`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die Heer met Purista, Ghemela, Pura en Naëhme in die hut van Purista. Die vrae en vermoedens van die buite staande nuuskieriges. Henog se diepgeestelike verklarende woorde tot die twyfelaars en kleinsielige pruttelaars

(28 Maart 1843)

2. Toe die Heer met die viertal naby Henog gekom het, het Hy in die verbygaan aan hom gesê: “Henog, berei almal voor en lei hulle dan na My in die hut in; die vrouens sal egter slegs tot by die drumpel van die deur gaan en die hut nie betree, solank as wat Ek daar sal wees nie, uitgesonder Eva en hulle hier, wie Ek die hut binnelei! Amen.”

2. Hierop het die Heer met Sy vier geliefde dogtertjies die hut binnegegaan en met hulle gepraat totdat die hele geselskap binnegekom het, en het hulle allerlei goddelike genadevolle gawes onthul en hulle die groot weë getoon wat Hy bewandel het om die lewe na Sy kinders en na al die ander wesens te bring; ook het Hy die hoë bestemming van die mense aanskoulik onthul, maar ook die bose moontlike ingrypings van Satan.

3. So het die Heer in die hut gedoen; maar hoe het dit met Henog daarbuite gegaan?

4. Eerstens het Hored en Lameg na hom toe gekom en aan hom gevra: “Vader Henog, kan jy ons ook vertel wie die man tog is wat nou heel welgemoed heeltemal alleen met die vier vroulike wesens, naamlik met ons vrouens en met Purista en die mooi Pura, die hut binnegegaan het, terwyl dit in stryd is met die reël wat die Heer ons gegee het? Want daar moet iets buitengewoon in hierdie man skuil; en omdat hy met jou praat soos met iemand wat hy alreeds lankal goed ken, sal jy hom tog sekerlik ken?!

5. As die verheerliking van Sehel geen gesigsbedrog was nie, dan behoort hy beslis tot `n hoër wêreld, en sodoende sou dit vir ons baie wenslik gewees het om meer oor hom te hoor!

6. Ons het ook al gedink dat dit die Heer Self was, maar dit stem nie ooreen met die uitspraak van Purista, aan wie die Heer geopenbaar het dat Hy, as ons almal in die hut byeen sou wees en Hom daar in die diepste rus van ons gemoed sou verwag, dan dadelik goed herkenbaar tot ons sou kom om ons almal mee te deel wat daar alles in die laagte voorgeval het.

7. Hierdie man het egter nie volgens die openbaring gekom nie, maar heeltemal vry, en terwyl ons onsself in die hut voorberei het op die Heer, het hy hier buite met die vrouens maar net `n ietwat ergerlike vertoning gegee en het, tot sy sigbare genoeë, juis die vier mooistes uitgesoek!

8. Hierdie vier is weliswaar die suiwerste vroulike sterre wat nou op die hoogte aanwesig is, en ons kan vreemd genoeg nie kwaad word vir hulle nie, hoewel hulle hartstogtelik verlief blyk te wees op hierdie man, maar hieruit volg tog nog nie dat dit die Heer is nie!

9. Want die Heer is immers getrou aan Sy beloftes; daarom kan Hy tog ook nie anders verskyn as wat Hy ons almal deur Purista laat aankondig het nie! Vertel ons daarom, liewe vader Henog, wie hierdie man dus is en waar hy vandaan kom!”

10. En so het die ander ook na Henog gegaan en hom dieselfde gevra.

11. Maar Adam het nog `n ander mening gehad; hy het daarom ook met `n baie betekenisvolle blik gesê: “Henog! Vir my kom die man ietwat verdag voor, want die skouspel met die andersins sedige en baie eersame vrouens, lyk gladnie vir my of dit klop nie!

12. Die vernietiging, of eintlik die volledig tot niet maak van Set se seun, kan mens ook opneem soos mens wil, want die Heer kan dit eerder toegelaat het dat die vyand van die Lig dit `n tyd lank gedoen het om ons vinnig te beproef!

13. Jy skyn die man weliswaar te ken, maar dit is nog nie genoeg om my gerus te stel nie, omdat ek hom self nog nie ken nie; maar ek het al my vingers baie gebrand en ek is by sulke verskynsels dan ook baie op my hoede vir vuur!

14. Gee ons daarom nadere opheldering oor die man en sorg dat ons in die hut kom, anders sal die Heer nog lank op Hom laat wag!

