`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 202

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die tien geredde verspieders keer terug na Hanoch, hulle verhoor deur die priesters en hulle sluwe reisverslag

202 En toe hierdie tien vlugtelinge die stad Hanoch in die laagte genader het, het hulle dadelik, soos gewoonlik, `n hele troep geregsdienaars en wapenknegte tegemoetgekom om te vra waar hulle vandaan gekom het, wat hulle van plan was en hoeveel skatte hulle gehad het.

2. Die tien het egter gesê: “Ons is gesante van hierdie stad en kom van die ontdekkingsreis terug wat ons ongeveer vyf jaar gelede moes onderneem. Ons het `n belangrike ontdekking gedoen wat ons aan die priesters moet meedeel; laat ons daarom ongehinderd verder gaan as julle nie môre as lasdiere verkoop wil word nie!

3. Soos julle sien, is ons tien kamele met groot skatte belaai; daarom sou julle goed daaraan doen as julle ons van hier tot by die priesters `n veilige begeleiding gee! Want wat die kamele dra, is vir die priesters, en ons dra ons eie goud self in die sakke van ons kleed. Gaan daarom heen en beskerm ons teen rowers en diewe, dan sal julle, ten opsigte van die magtige priesters, deur ons geprys word!”

4. Na hierdie woorde was die geregsdienaars en die wapenknegte sagter gestem en het die tien verkenners na die priesters begelei.

5. Maar toe die tiental by die priesters aangekom het, begin `n streng ondersoek dadelik, wat eerstens bestaan het uit die keuring van die skatte wat hulle op die rûe van die kamele bevind het.

6. Eers toe die skatte as volwaardig aangeneem was, moes die bodes hulle sakke laat ondersoek om te sien of hulle wel soveel besit het, dat dit hulle teen die slawestand kon behoed.

7. Nou het dit geblyk dat hulle driemaal meer gehad het as wat nodig was om hulle te vrywaar teen die slawestand. Daarom moes hulle tweederdes afgegee het, want daar het intussen `n wet gekom wat voorgeskryf het dat elke klein burger nie meer goud mag gehad het as wat nodig was om hom teen die slawestand te bewaar nie. Aangesien hierdie bodes ook uit die kleinburgerlike stand gekom het, was die wet ook van toepassing op hulle.

8. Eers na die ondersoek was hulle gevra wat se ontdekking hulle gedoen het. 

9. En een van die tien, wat `n goeie spreker was en nie onervare in die politiek nie, het geantwoord:

10. “Grootmagtige dienaars van alle gode en getroue hoeders van die boeke van Kinkar! Ons het lande gesien waar goue berge is; maar geen siel bewoon hulle nie. Maar dit is nog die minste!

11. Ons het riviere en strome gevind waarin wyn, melk en heuning gestroom het, en het bosse gevind waarin gebraaide appels groei! Maar dit is ook nog nie die belangrikste nie!

12. Want ons het ook die weg wat na die sterre lei gevind, en daar sulke eindelose mooi jong vrouens gevind dat hoor en sien daarby vergaan het! Maar ook dit is nog nie die meeste nie!

13. Ons het ook in die omgewing van die weg na die sterre sulke verskriklik reusagtige groot mense gevind, wat indien daar maar een van hulle hierheen sou kom, hy met één tree ons stad met die grootste gemak sou verpletter! Maar dit is nog nie die meeste nie!

14. Luister! Nouliks `n kort dagreis hiervandaan, woon `n oeroue man op `n berg! Alles daaromheen is al lankal aan ons onderwerp, net nie die huis en die volk van hierdie man nie! Nog nooit het hy `n stuiwer aan ons betaal nie!

15. Ons het hom gevind en hom gedwing om die lank agtergehoue belasting te betaal.

16. Maar o wee! Hierdie man is beslis `n god! Toe ons aan ons eis vashou, het hy sy hand opgehef en dadelik was ons getref deur duisend bliksems wat man en muis neergeslaan het! Toe het hy op die aarde gestamp en sy het haarself geopen en almal verslind wat gedood was, asook hulle kamele en skatte van onmeetlike waarde.

17. Maar ons het op die vlug geslaan en die verskriklike man het ons agterna geskreeu: “Vertel dit aan die duiwels in die laagte!”

18. Hoogs grootmagtige dienaars van alle gode! Dit is ons verslag van begin tot end; doen daarmee wat u wil, maar laat ons huistoe gaan!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205