`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 74

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Oor die wese van die lewe. Die oorsaak van die voel van pyn en van geluk

(10 Julie 1843)

74 En Zuriël het die volgende woorde tot Lameg gerig: “Broer Lameg in die Heer, ons almagtige Skepper en allerheiligste en liefdevolste Vader! Kyk, ek het jou so pas, om dit so te sê, terwyl jy jouself in jou gees bevind het, oortuigend getoon dat die gees `n uiters sterk gevoel het vir geestelike indrukke, en wat hierdie fenomeen betref, heeltemal lyk soos die natuurlike indrukke, maar nie wat die betekenis daarvan betref nie!

2. Maar nou weet jy nog nie hoe jou geestelike pynlike gewaarwording veroorsaak word nie. Om dit ook so duidelik as moontlik vir jou te laat insien, sal ek dit volgens die wil van die Heer allergetrou meedeel, luister dus!

3. Sien, jy ervaar die indrukke van die wêreld, omdat jy daarin leef, oftewel pynlik, of weldadig en behaaglik; pynlik, wanneer die indrukke vir die kragte wat in jou woon, te sterk is, en weldadig en behaaglik wanneer die indrukke sodanig is dat hulle die kragte wat in jou woon, nie te bowe gaan nie, maar harmonieus daarmee ooreenkom.

4. Maar as die indrukke swakker is, sodat jou kragte hulle in verhouding verreweg die baas is, dan sal jy dit volkome onbewoë waarneem, omdat jou innerlike kragte te min noodsaak vir `n teenwerkende situasie vind, dat daar te weinig eise aan hulle gestel word.

5. Want slegs in die harmonieus korresponderende reaksie van jou kragte teenoor die indrukke van buite, lê die behaaglike gevoel van welbehae, wat ook die eintlike wese is van alles wat geluksalig stem.

6. As jy nou in jou liggaam die een of ander pyn voel, dan is dit nie jou liggaam wat pyn voel nie, maar slegs jou gees, want slegs die het die vermoë om te voel!

7. Dat jy egter die pyn ervaar asof jy dit in jou liggaam voel, kom deurdat jou gees in al jou liggaamsdele woon op heeltemal ooreenkomstige wyse.

8. Maar as jou gees, of jou eintlike ek al so sterk geprikkel kan word deur middel van die grofstoflike liggaam deur van buite komende indrukke, terwyl hy so goed moontlik van alle kante bedek en beskerm is, dan sal hy tog in `n volledig absolute toestand tog soveel meer gevoeliger wees!

9. Maar waarom is dit so? Omdat die gees wat in die volledige absolute toestand verkeer, in `n ooreenkomstige wisselwerking met die oerkragte tree en hulle krag reeds van `n groot afstand, sowél wat tyd asook wat ruimte betref, moet waarneem, want sonder die waarneming sou hy baie maklik in `n nie te verloste gevangenskap kan raak, waarin dit met hom nog beduidend veel erger kan gaan as wat jou oorgekom het onder my handdruk!

10. Is die gees onvolkome, dus as sy waarnemingssintuie nie heeltemal ontwikkel en volkome geoefen is nie, en is hy nog blind en doof vir die vorm en die stem van die waarheid, dan sal sy absolute toestand in geen geval begeringswaardig wees nie, omdat hy so nie in staat sal wees om alle op hom afstormde indrukke betyds te ontwyk of hulle kragtig tegemoet te tree nie.

11. Maar natuurlik is dit by `n voltooide gees baie anders; hy is altyd verenig met die Een wie nou naas jou sit!

12. En Hy berei die kragte van die gees steeds so voor, dat hy altyd goed bereken is op alle indrukke en prikkels, waardeur dan maar net `n gevoel van ewige gelukkig welbehae, maar nooit `n gevoel van pyn kan ontstaan nie.

13. Neem hierdie woorde goed ter harte; sy sal jou in die diepste geheime van die lewe met die ewige liefde en die barmhartigheid van die Heer lei!

14. O Heer, ek het U wil met U barmhartigheid vervul; laat my dan nou weer in vrede gaan!”

15. Die Heer het Zuriël toe weer laat gaan en vervolgens aan Henog die opdrag gegee om ook nog enkele diepsinnige woorde daaroor te sê.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205