`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 131

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die reiniging van die hoogte. Lameg se woorde tot die tienduisend vrouens wat na die laagte wou trek. Lameg en Muthaël se verdriet en Noag se woorde van troos

(2 Oktober 1843)

131 Gedurende hierdie tyd het die hoogte homself redelik gereinig, want almal wat ook maar enigsins verkeerde neigings gehad het, het geleidelik na die laagte getrek.

2. Veral die manlike geslag was steeds meer aangetrek deur die laagte, vanweë die mooi vrouens; en wie eenmaal die soetheid van die vrouens in die laagte geproe het, het nie meer teruggekom na die hoogte, na sy broers en susters nie, maar het baie behaaglik in die skoot van die vrouens in die laagte gebly sit.

3. Daarom was die hoogte - soos gesê - in die tyd dan ook taamlik gereinig en het daardeur geen berig ontvang van alle ontwikkelings wat in die kort tyd van goed vyftig jaar in die laagte plaasgevind het nie.

4. Wel het Lameg en Muthaël reëlmatig met mekaar gepraat oor hoe dit daar in die laagte sou gaan, maar hulle kon vir mekaar geen duidelikheid daaroor verskaf nie.

5. Want die Heer wou nie praat oor die toestand van die laagte nie. Bodes wat Muthaël op verkenning na die laagte uitgestuur het, het nooit teruggekom nie, want hulle het tot nou toe in die laagte altyd `n baie gasvrye ontvangs en te veel genoegdoenings gekry, sodat hulle nooit weer die behoefte gevoel het om na die harde en ysige hoogte terug te keer nie.

6. En so kon Lameg, nóg Noag, wat in die tyd ook al `n man van ruim tagtig jaar was, net so min as Muthaël, iets van die laagte te wete kom.

7. Lameg het nou meer as tienduisend vrouens byeengeroep, wat sonder manne op die hoogte geleef het en hulle heimlik voorgeneem het om hulle manne na die laagte te volg, en het met `n magtige stem aan hulle gesê:

8. “Wat wil julle nou doen? Wil julle julleself ook deur Satan in sy nette laat verstrik?

9. Die Heer het egter met my gepraat en gesê:”Lameg, hou diegene wat My vergeet het, nie aan nie, want in die laagte sal hulle die loon vir hulle trou ontvang! Laat elkeen handel soos hy wil, maar Ek is die Heer en sal volgens My wil handel!”

10. Luister dus, vrouens, dit het die Heer aan my oor julle gesê; daarom sal ek julle nie teëhou nie! Wie hier wil bly uit liefde tot God die mag bly, maar die wat wil wegtrek, moet maar gaan!

11. Of hulle so maklik sou terugkeer as wat hulle weggetrek het, sal die vervolg duidelik en treurig genoeg toon!”

12. Toe die vrouens dit gehoor het, begin hulle te juig, en het weggegaan om etes te gaan haal en begewe hulle na die laagte.

13. Toe het Muthaël met Lameg gepraat: “Daar het ons dit nou! Die woorde wat hulle op die hoogte moes gehou het, het hulle slegs die laagte ingedryf! As dit so aangaan, sal ons spoedig heeltemal alleen op die hoogte wees!”

14. Lameg het baie bedroef geword oor hierdie opmerking;

15. En daarom het Noag aan Muthaël gesê “As dit so is, dan is dit so; die Heer kyk slegs na Syne en nie na die vreemdes nie! In die begin het Hy tog ook nie meer as één paar geskape nie en die aarde is nou vol mense! Sien, as ons, wie in Hom bly, tog nog altyd meer as één paar is, dan is ek daarvan oortuig dat die hoogte wel weer sal vol word!”

16. Hiermee was Muthaël en Lameg dit eens, en hulle het van toe af nie veel meer oor die laagte nagedink nie, maar slegs oor hoe hulle God steeds meer kon liefhê.

17. En die Heer het hulle toe meermale besoek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205