`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 101

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Muthaël se geringskatting van die gaste uit die laagte en sy skerp vraag aan koning Lameg. Lameg se gesoute antwoord

(23 Augustus 1843)

101 Maar na hierdie voorrede van Henog tot Lameg, het Muthaël hom tot Henog gewend en aan hom gesê: “Henog, vertel my tog wie die klein mense is, en in die besonder die een met wie jy so pas gepraat het! Behoort hulle tot diegene uit die laagte, wie nou gereinig skyn te wees, wie in die tyd dat die Heer in ons midde was die moed gehad het om `n uitval teen ons te onderneem? Of is dit miskien mense wie in die uiterste hoek van die middernag gebore is? Vertel my tog wat se mense dit is!”

2. En Henog het daarop aan Muthaël gesê: “Luister, ek het juis so pas die regte man onder hierdie mense gewaarsku dat hy voorberei moet wees op `n gesprek met jou! Maar daar jy nou self begeer om nader kennis te maak met hierdie, wel liggaamlik, maar nie geestelik nie, kleiner mense as ons, gee ek jou hierdie raad: Wend jou dadelik tot die een wat langs my staan en wat ook Lameg heet; hy kan jou die beste oor die een en ander inlig! Doen dit sonder skroom of terughoudendheid! Ek is by voorbaat daarvan oortuig dat jy uiteindelik buitengewoon tevrede sal wees met sy klein postuur!”

3. En ook Adam het instemmend na Muthaël gewink dat hy hom dadelik tot hierdie klein mens moes wend, want hy het goed geweet hoe gesout Lameg hom die waarheid sou kon sê.

4. En so het Muthaël maklik die voorkomende waagstuk onderneem om met Lameg `n informatiewe gesprek aan te gaan en hy het hom daarom dadelik die volgende gevra:

5. “Lameg, jy, buitengewone klein mens, sê my wie jy is en waar jy vandaan kom, sodat ek kan weet hoe `n mens hom teenoor jou en joune moet gedra! Want sien, ek is `n mens aan wie dit nog nie gegee is nie, soos Henog en so menige ander, om iemand se lewe te kan deurgrond nie! Daarom moet ek nog vra en uit die antwoord aflei wie ek voor my het. En daarom het ek ook jou gevra om my te sê wie jy is en waar jy vandaan kom!”

6. Lameg het Muthaël hierop veelseggend aangekyk en daarop baie weloorwoë en met ietwat verhewe stem gesê: “Luister, jy, anders tog so wyse man van die môre, hierdie vraag strek jou in die geheel nie tot eer nie, want so `n vraag stel die eenvoudigste straatveërs in my groot stad Hanoch, wie tot op hede nouliks geweet het dat hulle van menslike afstamming is!

7. `n Egte wyse moet volgens my mening tog weet dat lewende wesens, in die besonder as hulle hulleself in die vriendelike geselskap van `n Henog bevind, en selfs in staat is om met hom te praat, iets hoër aangeslaan moet word as mensagtige ape!

8. Dit skyn nog in `n hoë mate aan jou wysheid te ontbreek; daarom blyk uit jou vraag dat jy nog glad niks van die ware Wysheid weet nie en my nie as `n mens nie, maar slegs as `n aap aansien!

9. Ek raai jou nou aan: Leer eers jouself goed ken en probeer dan eers om met my te stry! Deur hierdie manier van doen is dit vir my nou ook baie goed te begryp waarom jy teenoor die hemelse Purista so uitermatig is, die een oomblik gloeiend soos vloeibare erts as jy dit tenminste al iewers gesien het en dan weer koud soos `n blok ys, omdat die heilige midde in die liefde tot God in die praktyk nog totaal vreemd vir jou skyn te wees; want Purista is suiwer soos goud, vooropgestel dat jy weet wat goud eintlik is!

10. Jy was tot nou toe egter maar net `n dwaas, wie amper niks daarvan geweet het hoe die Heer die mense wil opvoed nie!

11. Daarom gee ek jou in die Naam van my en jou God die volgende raad: Gaan en leer eers jouself ken; kom praat dan eers met my, met die buitengewone klein mens Lameg, wat tog nog altyd beter skyn te wees as die een of ander aap! Het jy my begryp?!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205