`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 301

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Fungar-Hellan se voorskrifte aan Drohuit. Agla se goeie woorde aan haar vader

(13 Junie 1844)

301 Toe Agla op hierdie wyse bevry was, het Gurat na Fungar-Hellan gegaan en hom gevra of dieselfde met Drohuit moes gebeur as hy sy lewe sou verbeter, soos wat Agla beterskap getoon het.

2. Maar Fungar-Hellan het baie beslis gesê: “Nee, Drohuit sal in elk geval solank in sy hok bly totdat ek, of as ek tydens die veldtog die dood mag vind, my opvolger weer sal terugkom!

3. Maar jy sal hom aan niks laat ontbreek nie; hy moet te ete kry wat hy maar begeer, en ook te drinke!

4. Wil hy een van sy vrouens by hom in die hok hê, dan kan dit ook aan hom toegestaan word, maar slegs onder die streng voorwaarde dat hy ten eerste met die by hom synde vrou oor niks anders praat nie as wat mens gewoonlik aan die vrouens op die bed tydens die byslaap praat; of as hy oor beter sake wil praat, dan kan hy met sy beter vrouens oor die ou, ware God praat van wie hy, net soos ons almal, al baie lank gelede jammerlik verwyderd geraak het!

5. Tydens die byslaap, en trouens altyd as daar een van sy vrouens by hom is, moet hy te alle tye baie streng bewaak en afgeluister word! En aangesien Agla nou vry is, kan Drohuit in hierdie saal bly.

6. Maar ek sê vir jou dat jy alles wat hy in sy hok sal doen, presies vir my sal opskryf, sodat ek my daarvolgens kan rig in die toekomstige beskikking oor sy wel en wee! As hy dalk selfs boeke uit ons groot boekery wil lees, dan moet hy ook in daardie opsig tevrede gestel word!

7. Nou het jy ook vir Drohuit die gepaste en korrekte instruksie! As jy dit noukeurig in ag neem, dan sal jy goed sorg vir hom, vir jouself en vir ons almal; en dit is seker ook die wil van die enigste ware God!”

8. En Mahal het gesê: “Amen, dit is juis en volkome regverdig; laat dit daarby bly!”

9. Toe Gurat dit gehoor het, was hy bly, want Drohuit was immers die man wat hom deur sy lis, die kroon so goed as seker, reeds van sy hoof afgeruk het. Hy het daarom gesweer om ook alles noukeurig uit te voer.

10. Om haar op die proef te stel, het Mahal ook heimlik aan Agla gevra of sy dit met die behandeling vir Drohuit eens was.

11. Maar Agla het gesê: “O vader, waarom beproef jy jou bo alles versoekte, ongelukkige, arme dogter nog verder? Is ek dan nog nie ongelukkig genoeg nie, sowel in die wêreld asook in my siel? In die wêreld is ek die mees veragte en meer as alle slange gevreesde en in my siel, ten opsigte van God, die mees verworpene, omdat die bloed van my broer voortdurend voor God om wraak aan my siel roep!

12. O beproef my nie meer nie, want ongelukkiger as wat ek is, was daar nog nooit `n mens op hierdie aarde gewees nie! Al het julle my ook alles vergewe, my broer wat ek laat dood het, sal my egter nooit vergewe nie; en God sal ook nie so `n daad van my vergewe nie! Daarom is ek so eindeloos ongelukkig! O vader, beproef my, die mees ellendige, daarom nie meer nie!”

13. Hierdie woorde van Agla het `n groot beroering veroorsaak, en Mahal self het berou gehad dat hy so `n vraag aan Agla gestel het. Daarom het almal haar nou begin troos en te versterk en te laaf.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205