`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Uranion vra aan die Heer of Hy deur die mense beledig kan word. Die bevestigende antwoord van God, die Heer.

(11 April 1843)

14 Na hierdie woorde van die Heer het almal die Vader gedank vir dié groot Lig, want behalwe Uranion, begryp almal nou volledig hoe verhewe die plek is wat `n mens inneem in die onmeetlike skeppingsreeks van die tallose wesens en dinge.

2. Maar, soos gesê, die ou vader van die môre was op één punt nog nie so heeltemal op hoogte nie. Daarom het hy dan ook in die grootste deemoed na die Vader toe gekom en Hom toestemming gevra om nog een vraag te mag stel oor `n punt wat vir hom nog ietwat duister was.

3. Die Heer gee hom ook dadelik waarvoor hy gevra het, en wel met die volgende woorde: “Ek het uit wyse liefde gewil dat dit terwille van almal vir jou verborge sou bly; daarom mag jy nou ook, terwille van almal, so vra asof Ek nog nie weet wat dit is waaroor jy My vra nie!”

4. Na hierdie toestemming het Uranion dan ook dadelik gevra wat hom nou nog nader aan die hart gelê het, omdat die Heer voorsien het dat dit vir almal ten goede sou wees.

5. En die vraag het gelui: “O Heer, liefdevolle Vader van alle mense! As die mens dus maar net kan sondig teen die orde wat U in die skepping gelê het, indien hy nie streng leef volgens U welbekende heilige wil nie, en dus volgens sy eie dwase wil en derhalwe eintlik slegs sondig teen die skepping en teen homself. Hoe is dit dan moontlik om U te beledig en U heilige, liefdevolle hart te krenk?

6. Want indien die mens in die geoordeelde skepping van die wesens en die dinge sy onvermydelike oordeel vind, dus sy straf, dan kom dit vir my voor dat U geen aandag meer skenk aan dit wat mens gedoen het en dan kan U dus ook nie meer deur `n dwase, eiesinnige, ongehoorsame kind beledig of gekrenk word nie.

7. Dus, waaroor dit hoofsaaklik gaan, is die vraag of U, o Vader, deur die mens beledig kan word of nie. O Vader, laat vir ons nog `n vonkie van U barmhartigheid en liefdeslig daaroor skyn! U heilige wil geskied!”

8. En die Heer antwoord Uranion: “Jy het weliswaar `n regte vraag gestel, maar tog lê daar agter jou vraag nie soveel diep verborge soos wat jy dink nie, en ook soveel ander met jou.

9. Sien, ook jy is `n vader en het kinders verwek, en jy het in jou huishouding baie nuttige en geskikte dinge gemaak, wat volgens jou goeie plan doelmatig gebruik moet word!

10. Maar hoe neem jy dit op as een van jou kinders, iets wat jy vir `n bepaalde nuttige doel gemaak het, heeltemal verkeerd gebruik en dit daardeur selfs beskadig of heeltemal verniel word, of jou kinders waardeer die goeie dinge nie heeltemal nie en vind dit maar dom en lagwekkend oorbodig en sou smaal oor jou en jou voorsiening en dit selfs vererg met hulle voete vertrap, of as jou kinders jou terwille van `n ding wat jy slegs vir hulle beswil uit groot liefde beskikbaar gestel het, selfs vervloek en jou vermy soos die pes, sê My as vader van jou kinders, hoe sal jy `n soortgelyke gedrag van hulle kant opneem, ofskoon hulle streng geneem, hulle nie teen jou nie, maar slegs teen jou dinge vergryp het?

11. O, jy sou sulke kinders selfs goed wil vervloek!

12. Wat moet Ek dus as die heilige Vader aan jou sê as jy jou op `n onordelike, eiesinnige wyse aan My heilige, ewige orde vergryp en My daarby geheel vergeet?!

13. Daarom kan dit vir My tog ook onmoontlik onverskillig wees of julle sus of so handel!

14. Ek kan dus deur julle ook baie goed beledig word; maar dan is dit aan julle om julle skuld in te sien en weer na My terug te keer, waarby Ek dan ook beter is as julle mense, omdat Ek in daardie geval niemand verwerp nie, maar alles in werking stel om die verdwaalde weer op die korrekte weg te bring en elkeen dadelik weer opneem wanneer hy maar na My toe wil terugkom.

15. Sien, so staan die sake. Bly daarom almal in My liefde, dan sal julle julleself nie besondig aan die dinge wat Ek vir julle geskape het nie!

16. Maar nou het Kisehel nog iets op sy hart. Laat hom daarom kom en hom van sy las ontdoen by My, die Vader! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205