15. Hierdie man kan tog in alle reeds genoemde opsigte netso min die Heer wees as een van ons dit sou kan wees! Want as hy dit was, sou Purista tog eintlik beloon gewees het! Dit moet jy tog insien, net so goed as wat ons dit insien!

16. Dat die vier so gesteld is op hierdie man, bewys nie so veel nie! Want vrouens is ligsinnig en almal blind; en as daar één is wat tien jaar lank gebid het en daar kom in die elfde jaar `n sterk versoeking op haar af, dan werp sy haar vol oorgawe in die arms van die verleier! Want ook die vrou is vry en kan doen wat sy wil.

17. Vertel dus wat jy weet; maar maak dit nie te lank nie, sodat ons vinnig in die hut kan kom, omdat die Heer ons verwag en daardeur die man die geleentheid ontneem om met die vier jong duifies te doen wat hy wil! Ons moet trouens nie so lou in goddelike sake wees nie, anders sal die wêreld geen duisend jaar of langer meer bestaan soos wat sy deur my altyd groot ywer vir God tot nou toe bestaan het nie!”

18. Eers nou het Henog aan die woord gekom en gesê: “Luister julle almal, my liewe vaders, broers en kinders! Julle het wel julle tong en die gedagtes van julle siel vinnig aan die werk gesit, maar julle hart het heeltemal werkloos gebly!

19. Julle lyk almal of julle my sabbatstoespraak vanuit die Heer vergeet het, as julle nie die belofte aan Purista begryp nie!

20. Wat is die hut van Purista, waarin ons die Heer altyd moet verwag? Luister, ons hart is die hut van Purista, en die vuur daarin is ons lewende liefde tot God!

21. Wie van julle het julle tot nou toe in hierdie hut begewe, en wie het sy broers in hierdie hut opgeneem om die laaste en die minste onder hulle te wil wees?

22. Geen enkele vrou, behalwe Eva en Purista mog die hut betree het nie! Dit wil sê: Wanneer ons ons in die liefde tot God bevind en in ons hart rus, dan moet ons nie aan die vrouens dink en nie die liefde tot God vertroebel met die liefde vir die vrouens nie, behalwe met die moederliefde en die kinderlike liefde, welke liefde die liefde tot God egter nie vertroebel nie, maar slegs laat sien hoe ons God behoort lief te hê! Begryp julle dit?

23. Ons was wel in die hut van Purista met ons liggaam, maar ons hart was by die vrouens en het hulle afgevra: Waarom mag alle vrouens dan nie in die hut nie? Dit is dan ook geen wonder dat die vrouens ons daardie skouspel te siene gegee het en ons ten slotte selfs uit die hut verdryf het nie! Begryp julle dit?

24. Maar aangesien die Heer eindeloos veel barmhartiger en getrouer is as ons, het Hy, op grond van Sy belofte, tog na ons toe gekom; maar Hy het, soos wat dit daar in ons hart lyk, gekom. Vroue was daar in ons hart; daarom het Hy ook na die vrouens toe gekom en hulle opgeneem, omdat ons onsself nie in die hut van Purista bevind het nie! Begryp julle dit?

25. Die vier vrouens wat die Heer in suiwer liefde liefhet, het Hom tot ons grootste skande in die ware lewende hut van Purista verwag; daarom het Hy ook allereers na hulle toe gekom, en terwyl ons nog ons los tonge gesleep het, geniet hulle reeds allersaligs hoe Sy barmhartigheid, erbarming en liefde waarlik oor hulle gekom het! Begryp julle dit?

26. Nog steeds weet julle niks oor die laagte nie; maar die Heer laat aan hierdie vier vrouens al lankal Sy wonderbaarlikste weë en leiding duidelik sien! Begryp julle dit?

27. Julle vra nog steeds: Wie is die man? Maar hierdie vier suiwer vrouens lê al lankal in Sy arms en verheug hulle in die heilige, mees liefdevolle Vader! Begryp julle dit?

28. Ek sê egter nie aan julle dat die Man die Vader is nie, maar gaan in julle hart na Hom toe, dan sal julle insien wie die Man is! Begryp julle dit?

29. Ja, nou moet julle dit begryp, as julle nie so blind is soos die sentrum van die aarde nie! Ek is uitgespraat; handel daarvolgens, en word bewus van julle groot blindheid in die Naam van die Heer! Amen.”

30. Nou eers het alle oë wyd oopgegaan en hulle het nou gesien, terwyl hulle hulleself op hulle bors geslaan het, hoe laat dit was.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205