`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Ghemela se vraag oor die lewe aan hierdie en aan die anderkant. Die antwoord van die gees Zuriël.

(6 April 1843)

10 Hierna vra ook Ghemela aan haar vader Zuriël of daar baie verskil was tussen die lewe in hierdie wêreld en die lewe van die gees, en of die geesmens ook die natuurlike wêreld kan sien en die mense wat nog daar in hulle liggaam lewe.

2. En Zuriël het haar geantwoord: “Luister, dogter van die Heer, die vraag is oorbodig! Die lewe is oral een en dieselfde en daar kan op sigself geen verskil wees tussen lewe en lewe nie, wanneer dit `n lewe vanuit die Heer is; maar is die lewe nie vanuit die Heer nie, dan is dit ook geen lewe meer nie, maar `n suiwer dood, wie weliswaar ook bewus is van homself, maar daardie bewussyn is slegs selfbedrog. Want alles waarvan `n dooie bewus is, het die vorm van `n slegte ydele droom, omdat sy wêreld geen grond het nie en al sy besit nog minder voorstel as die lugtigste skuim!

3. Nou moet jy ook nie dink dat die materie van die dinge dood is nie, omdat sy vir jou geen bewussyn blyk te hê nie. Want die materie is nie dood nie, omdat daar magtige kragte voorhande is daarin en sy op haarself niks anders is as `n uitdrukking van die alomuitende goddelike wilskrag en mag nie. Maar as dood moet jy net daardie voorstel wat hulle moontlikerwys eiesinnig van die Heer afgeskei het, op grond van die vryheid van wil wat van die Heer verkry is, en dan sonder God op eie krag wil voortbestaan.

4. Hy bly weliswaar, op grond van die goddelike liefde en erbarming, wel bestaan, maar hoe ellendig, dit is `n heel ander onderwerp.

5. Hieruit kan jy, my dogter in die Heer, al aflei dat die eintlike lewe oral en onder alle omstandighede op een en geheel dieselfde wyse tot uitdrukking kom.

6. As jy dit nog nie volledig kan vat nie, kyk dan na die Heer! Sien, Hy is in Hom die mees volkome lewe van alle lewe; uit Hom is al ons lewe! Vind jy `n verskil tussen Hom en my?”

7. Jy sê: “So te sê nie!”

8. “Goed, sê ek vir jou, en daarin lê die volledige beantwoording van jou vraag! Onthou maar: Ons is wat ons is uit God die Heer; alles van ons is Sy volkome ewebeeld!

9. So is ons lewe ook heel verseker Sy lewe, en ons mag lewe wanneer en waar ons wil, - sodra ons die grondslag van die lewe deursien en begryp, as ons ons hart na Hom toe gekeer het, lewe ons reeds `n volkome lewe, hetsy nog in die vleeslike liggaam of in die suiwer gees, dit maak geen verskil nie!

10. Of die suiwer en vrye gees ook die natuurlike wêreld en alles wat daar is kan sien, kyk, my liewe dogter in die Heer, dit is `n baie oorbodige vraag! As die eintlike lewe oral heeltemal gelyk is, dan sal die sien ook wel geen verskil maak nie!

11. Vra jou egter af of jy die wêreld sien met jou vlees, wat op sigself net baie ongevoelige materie is, of met jou gees vanuit jou vlees!

12. Sien, nou gaan `n Lig vir jou op! Dus wanneer jy die dinge met jou materie omhulde gees kan sien, dan sal die suiwer, vrye gees ook wel daartoe in staat wees, as die Heer dit wil hê!

13. Maar wanneer die Heer dit nie wil hê nie, dan is die vrye, nóg die gekettingde gees, in staat om iets te sien; want soos die Heer die gesigsvermoë aan die liggaam kan ontneem, kan Hy dit ook aan die gees ontneem.

14. Soos jy nou volgens die wil van die Heer die geestelike, asook die natuurlike wêreld sien, so sien ek ook nou beide, soos altyd wanneer die Heer dit wil en wanneer dit nodig is!

15. En as ons geeste die bestemming het om met groot liefdesmag vanuit die Heer die wêrelde te dien, sê my dan net hoe dit moontlik sou wees as ons dit wat ons moet dien, nie sigbaar voor oë sou hê nie!

16. Jy sien nou die materie deur en deur, jy kan my, `n gees, aanskou, netso kan ek jou ook sien, en dus is daar geen verskil tussen die ware lewe en lewe nie.

17. Daar is weliswaar nou `n verskil tussen my en jou, en daardie verskil sit in jou vlees, wat nie in staat is tot `n geestelike beweging en nie so vinnig van plek kan verander nie; maar tog lê dit in jou gees om dit te dink en werklik te voel!

18. Sien, dit is dan ook alles wat jy voorlopig hoef te weet! As jy self steeds dieper in jou gees sal gaan, dan sal jy dit alles werklik ervaar terwyl jy nog in jou liggaam is. Dit wens ek jou ook van ganser harte toe in Naam van die Heer! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205