|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 12
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Adam se verontskuldiging en sy dwase versoek aan die Heer om die verwyt en die dreiging van die oordeel terug te neem. Die gedenkwaardige antwoord van die Heer.
(8 April 1843)
12 Na `n taamlike lang onderbreking vermaan Adam homself en gaan na die Heer toe en het met diepe eerbied aan Hom gesê: “O Heer, allerliefdevolste, heilige Vader van ons almal, sien, vir sover ek vir almal, soos vir myself, kan praat, het ons U nog altyd bemin, geloof en hooggeprys, dit kan tog volstrek nie ontken word nie.
2. Ons het weliswaar nie na U toe geloop soos die so pas dankbare, liewe Ghemela gedoen het nie, maar dit het ons tenminste gedoen, volgens my gevoel, nie omdat ons U heilige-groot barmhartigheid en erbarming ten aansien van ons nie, of tog te min waardeer nie, maar slegs uit die grootste moontlike eerbied, agting en liefde tot U.
3. Want ons sien en voel heeltemal wie U is! En dit kan die meisies, weens hulle geaardheid, tog onmoontlik insien. Daarom moet hulle U ook meer uiterlik benader, omdat hulle tot `n geleidelike, innerlike geestelike toenadering tot U, ten minste veel minder in staat is as die man.
4. As ek dit dus alles goed oorweeg en U bomatig hewige verwyt aan ons almal, met uitsondering van Henog, daarby beskou, dan was dit wel ietwat te erg, werklik heel openlik gesê!
5. Ek praat soos ek dit voel, en wat ek voel moet vir my so lank waar wees as `n ander gevoel my nie daarvan sal oortuig dat ek nie die waarheid praat nie!
6. U is God, die Almagtige van die ewigheid vanuit Uself, ek egter maar `n tydelike swak skepsel van U heilige, bo alles magtige wil. Maar soos wat U as my Skepper verlang om met my te praat, praat ek ook openlik met U, soos U my ook vry en oop geskape het; en daarom sê ek U ook oop en vry: Skepper, Vader, hierdie keer het U ons, U arme kinders, met U verwyt te veel gesê; die helfte daarvan sou genoeg gewees het om ons dood te druk!
7. Daarom vra ek U, neem die verwyt weer terug, sodat ons U weer as die mees liefdevolle Vader kan liefhê; want in U groot gestrengheid kan niemand U liefhê nie, soos U ons dit op die hoogte alles geleer het.
8. Maar as ek aan een van my kinders sou sê: “Luister, jou nikswerd kind! As jy my nie bo alles sal liefhê en ek ook maar die allergeringste gebrek aan jou grootste moontlike liefde sou merk, dan sal ek jou dadelik doodmaak, dan sou dit tog wel baie vreemd wees om te vra: “Hoe sal die kind, wat ek so bedreig het, in staat wees om my as vader lief te hê?”
9. O God, Skepper en Vader, neem daarom ook U dreiging terug, sodat ons U in ons hart vry volgens ons kinderlike gevoel kan bemin, maar U nie moet liefhê uit angs vir U groot bedreiging nie!
10. Dreig nie en beloof niks, maar laat U net as Vader genoeg vir ons wees en daarby ook die lewe vanuit U, sodat ons as ewig lewende kinders, vir U as die ewige heilige Vader ook steeds meer kan bemin!
11. Dit staan U wel sekerlik vry om te doen wat U wil, want U alleen is die Heer God Sebaot en hoef niemand om raad te vra nie.
12. U het die lewe; in U is geen dood nie, en niemand kan U ooit in der ewigheid die absoluut vrye, almagtigste, wondersaligste lewe ontneem nie.
13. Nooit in ewigheid druk `n skoen by U nie; maar so is dit nie met ons, U skepsele nie! Ons hang met elke asemteug van U af en is so eindeloos swak ten opsigte van U, dat net `n streng blik van U, ons almal kan vernietig.
14. U is nie in staat om pyn te voel nie; maar ons is deur U so ingerig dat ons deur onuitspreeklike pyne, ja deur die dood, deur die vernietiging self oorval kan word! En desondanks wil ons U graag bo alles bemin, selfs nog in groot pyn!
15. Maar as U ons wil doodmaak of selfs al doodgemaak het, dan kan ons U onmoontlik liefhê nie; want wie kan U in U toorn of selfs in die dood liefhê?!”
16. Hierop wend die Heer Hom tot Adam en het aan hom gesê: “Jy praat hier soos `n mens met My, jou Skepper, en daaraan doen jy goed; want deur jou word My meesterlik geslaagde werk hiermee bewys, dat jy vry vanuit jouself so met My kan praat.
17. Maar ware kinders egter, wie hulle Vader geheel ken en weet hoe eindeloos goed Hy is, die praat dan ook weer heel anders met Hom; want hulle hou van Hom en daarom het hulle ook geen vrees vir Hom nie, maar hulle doen soos wat hierdie dogters gedoen het en nog doen.
18. As die Vader egter Sy kinders onder bedreiging wil dwing om Hom lief te hê, soos wat jy self deur `n voorbeeld toegelig het, dan sou Hy alles behalwe `n vader wees!
19. Maar wanneer Ek as die enigste ware Vader sien dat `n kinderagtige dwase vrees nog in julle vir My skuil, dan weet Ek goed hoe Ek dit moet aanpak om dit uit julle te kry, dit wil sê, om uit julle, nog steeds vir `n groot deel skepsele, die geskapene na buite te bring en julle tot ware kinders te omvorm!
20. Wanneer jy dit nou `n bietjie in ag neem, dan sal jy tog ook goed insien dat Ek as die Skepper en Vader, hoewel vir Myself geen skoen druk nie, tog goed kan sien waar die skoen by julle druk, om julle te help waar dit vir julle almal die meeste nodig is en dat Ek daarvoor ook sekerlik die beste middele sal kies!
21. Laat daarom van jou eis iets val en hou van My; dan sal jy immers goed merk of Ek met die dood, of sonder die dood, vir die liefde van My kinders vra!
22. Want sien, jou eis aan My is juis die omgekeerde van Myne aan julle! Oorweeg dit nou en praat eers! Dan
23. Maar Ek weet wat Ek as Skepper en wat as Vader moet sê en wat Ek te doen het. Neem goeie kennis daarvan! Amen.”
|
|
|
|
|