`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 73

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Zuriël bewys dat ook die gees pyn ken

(7 Julie 1843)

73 Nouliks het die Heer dit uitgespreek of Zuriël het reeds stralend in die tempel voor die klein sittende geselskap gestaan, buig tot op die grond voor die Heer en het toe aan Hom gesê:

2. “O Heer, groot God, mees liefdevolle, heilige Vader en almagtige Skepper van alle geeste en mense uit die ou geeste van U oerhemele wat ewig was, net soos U ewig was bo alle hemele van die hemele in die ewig ontoeganklike heiligdom van U Lig!

3. U het my allergenadigs geroep deur U eindelose Vaderlike mildheid; so mog dan ook U heilige liefde my te kenne gee welke soet werk van die liefde my te wagte staan!”

4. En die Heer het gesê: “Zuriël, ek ken jou ou getrouheid! En kyk, hier aan My sy sit Lameg, wie jy ken; sodat hy egter `n werklike broer sal word, moet jy vir hom die geestelike gedeelte van sy vraag beantwoord, naamlik of die volmaakte lewe ook in die suiwerste gees gevoelig is vir pyn, al dan nie! Sien, dit is die rede waarom Ek jou geroep het; laat jou broer daarom sien hoe dit by die geeste is! Amen.”

5. Nouliks het die Heer dit gepraat of Zuriël het sy hand uitgestrek, dit op Lameg se bors gelê en aan hom gesê:

6. “Broer, tree volgens die heilige wil van die Heer vir `n kort tydjie uit jou brose woonhuis en ervaar werklik hoe dit is, waaroor jy so `n stellige mening het!”

7. Skaars het Lameg hierdie woorde gehoor, of sy liggaam het ineengesak asof hy sterf, maar sy gees het wit glansend voor Zuriël gestaan.

8. En Zuriël het sy hand geneem en dit vinnig stewig gedruk.

9. Lameg het in sy gees `n kreet geslaak en luid geroep: “Maar om Gods wil, wat doen jy met my?! Jy knyp my hand fyn en besorg my ontsettende pyn!”

10. Zuriël het nou Lameg se hand gelos en aan hom gesê: “Broer, jy is nou in die gees, want sien, jou woning rus daar onmagtig by die trappies van die altaar! Hoe kon jy egter van pyn uitskreeu, terwyl jy tog voorheen wou beweer dat mens in die suiwer gees nie in staat was om pyn te ly nie?”

11. En daarop het Lameg vir Zuriël geantwoord: “O broer, jy is `n harde leermeester! Hoewel ervaring die beste leermeester is, sou ek werklik ook op `n ietwat minder pynlike manier wou begryp het dat mens in die gees nog onbeskryflik veel gevoeliger is as in die liggaam!

12. Nee, vir so `n les bedank ek graag vir die hele verdere toekoms, want my hand brand nog asof ek hom in gloeiende yster hou! O Heer, neem tog my pyn weg, anders word ek wanhopig!”

13. Maar Zuriël het oor die hand van Lameg geblaas en sy pyn was weg, en hy het hom weer met sy volle bewussyn in sy liggaam bevind.

14. Daarop het die Heer aan Lameg gevra wat hy nou dink van die gevoeligheid van die gees.

15. En Lameg het geantwoord: “O Heer, presies die teenoorgestelde van wat ek vroeër gedink het!”

16. En die Heer het geantwoord: “Dit is meer as genoeg! As gewaarwording alleen by die lewe aangetref word, dan moet sy immers ook die hewigste wees waar die lewe in sy oorspronklike volheid verenig is! Origens sou al in die uitdrukking “`n gevoellose gees” die grootste teenspraak skuil!

17. Maar laat ons dit aan Zuriël oorlaat om iets van naderby daaroor bekend te maak, want daarom is hy hier! Praat daarom, Zuriël! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205