|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 217
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die vierduisend oefenmeesters van die opperpriesters word afgedank. Die twis van die tien leëraanvoerders met die opperpriesters. Die uittog van die enorme leër met tweehonderdduisend kamele en agthonderdduisend esels
(3 Februarie 1844)
217 Daarop was die voormalige slawe nog drie maande lank geoefen en hulle het daardeur `n groot bedrewenheid in die hantering van wapens bereik.
2. Toe die tien nou gesien het dat die slawe net so goed kon omgaan met die wapens as die vierduisend oefenmeesters self, het hulle hul ontslaan en het uit die slawe self kapteins en owerstes aangestel en so die hele groot leër georganiseer.
3. Maar die opperpriesters was dit nie heeltemal daarmee eens dat die tiental hulle vertroude vierduisend man afgedank het nie; hulle het daarom die tiental gevra waarom hulle dit gedoen het.
4. En die tien het geantwoord: “Omdat ons nie met die mense wat julle hier by julle leër nodig het, die wye wêreld wil intrek wat teen ons planne sou wees nie!
5. Bowendien het die vierduisend man ook nie die korrekte ingesteldheid nie en is te veel aan die goeie lewe gewoond; dit alles pas nie by ons onderneming nie.
6. Daarom het ons hulle dan ook afgedank en weer teruggestuur na julle leër. Ons glo om daarmee korrek te gehandel het, soos wat ons dit nog altyd gedoen het; maar as julle ook weer daaraan aanstoot gaan neem, doen dit dan anders!
7. Gee ons self `n plan waarvolgens ons moet handel, en die gevolge sal julle dan wel leer welke vrugte julle plan sal oplewer! Het julle nie ook volgens julle eie insig vyf jaar gelede saam met ons verspieders na alle kante uitgestuur nie?! Waarom kom hulle dan nie meer terug om julle skatte te bring soos ons nie? Omdat hulle geen liefde en trou vir julle het nie!
8. Maar ons, wie julle ondanks alle teenslae, nog altyd die grootste trou bewys het, hoef ons maar te roer en dadelik vind julle weer `n nuwe rede om ons te verdink! As ons tien nog één keer `n soortgelyke stap van julle kant verneem, dan laat ons alles in die steek, en dan kan julle doen wat julle wil!”
9. Dié antwoord het die opperpriesters baie gesteek, en hulle het nie geweet hoe hulle hulle daarvoor moes wreek nie, want hulle durf verder niks meer sê nie, omdat hulle bang was om die verowering van die goue berge te verloor.
10. Maar so `n antwoord moes tog gestraf word! Maar hoe? Daaroor beraadslaag die opperpriesters gedurende drie dae. Maar dit het nie gelei tot `n resultaat nie, want alles kon op `n belediging van die tiental uitdraai en daardeur ook op die verlies van die goue berge. En so moes die opperpriesters ten slotte die antwoord sluk, of hulle dit wou of nie!
11. Hulle het egter gesê: “Maar dit word hulle nie vergewe nie; uitstel is geen afstel nie! Wanneer hulle van die onderneming terugkeer, sal ons hulle `n bietjie die hel daarvoor laat proe!”
12. Maar dit word die tien deur `n goed bevriende onderpriester verraai en die tiental het aan mekaar gesê: “Laat ons hierdie saak los vir wat sy is en haar negeer! Maar môre volg die aankondiging dat ons oormôre met die hele strydmag sal opbreek, en dan sal spoedig blyk wie van ons eerste die hel sal smaak!”
13. Die volgende dag word die bekendmaking gedoen waarmee die opperpriesters dit heeltemal eens was, en reeds om middernag op die derde dag begin die uittog en het geduur tot die aand, want byna vier en `n half miljoen mense vorm `n lang stoet, veral wanneer mens nog daarby dink aan die tweehonderdduisend kamele en viermaal soveel esels, wat, net soos die kamele, daarvoor bestem was om allerlei gereedskap en eetware te dra.
|
|
|
|
|