`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 365

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

In kort, die geskiedenis van Noag se familie tot by Abraham. Wenke oor die vernaamste doel van dié werk

(7 September 1844)

365 Gedurende Noag se lewe het die kinders van Gam hulle nog baie vermeerder, want Noag het na die sondvloed nog driehonderd-en-vyftig jaar geleef en sy totale leeftyd het negehonderd-en-vyftig jaar bedra.

2. Gam het `n seun gehad wat Kush geheet het, en hy het reeds die magtige jagter Nimrod verwek, wie die stad Babel gestig het. Hy was `n reus en het twaalf voet gemeet en was die grootste van die kinders van Kush, wie almal reusagtig groot was.

3. En omdat Nimrod baie magtig geword het in die aansien van die mense en desondanks so vroom was dat mens hom die jagter van God genoem het, het die nog lang tyd regskape lewende Gam gedink: “Hoe kan die kinders van God anders wees as die kinders van Kush, en Kanaän sal hulle dien?!”

4. Toe het daar weer `n bode uit Salem na Gam toe gekom, wat aan hom gesê het: “Waarom word jy ydel weens Nimrod? Kyk, nie met jou nie, maar met Sem en Jafet wil die Heer Sy kinders verwek, en hulle sal uit die stam van Sem voortkom en uit die dogters van Jafet! Daarom sal die kinders van God van Sem wees en voortkom uit Jafet!”

5. Toe Gam dit gehoor het, het hy bedroef geword; want daarin het hy die gevolg van Noag se vloek oor hom gesien.

6. Maar die bode het aan Gam gesê: “Die Heer van Salem is nie soos `n mens dat hy iemand dadelik vervloek nie; Slegs vanweë die goddelike orde, maar nie vanweë die vloek nie, kom die kinders van God nie uit jou voort nie.

7. Want ook al sou jy nie deur Noag in jou seun Kanaän vervloek gewees het nie, dan sou die kinders van God tog nie deur jou in die wêreld getree het nie, omdat jy nie die eersgeborene is nie! Sem is egter die eersgeborene, en Jafet die laasgeborene voor die vloed; daarom bly die heerlikheid by Sem, en Jafet as die jongste gee die dogters. 

8. Maar jy is die kneg van almal, volgens die orde van die Heer; en daarom staan jy die Heer ook nader as jou broers! En daarom onderskei die Heer jou stam ook deur krag, aantal, wysheid en manlike gedugtheid en laat Hy jou as eerste in die land woon waar Hy eers later Sy kinders sal binnelei!

9. Glo egter maar nie dat alle nakomelinge van Sem en Jafet kinders van God genoem sal word nie; o, beslis nie! Sien, ek het die stamregister van Sem; dit wil ek aan jou onthul, en jy sal aan die einde sien, wanneer en deur wie die kinders van God op wonderbaarlike wyse in die wêreld sal kom! Luister maar!

10. Sem het twee jaar na die sondvloed vir Arpagsad verwek soos jy vir Kanaän; maar jy het al dadelik in die eerste jaar die tweeling Kush en Misraim verwek en in die tweede jaar vir Put en Kanaän en wou bo jou broers uitstaan.

11. En kyk, dit was nie volkome in die oë van die Heer nie! Daarom het die Heer Hom tot Sem en Jafet gewend, omdat hulle die laastes was, en het eers vir Arpagsad aan Sem gegee, na jou vierde seun, en het hom al in die liggaam van sy moeder geseën.

12. Aan Arpagsad het Hy vir Salah gegee; aan Salah Heber; aan Heber Peleg; aan Peleg Regu, wat vanda gebore is; maar aan Regu sal Hy Serug gee; aan hom sal Hy Nahor gee; aan hierdie Terah; en eers uit hom sal Abraham en sy broers Nahor en Haran voortkom!

13. En sien, Abraham sal eers tot die eintlike vader van die kinders van God beroep word.

14. Jy sal egter, net soos Noag, nog vir Abraham self sien, en van Noag af sal alle lewende geslagte hom seën, en jy sal jou seën nie aan hom weerhou nie!

15. Tot nou toe het daar 131 jaar na die sondvloed verstryk, en Abraham sal in die jaar 229 na die vloed gebore word; dus sal jy saam met Noag, wie van nou af aan nog 219 jaar en in totaal 350 jaar na die vloed sal lewe, die vader van die kinders van God nog baie goed leer ken, aangesien jy van nou af aan, nog meer as 300 jaar sal lewe!

16. Sien, so het die Heer dit bepaal en dit is alles goed; laat dit jou daarom welgeval, dan sal jy by God ewig dieselfde aandeel hê! Amen.

17. Daarop het die bode vir Gam, wat in Sidon geleef het, verlaat. Gam was met dié berig tevrede en het sy selfsug, met betrekking tot die mag van sy nakomelinge, heeltemal laat vaar.

18. En dit was My huishouding tot by Abraham, soos wat in die begin van dié werk gesê en voorsien was!

19. Daar sou weliswaar nog baie van Noag tot aan Abraham genoem kan word; maar aangesien Moses reeds uitvoerig daaroor verslag gegee het en daaruit elkeen wie in die wetenskap van die ooreenstemmings geoefen is, al die kleinighede kan vind, word die alreeds baie uitgebreide werk daarmee afgesluit! 

20. Geseënd is elkeen wat die wet van die liefde, wat deur dié werk straal, as basis van sy lewe sal maak; want daarin sal hy dan ook die ware, ewige lewe vind!

21. Wie dit egter maar net sal lees soos `n ander sprokiesagtige geskiedenisboek, die sal vir sy gees `n baie maer oes verkry!

22. En wie dié werk sal bespot en vervolg, die sal sekerlik nie aan die tydelike en ewige dood ontkom nie, want Ek sal hom onverwags gryp, wanneer hy dit op sy minste sal verwag!

23. Wat die openbaarmaking van dié werk betref, dit sal wel op die korrekte tyd deur My instruksie gerig word, aan die een of die ander van hulle wat vooraf deel sal hê aan die nuwe lewendmaking van hulle gees.

24. Daarmee is aan julle, al My liewe vriende en kinders, My ryklike seën, My Vaderliefde en My volle barmhartigheid gegee! Wandel getrou en onverskrokke op hierdie weë van die lewe, en Ek, julle aller Heer, Vader en God, sal julle aan My hand in My huis inlei; en daar sal van niemand `n haar gekrenk word nie!

25. Amen, Amen, Amen. Deo gratias! Einde van dié werk!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205