`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die sigbaar word van die geeste Abel, Sehel en Zuriël. Set en Sehel. - Adam en Abel in gesprek.

(5 April 1843)

9 Alle vaders het hulle buitengewoon daaroor verheug. Adam en Eva het na Abel en Set na Sehel en Ghemela na Zuriël gehardloop en hulle het gepraat oor dinge van die gees en oor die volkome en geheel en al vrye en sodoende ook allersaligste lewe van die gees.

2. En Set het aan Sehel gevra: “Seun, wat het jou oorgekom toe die Heer jou van hierdie wêreld weggeneem het?”

3. En Sehel antwoord Set: “Lewe is in jou, lewe in jou vraag! In die asem was ek; `n bewing deurhuiwer die eter, die songordel het geskeur, en vry het ek daar gestaan, `n lewe in die oneindige.

4. As `n lig deurdring ek die heelal, en die Lig neem die wese van die wesens aan en dit word `n nuwe bestaan, en `n nuwe lewe sien jy in die nuwe Lig, en die Vader was alom die bron van alle Lig en alle lewe van die Lig uit die lewe.

5. En nou is ek `n volkome eenheid en leef `n vry en ewige, magtige lewe vol Lig vanuit die lewe van alle lewe in God.

6. Sien, vader Set, so was dit, so is dit, en so sal dit ewig wees en bly, aangesien elke volgende sekonde `n meer volkome lewe asem as die voorgaande!

7. Glo, vader Set, wat jy nou sien en hoor, is geen gesigsbedrog en geen misleiding van jou gehoor nie, maar dit is alles die naakte waarheid en die volste werklikheid; maar wat jy in die uiterlike wêreld sien, is slegs die bas van die boom, is die huls om die waarheid en is, ten opsigte van die werklikheid, grond waar die bodem deur `n digte mis en swart wolke bedek is.

8. “Maar daar”, hier wys Sehel na die Heer, “o vader Set, is die Lewe van die lewe en die Lig van die Lig, geheel en al!

9. Luister na Sy woord; dit is die grond van al wat is! Uit Sy woord is ek en jy, en alle wesens stam uit die woord van die Vader.

10. As Hy hier praat, dan ontstaan uit elk van Sy woorde werklike vervullings van eindelose diepte, en legio nuwe sonne en wêrelde begin hulle eerste ewige omloop te baan.

11. Luister daarom wat die Vader gesê het en onthou Sy woord in jou, en julle almal sal ondervind dat elkeen wat die woord van die Vader in hom het, ook die ewige lewe in hom het!

12. Want Sy woord is wesenlik en die klank van Sy woorde is die grond van alle dinge.

13. Aan Hom daarom ewig alle eer, alle lof, alle prysinge en alle liefde! Amen.”

14. Hierdie woorde van Sehel het `n groot uitwerking op die hele geselskap, en almal loof en prys die Vader van die lewe, dat Hy so `n hoë Wysheid aan die engele gee en so `n mag in Sy barmhartigheid.

15. Nou het Adam aan Abel gevra: “My geliefde en lank betreurde seun, is jy ook tot sulke woorde in staat, wat so pas soos `n magtige stroom uit Sehel se mond gevloei het?”

16. En Abel antwoord Adam: “Vader van die aarde van die mense! Nóg Sehel nóg ek, maar alles in alles is God, die ewige, heilige Vader; want ons woord is Sy woord, soos Sy heilige wil altyd ons s`n is!

17. Want vir die gees bestaan daar geen ander woord as slegs die woord van die Vader nie, soos daar geen lewe is as slegs die lewe van die Vader nie.

18. Wie vanuit God leef, praat ook vanuit God; en so sal elkeen wat vanuit God leef ook vanuit God, woorde van die lewe verkondig!

19. Maar as iemand hom verhef en sê: “Ek het alles op eie grond verwerf!”, hy is `n leuenaar soos die ou draak, wie die groot erbarming van die Vader tot syne maak en sê: “Ek is heer oor die Heer en ek kan Hom verslaan wanneer ek wil!”, terwyl hy tog vanuit homself en deur homself die mees verslane wese is.

20. Sien, vader, daarom is dit vir die suiwer gees immers baie goed moontlik om te praat en te handel in alle krag en mag van die Vader, omdat mens in die Vader liefhet, leef en volkome vry asemhaal! Aan Hom daarom ewig alle liefde! Amen.”

21. Hierdie woorde het Adam heeltemal week gemaak en laat Eva ween, en Adam het luid geroep: “O God, heilige Vader, ek leef weliswaar nog graag op aarde te midde van U kinders, maar waar my en U Abel is, sou ek liewer wil wees!”

22. Die Heer het egter gesê: “Nog `n kort tydjie, en jy sal tot rus kom! Amen.”

23. En Adam het gevra: “Wat is dié rus?”

24. En die Heer het gesê: “Die rus is die opstanding van die gees tot ewige lewe vanuit My!

25. Waarlik, solank Ek nie in jou opstaan nie, sal jy bly; maar wanneer Ek in jou sal opstaan, dan sal jy ook opstaan tot die Lig van die lewe in die vlees van die liefde en van die woord uit My!

26. Wees daarom rustig en eet en drink, totdat My vlees en My bloed jou sal wek! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205