`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 239

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die verdere onderhandelings van die generaal met die onttroonde skynkoning en sy dom, ingestudeerde koninklike woorde. Die gewelddadige verwydering van die skynkoning en die oordrag van die kasteel aan koning Gurat

(6 Maart 1844)

239 Toe die hoëpriesters op hierdie wyse versorg was, het die generaal hom weer tot die skynkoning gewend en aan hom gesê:

2. “Nou, in hierdie eenvoudige kleding is jy `n burger en sodoende vir die eerste keer in jou lewe iets werklik; want as koning was jy niks anders as `n skandelik bedriegde mens, `n nuttelose skynwerktuig in die mag van die priesters, en jy het nie eens die reg gehad om ooit na buite in die vars lug te gaan nie!

3. Maar omdat jy nou `n werklike mens, `n vrye burger van Hanoch geword het, is dit nou aan jou om te sê waar jy jou eie huis wil hê, in die stad binne die mure, of in een van die dagreis lange strate na die tien voorstede! Of wil jy in die voorstede self `n huis met `n tuin en `n akker hê? Praat met ons daaroor!”

4. En die skynkoning het nog baie vertoornd gesê: “Waarom vra julle skenders van my heiligheid, dit aan my?! Hemel en aarde behoort tog immers aan my, en ek kan nou hoogstens `n totaal onaansienlike burgerhuis vir my uitsoek?! Ek, vir wie selfs hierdie goue paleis `n hoogs smadelike woning is?!

5. Ek, skepper van hemel en aarde, wat van die ewigheid af in sontempels gewoon het, moet nou hier op my aarde in `n gewone burgerhut woon?! Nee, nee! Dit het `n god nooit gedoen nie! Hy sal julle heeltemal verlaat en hom weer terugtrek in sy ewige sonburg en sal van daaruit `n groot strafgerig oor julle stuur, julle helse misdadigers; eers dan sal jy erken dat die eerste bedrog beter was as die tweede!

6. Ek neem dus geen burgerhuis aan nie en ook glad geen ander woning binne, nóg buite die groot muur nie, maar ek sal julle vir ewig geheel en al verlaat en oorlewer aan die onbarmhartigste strafgerig!

7. Jy moet vir die uitvoering van jou plan met die ysterswaard te werk gaan; dink jy dat `n god ook wapens nodig het om sy planne ten uitvoer te bring? O nee! Slegs een wink, en die hemel is daar nie meer, en die aarde is daar nie meer nie!”

8. Nou was die godkoning klaar met sy moeisame ingestudeerde toespraak, want sulke en nog ander gelyksoortige toesprake het gestaan in die boeke van Kinkar, en ons god het verskeie daarvan ingestudeer en het dan per geleentheid daarvan gebruik gemaak, omdat `n god tog ietwat wyser moet praat as iemand anders.

9. Ofskoon hierdie voordrag een van die beste was wat hy uit sy kop geken het, het dit hom dié keer niks gehelp nie.

10. Ten eerste het die generaal die goddelike spreker maar net in sy gesig uitgelag en gesê: “Jy moet nie so vervelig wees nie, want as jy nou so onhandelbaar bly en my nie wil gehoorsaam nie, dan sal ek jou dadelik `n pak slae op jou blote sitvlak laat gee en dit sal jou baie pyn veroorsaak! Gehoorsaam my daarom goedsmoeds, want kyk, dit sal nie anders word as nou nie!”

11. En ten tweede het die generaal sy soldate beveel dat hulle die “almagtige god” moes gryp en wegsleep, as hy nie goedsmoeds wou saamgaan nie.

12. Maar die godkoning het hom met alle geweld teen die verlaat van die paleis verset. Maar dit het weinig gehelp.

13. Drie soldate het hom gepak, het hom na buite gedra en hom dadelik na die opperpriesters gebring.

14. Maar omdat hy daar erg getier en gevloek het, het die generaal hom daadwerklik `n stewige pak slae op sy naakte sitvlak laat gee, en hierdie bestraffing het kalmerend op die godkoning ingewerk, wie hom nou aan sy lot oorgegee het.

15. Drie dae lank het die generaal die goue kasteel laat ontruim en skoonmaak en gaan toe na Gurat en oorhandig hom die sleutel van die kasteel en het `n verslag uitgebring van alles wat hy vir hom gedoen het. Dat Gurat uiters tevrede daarmee was, hoef nouliks vermeld te word.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205