeskundiges onderbring deur wie alle slawe van albei geslagte in die kortste moontlike tyd die gebruik van wapens volledig aangeleer sal word, en wel die manlike deel in die voer van die swaard en die vroulike deel in die voer van die ligte wapens; want sonder so `n opleiding is hulle nie te gebruik nie!”

4. Maar die opperpriesters het gesê: “Dit is alles goed en wel, maar waar kry ons dadelik soveel stomp wapens vandaan? Want om nou dadelik die nuwe skerp wapens uit ons groot arsenale daarvoor te neem, sou tog wel enigsins onverstandig, baie duur en selfs gevaarlik wees! Want hierdie kaste het `n ou wrok teen ons; as hulle nou dadelik skerp wapens in die hande kry, dan kan dit wel sleg met ons gaan!

5. Daarom moet hulle, na ons mening, eers met die gewone stomp wapens van hout en van strooi oefen; en as hulle weet om dit te hanteer en hulle verder ook die korrekte dissipline van `n vegter eie gemaak het, eers dan, meen ons, moet die korrekte wapens aan hulle toevertrou word! Dink julle nie ook so nie?”

6. En die tiental het gesê: “Te veel versigtigheid is net so sleg as te weinig! As julle aan `n uiteindelike wraak van hierdie mense dink, dan is daar glad geen wapens nodig vir `n menigte van meer as vier miljoen mense nie! Wanneer hulle teen ons in opstand kom, verdruk hulle ons slegs deur hulle gewig; en as die slawe dit van plan gehad het, dan het hulle ons al oorval!

7. Laat alles maar heeltemal onbesorg aan ons oor, en ons staan met ons lewe daarvoor in dat julle, na verloop van `n maand, alle slawe goed bewapen sal sien wegtrek, sonder dat daar ook maar een vlieg deur hulle gekrenk sal word!”

8. Na hierdie woorde het die opperpriesters ingestem met die dadelike uitreik van die skerp wapens en het aan die tien die vierduisend manne wat in wapens geoefen was, gegee.

9. Met hulle gaan die tiental reeds die volgende dag na die in gespanne afwagting verkerende slawe, wat nog nie geweet het, soos wat reeds aan die begin vermeld was, wat hulle met hierdie gebeurtenis (naamlik hulle vrykoop) te wagte gestaan het nie.

10. Die tien het hulle sodanig verdeel dat elkeen van hulle honderd paleise onder sy hoede geneem het, en nog op dieselfde dag het hulle die oefenmeesters ingedeel.

11. En toe die tien in die paleise die slawe by hulle laat kom het, was hulle onmiddellik bestorm met angstige vrae oor wat daar met hulle sou gebeur.

12. En die tien het oral gesê: “Wees geduldig; ons is julle redders en bevryders uit julle harde slawekettings!

13. Nou sal julle gedurende `n maand geoefen word in die hantering van die wapens en goed te ete kry; dan sal ons weggaan om `n groot volk te verslaan wat slegter is as alle duiwels, maar wat verder baie laf, dom en baie verwyfd is! Dan sal ons, terwyl ons nou die laastes is, die heersers wees in die wêreld! Eers wanneer julle heeltemal kundig is in die hantering van wapens, sal julle meer te hore kry!”

14. Dié berig het die slawe byna buite hulleself van vreugde gebring en die tien was welhaas deur hulle aanbid.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205