`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 221

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die vrugtelose beraad van die wraaklustige opperpriesters oor `n aanval op die hooglanders

(9 Februarie 1844)

221 Daar het `n jaar van suiwer beraadslagings verloop by die opperpriesters in Hanoch oor hoe hulle die verraaiers in die hoogland sou aanval; maar elke voorstel was met sulke onoorwinlike probleme verbind, dat dit onvermydelik as totaal onuitvoerbaar beskou moes word, tot welke insig die nuwe benoemde opperpriester wel die meeste bygedra het. Want waar en hoe die verbitterde opperpriesters ookal gedink het om die verraaiers in die hoogland aan te val, het die nuwe opperpriester hulle die absolute onmoontlikheid van die uitvoering van hulle planne getoon.

2. Maar die opperpriesters het by hom aangedring dat hy vir hulle `n plan moes gee wat wel uitvoerbaar was as wraak teen die allerskandelikste verraaiers.

3. Maar die nuwe opperpriester het gesê: “Die korrekte weg het ek julle vanaf die begin gewys; dit is die enigste moontlike. As julle dié weg wil bewandel, dan sal die groot skatte van die hooglanders julle ten goede kom langs die weg van die vriendskap; maar as julle dit beslis nie wil nie, dan sal julle nooit in staat wees om meer van hierdie verraaiers te kry as van die maan aan die uitspansel nie!

4. Watter sin het julle woede nou, julle boosheid, julle toorn, julle roep om wraak, wanneer die nugter verstand moet sê: “Dit is alles verniet en vergeefs! Net so min as wat ons iets van die maan kan afbyt, al het ons hoe `n geweldige woedehonger, kan ons ook niks van die verraaiers afknyp nie.

5. Maar as julle dit gladnie van my wil aanneem nie, gaan dan daarheen en laat julle deur `n bloedige les teregwys! Wanneer julle eenmaal so `n paar honderdduisend van julle beste krygers verslaan voor julle sien, dan sal daar by julle ongetwyfeld `n ander Lig opgaan!”

6. Die opperpriesters het nou feitelik nie meer geweet wat hulle moes onderneem het nie.

7. Een van hulle, `n origens baie fyn kalant, het gesê: “Weet julle wat? Die tien spitsboewe het ons enkel en alleen deur hulle haarfyn berekende listigheid om die bos gelei! Hoe sou dit wees as ons nou ook net dieselfde wapen sou gebruik?

8. Dit sou tog meer as gek wees as daar in die hele Hanoch nie ten minste één geslepe kêrel te vinde sou wees wat die tien hoofbeplanners nie in gemeenheid en skalksheid sou oortref nie.

9. Laat ons daarom `n gebod uitvaardig as oproep aan alle hoogs geslepe skelms, dat hulle almal hier sal byeenkom en laat ons die beste daaruit soek! Hom belowe ons dan `n groot beloning, as hy die tien op die hoogte kan oortroef, en dan kan slaag!”

10. Die nuwe opperpriester het egter gesê: “Ja, nou het julle die beste idee gevind wat tot julle volledige ondergang sal lei! Laat die boewe van Hanoch maar `n soortgelyke swakte van julle sien, dan sal hulle baie makliker as wat julle dink, aan die beloning kom!

11. Dink julle dat hulle hul lewe sal waag vir julle? Juis die omgekeerde: Hulle sal julle aan die neus lei en dan hulle voordeel gryp! Ook al gaan daar een van hulle na die tiental toe, dan sal hy nie so dwaas wees om na julle toe terug te kom as hy `n beter onthaal by hulle gevind het nie, en hy sal dan bowendien nog `n tweede maal verraad teen julle pleeg!

12. Doen nou wat julle wil, ek is uitgepraat; van nou af aan sal die ervaring julle raadgewer wees!”

13. Hier het geeneen van die opperpriesters ook maar iets op te sê gehad nie en hulle het nie geweet wat hulle moes doen nie. Hulle het daarna uiteengegaan, maar op die derde dag was daar tog weer `n groot vergadering byeengeroep.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205