`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 158

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die opening van die tempelpoort deur Ohlad, die goeie raadsheer

158 Die termyn van sewe dae het verstryk, en op die agtste dag, wat juis `n Sabbat was, was die opening van die tempel deur die een raadsheer vasgestel.

2. Duisende en duisende mense van alle ouderdomme, manne sowel as vrouens, het op die groot plein om die ronde voorhof gewag.

3. Die een raadsheer, genaamd Ohlad, het ook reeds lank slagvaardig voor die goue poort van die voorhof gestaan, maar die tien bodes het op hulle laat wag en wou maar nie te voorskyn kom nie.

4. “Wat is dit nou? Waar bly die tien wonderbodes tog? Het daar dalk iets met hulle gebeur? Of vind hulle dit nie `n goeie dag nie?” So het mense hulle afgevra, maar niemand kon sê wat daar aan die gang was nie.

5. Mense het hulle tot die raadsheer Ohlad gewend en dit ook van hom gevra.

6. Maar hy het geantwoord: “My broers en vriende! Geduld is die eerste plig van die mens, want sonder geduld bederf hy al die edele wat hy geplant het!

7. God, die Heer Self het die grootste geduld en kan honderd jaar wag totdat ons onsself verbeter en as dit in al dié tyd nie gebeur het nie, dan stuur Hy eers bodes en magtige leraars wat die verdwaalde mensdom weer met alle geduld op die reguit spoor moet bring.

8. As dit gebeur het, dan trek die Heer Sy strafgerig weer baie rustig en hoogs geduldig terug en sien dan weer `n lang tyd lankmoedig en geduldig toe hoe die mense Hom langsaam maar seker weer begin te vergeet en hulle na buite wend na die wêreld en die dood.

9. En so is dit ook ons plig om by elke geleentheid geduldig te wees! Wanneer dit die groot God welgevallig is, sal die tien bodes wel kom; en as hulle gladnie kom nie, dan sal ons nie daaroor mopper nie, want nie terwille van die tien bodes nie, maar slegs terwille van die almagtige groot God word die tempels geopen!

10. Bowendien het ek ook aan niemand die volste versekering gegee dat die bodes baie beslis by die opening van die tempels aanwesig moet wees nie, maar ek het slegs gesê dat hulle baie seker aanwesig sou wees, wat nog geen volledige sekerheid waarborg nie!

11. Daarom sal ek nou ook nie langer meer op die bodes wag nie, maar nou dadelik met die heilige werk begin, want soos gesê: Nie vir die bodes nie, maar slegs vir God is die opening van die tempels!”

12. Die hele volk was dit met hierdie woorde eens en het die raadsheer Ohlad geprys.

13. Ohlad het nou `n roerende loflied vir JaHWeH aangehef en het die sleutel in die stewige slot van die poort gesteek en wou dit al gedraai het.

14. Toe het kragtige stemme skielik uitgeroep: “Doen dit nog nie, want dit is nog nie heeltemal tyd nie!”

15. Ohlad het vinnig omgekyk en het die tien gesien wat na hulle toe snel. Toe hy hulle in die oog kry, het sy hart van groot vreugde begin te bewe en hy het aan die volk gesê: “Sien, sien, hulle kom, die geheiligdes van God!”

16. En die volk het begin om te roep en God te loof en Ohlad geseën, omdat hulle nou `n geheel waaragtige man in hom herken het.

17. En die tien het intussen na Ohlad gekom en hom geseën en hom dadelik hulle hande opgelê.

18. Eers toe dit gebeur het, het hulle hom die sleutel laat omdraai, want nou eers was Ohlad in staat om die tempel sonder skade te open.

19. Wat daar egter verder by die opening gebeur het, sal die vervolg toon.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205