`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 103

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Muthaël in gesprek met Lameg. Lameg se wyse woorde oor wat belediging in wese is. Muthaël, met Lameg versoen, vra vir sy raad

(25 Augustus 1843)

103 Maar toe Muthaël weer na Lameg wou teruggaan en hom wou vra om sy fout te vergewe, was Lameg hom voor en het aan hom gesê:

2. “Muthaël, ek lees in jou oë waarom jy na my toe wil kom, maar sien, dit kan ek om `n drievoudige rede nie aanneem nie:

3. Die eerste rede is, dat jy my nie in die minste beledig het nie! En hoe sou jy dit ook kan, omdat ek immers, net soos jy, die liefde van die Vader in my hart dra!

4. Die tweede rede is, dat `n God toegewyde mens egter nooit iets van sy broers as `n belediging moet opneem nie! Want agter elke belediging, ten aansien van die wie beledig sowel as van diegene wie beledig word, skuil `n eweredige groot mate van hoogmoed. En hoe hoogmoed by die Heer aangeskrewe staan, dit, allerbeste broer, weet jy verseker nog baie kere beter as ek!

5. En die derde rede is, dat ek in jou die belofte van die Heer in wonderbaarlike volheid sien en daaragter in groot golwe en eindelose breë stroom van God se onvoorstelbare groot erbarming!

6. Wanneer die Heer egter iemand met sulke beloftes vervul het, hoe sou dit dan moontlik wees dat `n gewekte mens soos wat ek een is deur eindelose barmhartigheid en erbarming van God, hom werklik laat beledig?!

7. Ek sien egter wat jy my nou wil sê, en antwoord jou dadelik: Broer, dalk het jy my woorde ietwat verkeerd opgeneem, want dat ek op jou enigsins merkwaardige vraag `n antwoord gegee het, sodat dit mag voorkom dat jy my beledig het, dit het `n ander rede!

8. Ek het met my antwoord maar net opsetlik die indruk gegee, omdat ek in jou werklik `n verderflike soort hoogmoed ontdek het, wat naas die heilige belofte in jou werklik geen goeie indruk maak nie.

9. Ek wou jou dus wel `n bietjie verdeemoedig, maar nie om myself nie, maar terwille van jou, uit ware, opregte broederliefde!

10. En sien nou, op hierdie wyse was dit vir jou selfs onmoontlik om my te beledig! Want die vonkie van God se liefde in my het al daarvoor gesorg dat my hart nou deur niemand meer beledig en verbitter kan word nie, en soos gesê, deur jou wel die allerminste, omdat jy juis die een is met wie ek my liefdes- en vriendskapsband die meeste sou wil verstewig!

11. Ek hou buitengewoon baie van jou, my heerlike broer Muthaël! Wil jy my, `n nakomeling van Kain, ook met liefde opneem?”

12. Hierop het Muthaël sy arms uitgesprei en gesê: “Kom hier, broer Lameg, en verneem aan my bors die volle versekering dat ek jou met die hele gloed van my hart liefhet! Want voorwaar, voorheen sou ek enigiets geglo het, behalwe dat ek in jou so `n heerlike mens en broer sou kon vind! Maar nou het ek jou herken en het jy vir my dierbaarder geword as my eie lewe; wees daarom verseker daarvan dat ek jou liefhet en nooit sal ophou om jou lief te hê soos `n dierbare broer nie!

13. Omdat ek jou, o my broer, nou op so `n goeie wyse leer ken het, moet jy volgens die wil van Henog ook my raadsman wees, en my verhouding met Purista, die suiwer dienaarss van die Heer, goed duidelik maak en my sê waar ek nou eintlik met haar staan! Moet ek die belofte slegs geestelik, of daarbenewens ook in die wêreld vervulbaar voorstel, of moet ek alles maar net as die op die proef stel van my gees, van die kant van die Heer beskou?

14. Ja, broer, ek sien, jy sal vir my `n ware lig in hierdie saak verskaf! Die Heer sy daarom met jou gees!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205