|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 141
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die toespraak van die twee bodes tot die versamelde raadshere
(17 Oktober 1843)
141 Na sewe dae het die duisend heersers die bestuurskollege weer byeengeroep, en die twee bodes, nou as hoë medebestuurders, het te midde van die duisend verskyn en beide het mekaar aanvullend gepraat aldus:
2. “Ons het alles grondig oordink en oorweeg en het onweerlegbaar vasgestel dat die huidige staatsreëling in geen geval meer voldoen nie; wat te veel is, is te veel!
3. Ons stad Hanoch het `n veels te groot uitbreiding deurgemaak. Reeds in die tyd van koning Uraniël was sy te groot, en as die rampsalige ringmuur nie daaromheen gebou was nie, sou Hanoch nog `n bloeiende stad gewees het !
4. Dat die volledige ondergang van hierdie oudste van die stede van die aarde egter nou naby is, dit kan julle net so goed op julle vingers tel as ons!
5. Bedink wel, ons is nou as`t ware duisend konings! Elkeen hou `n hofhouding aan met duisend mense van albei geslagte, ter verheerliking en versekering van sy amp; dit is, met ons self ingereken, tienmaal honderd-en-eenduisend mense. Netsoos ons, raak hulle die aarde nie met hulle hande aan nie, maar wil tog goed lewe.
6. Vraag: Wie moet, wie kan vir so `n enorme aantal leeglopers die brood bybring?
7. Maar laat ons verder gaan! In elk van die tien voorstede sit nou ook honderdduisend amptenare, wapenknegte en oorbodige personeel van hoër geplaasde beamptes en die baie oues van adel.
8. Ook hulle almal het niks van iets met die aardbodem te doen nie, maar desondanks wil hulle baie goed lewe! Daarteen is niks nie, maar waar moet jy vandaan neem wat die aardbodem nie voortbring nie?!
9. Maar nou verder! Ons tel nou in ons groot stad tien skoonheidsinstitute vir vrouens. Elkeen daarvan is oorvol en bevat dikwels rondom tien- tot twintigduisend vrouens en langsaan meer as een derde soveel hoogleraars en ander bediendes. Hulle wil en moet almal ryklik te ete hê en ken die aardbodem waarop die brood groei nouliks by naam!
10. Maar nou verder! In hierdie groot stad Hanoch lewe nou, volgens ons persoonlike telling, tweehonderdduisend adellike families met hulle personeel, saam naastenby dertigmaal honderdduisend mense; ook hulle het hulle hele lewe nog nooit die bodem van die aarde met hulle hande aangeraak nie en wil nietemin uitermate goed eet.
11. Maar nou verder! Deur die aanhoudende sinnelose uitbreidingsdrang van ons stad, was ten eerste die bodem van die aarde vir niks gedood nie, en waar `n groot nuwe huis gebou word, groei geen graan meer nie.
12. Ten tweede lok sulke pragtige bouwerk dan bemiddelde, vroeër vlytige landbewoners na die stad; hulle koop die huis, bewoon dit, lewe dan weliswaar van hulle middele, maar hulle het geen grond meer om te bewerk nie en koop voortaan wat hulle nodig het.
13. Dit is alles goed en wel, maar wanneer dit verder so gaan, wanneer tien tot twintig families van die platteland hulle daagliks in die stad vestig, van wie wil mens dan die brood koop as al die plattelandse halfadellike, werksku stadsburgers word, of ten minste bediendes van die stadsburgers word?!
14. Verder skryf ons skatting na skatting aan al ons vasalle voor. Daardeur maak ons die landelike lewe ondraaglik by die volk. Hulle vlug na ver, onbekende gebiede vir ons, of hulle verset hulle hier en daar met geweld teen ons onbillike vorderings.
15. Vraag: Wie sal ons voortaan die brood lewer?
16. Sien, so gaan dit nie meer met hierdie grondwet nie! Beraadslaag nou onder mekaar oor ons gewetensvolle voordrag, en dan sal ons julle die middele aan die hand doen waarmee hierdie misstand tenminste ietwat verhelp kan word!
17. So het ons volgens waarheid gepraat as mederaadsliede met alle agting vir julle, duisend heersers!”
|
|
|
|
|