`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 225

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die verslag van die dertig afgesante aan die priesters van Hanoch en die gevolg daarvan

(14 Februarie 1844)

225 Die een wat in die hoogland by die tien agtergebly het, vertel toe aan die tiental, na die vertrek van sy dertig kollegas, natuurlik alles wat die opperpriesters teen hulle wou onderneem en hoe hulle voorgenome vriendskap dus gesien moes word.

2. Die tien het dit ook geweet en behoorlik gewaardeer en het hulle vroeëre kameraad en belangrikste kollega geprys.

3. Maar toe die dertig getroue onderpriesters weer met die belaaide kamele teruggekom het in die laagte, het die opperpriesters dadelik gevra: “Wel, het julle dalk ook geskenke ontvang? Hoe gaan dit met Gurat (die een onderpriester)? Waar is hy?”

4. En die onderpriesters het gesê: “O almagtige dienaars van die gode! Van alles, maar dan ook van alles is juis die volslae teendeel die geval! Die tien het nog nie eers na julle goud, silwer en edelstene gekyk nie; hulle het ons dadelik op die mees smadelike wyse afgewys en ons het daarom alle geskenke weer onaangetas teruggebring!

5. Maar wat Gurat betref, daar was nog nooit `n meer verfynde bedrieër as hy nie! In ons aanwesigheid het hy julle wil wel baie presies oorgebring, maar daarby het hy `n gebaretaal gebruik wat presies die teendeel uitgedruk het, van alles wat hy hardop met die mond voorgedra het! Eers na dié hoogs verdoemenswaardige dubbelsinnige optrede, het die tien ons toe die volgende mees skandelike en onder alle verdoemenis verwerplikste antwoord gegee: 

6. Hulle neem die bloedige goud, wat deur allerlei leuens, bedrog en dwang van die arme mense sou afgepers wees, beslis nie aan nie, want hulle was tog al in die besit van goue berge (wat egter ook waar is) en het daarom van die deur God geseënde goud `n groot oorvloed. Daarom het hulle glad geen goud aangeneem waaraan die bloed van die arme mensdom gekleef het nie!

7. En hulle wou ook julle vriendskap beslis nie aanneem nie, behalwe in die geval dat julle sou ophou om opperpriesters te wees en julle die bode van die hoogte tot enigste opperpriester en alleenheersende koning oor alle ryke van Hanoch sou aanstel; en julle sou die gewoonste burgers moet word, of wat die nuwe, alleenheersende koning ook maar van julle sou wil maak!

8. Hulle het julle ook aangeraai om hulle ryk hoogland op geen enkele manier te nader nie, as julle heelhuids daarvan wil afkom!

9. Nou is ons klaar; dit is die getroue weergawe van alles wat ons tot ons ontsettende ergernis van die tiental moes aanhoor!”

10. Hierop het die opperpriesters begin om hulle op die bors te slaan en hulle het by alle gode gesweer dat hulle nou alle kragte sou aanwend om hulle op die mees verskriklikste manier op die tien te wreek.

11. Drie dae lank het hulle die aarde daarop vervloek, wat sulke monsters gedra het; daarna het hulle sewe dae lank die son vervloek, wat ook op sulke monsters skyn; toe het hulle netso die lug, die water, die vuur, vervloek omdat dit nie onmiddellik sulke uitvaagsels van die aarde vernietig het nie. `n Hele maand het verloop onder suiwer vervloekings.

12. Daarna was die bode van die hoogte van sy opperpriesterkleed beroof en in die openbaar met roede gegesel en toe met `n bloeiende rug die stad uitgedryf en eers daar gestenig, en wel omdat hy gesê het dat die opperpriesters op die raad van die tien moes ingaan.

13. Die opperpriesters het selfs `n gebod uitgevaardig, dat elke onderdaan die tiental elke dag `n uur lank moes vervloek en verwens.

14. En tegelykertyd het hulle die grootste beloning uitgeloof aan hulle wat `n duiwelse middel kon bedink om die tien in die hoogland op die afskuwelikste manier te straf.

15. Hieruit is reeds duidelik af te lei dat die oordeel in hierdie tyd vlak voor die deur gestaan het. Uit die vervolg sal nog beter dinge vir die hel tevoorskyn kom.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205